Olifant vel siekte - Help asb!
Posted: Mon Jul 15, 2013 3:32 pm
Vrinne.
Ek sit met n snaakse ding tussen my bees kudde..soos die tietel hierbo lees - olifant vel siekte!
Nou in ons geweste is dit iets wat nie allerdaags kop uitsteek nie, maar ongelukkig het ek grond gehuur in die omgewing en die siekte/virus onder lede gekry!
Volgens die plaaslike veearts en van wat ek al opgelees het, is daar net een roete - rooi keel! Met huidige pryse is dit nie juis die moeitewerd nie, alhoewel dit vir my voorkom dat dit al uitweg is voordat dit verder versprei tussen die diere. Ek het die wat ek met die oog kon raak sien, reeds uitgeskort en is ge'kwarentein' op n ander deel van die plaas.
Ek wil graag van die ander manne hoor wat al ervaring van die tiepe ding het wat die beste gaan wees om te doen? Kan mens dit behandel, en indien wel, met wat? Die diere is 99% gesond, behalwe dat hulle lyk asof hulle brandsiek het!
Ek hoor graag van julle...
Enige raad sal waardeer word!