Page 1 of 2
billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 10:56 am
by cassie_calvinia
ek gebruik nog heeltyd die R100-R150 verkykers. maar, begin dit nou te veel nogig kry.
my hart begeer natuurlik Swarovski, maar in my wildste drome betaal ek nie 10k vir verkyker nie.
wat gebruik jul manne? wat kos 'n goeie verkyker? klein wees, vir stap in veld
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 11:04 am
by gillie
Ja die swarovskis werk mooi maar nie vir elke ou beskore nie.
Ek gebruik Pentax seker vir 6 of so jaar nou al, baie tevrede met hom. Nou Leupold aangeskaf wat so rapsie kleiner en ligter is, vir 'n backup. Albei hoer rondom R3,500 en in my opinie waarde vir geld.
Onder is foto van my Pentax na eland bekruip hierdie jaar in die kalahari... moet op my maag seil om in plek te kom en verkyker het in slag gebly. Sand en stof uitgegooi en meeste stof uitgeblaas waarna ek hom onder kraan afgespoel. Hy IS wel water en stof dig soos hulle se ! Werk nog net so goed !
http://i1134.photobucket.com/albums/m618/johangeld24/GOPR0135_zps2108fe4a.jpg
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 11:09 am
by Carl
Nikon Monarch 8x42 of dan die Sporter in 8x42.
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 12:06 pm
by JTM
Ek het 'n Bushnell Excursion 8x42 gehad. Dit is rerig 'n goeie kopie gewees. Kos seker nou al R3500 se kant.
Kan nou nog my gat skop dat ek dit verloor of per ongeluk laat steel het.

Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 2:52 pm
by FCLoretz
In my opinie, sal ek na die Nikon Monarch 8x42 of 10x42 kyk as ek jy is. Jou prys klas gaan dan wees tussen so R3500 en R4200
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 2:54 pm
by Gerhard
FCLoretz wrote:In my opinie, sal ek na die Nikon Monarch 8x42 of 10x42 kyk as ek jy is. Jou prys klas gaan dan wees tussen so R3500 en R4200
Ek het altwee gehaad.
En die 10x42 Monarch is n awesome verkyker.
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 6:03 pm
by tripodmvr
Ek het al deur Zeiss geloer en weet dat hul lense puik is. Vir die prysklas wat julle van praat is Nikon en Asahi Pentax van die beste waarde vir geld - en dan met 40mm objektiewe lense vir die laatmiddag en vroeƫ oggend. Ek het albei in 8x40mm en die Pentax van meer as 30jaar oud is nog steeds 'n gatskopper.
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 6:30 pm
by Pvdw
Nikon Monarch.
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 7:50 pm
by cassie_calvinia
dankie manne.
sal maar kyk.
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 9:05 pm
by vossie1
Ek het n Steiner Ranger pro 8x32 vir algemene stap en voorsit jag lense is uistekend en die Prys is so R4500 dan het ek n olympus 10x50 in my bakkie vir alles wat ek wil sien net baie swaar,prys was so R1200 en dis n puik verkuiker
Re: billike verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 9:43 pm
by Giepie
Carl wrote:Nikon Monarch 8x42 of dan die Sporter in 8x42.
Yip. Het ook een en is mal oor dit. Waterdid ens.
Re: billike verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 8:22 am
by spekieries
Ek het 'n 8x32 Redfield Rebel wat volgens my beskeie opinie 'n bakgat verkyker is vir die prys. Hy is kompak dog stewig, en die glase is mooi helder.
Re: billike verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 8:39 am
by James Wilson
Cassie, ek het netso n verkyker soos spiekries. Baie tevrede. Die verkyker is n bakkie verkyker en het maar n honde lewe. Die verkyker is besonder helder en gemaklik
Re: billike verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 12:57 pm
by cassie_calvinia
James Wilson wrote:Cassie, ek het netso n verkyker soos spiekries. Baie tevrede. Die verkyker is n bakkie verkyker en het maar n honde lewe. Die verkyker is besonder helder en gemaklik
dit is die ding, myne gaan netso rof lewe. elke dag gebruik word. val op klippe. en ek wil nie worry oor die ding nie
Re: billike verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 2:27 pm
by Dawid
So iets Cassie?
Re: billike verkyker
Posted: Thu Jul 18, 2013 7:51 am
by Beyers
http://simplicity.co.za/binoculars/1160 ... ulars.html
Ek het nou so vyf jaar een van die outjies, dalk meer. Ek misbruik hulle hulle le onder die bakkie seat. vol stof. Hulle is baie helder hulle maak nie my oe moeg of uit fokus as ek die verkyker wegvat van my oe nie. Soveel so dat ek nog twee binnekort sal koop.
Re: billike verkyker
Posted: Thu Jul 18, 2013 9:05 am
by spekieries
Beyers
Ek het presies so een ook dit is ook vir my goeie waarde vir geld. Ek het ook 'n 10x maar ek sal graag vir my ook 'n 8x Barska wil koop.
Re: billike verkyker
Posted: Sun Jul 21, 2013 6:55 pm
by muismaree
Steiner 8x30 Safari Ultrasharp. Bleddie helder, baie mooi beeld, redelik lig, klein en taai. 10jaar waarborg ook.
Re: billike verkyker
Posted: Sun Jul 21, 2013 7:24 pm
by Freddie101
Het Steiner Ranger Pro 10x42 by klipspringer op die forum gekoop(Opticsinternational). Baie gelukkig met hom.
Sal hom enige dag aanbeveel.
Groete
Re: billike verkyker
Posted: Sun Jul 21, 2013 10:41 pm
by Swys14
ek kyk na die Vortex Diamondback 8x42...sy stats lyk goed.
http://opticsinternational.co.za/binocu ... -8x42.html
Re: billike verkyker
Posted: Wed Aug 21, 2013 1:00 am
by Swys14
ek het toe gegaan vir die Hawke Endurance PC 8x42
het R2300 betaal en dink dis waade vir geld. Hy vergelyk goed met die Nikon Monarch, Vortex Diamondback, Rudolph en Bushnell Excursion (hul pryse begin 1000 meer as die Hawke). Sy field of view en eye relief is tops.
http://www.hawkeoptics.com/hawke-endura ... ulars.html
Re: billike verkyker
Posted: Wed Aug 21, 2013 9:13 am
by jamalley
Ek gebruik self 'n Nikon verkyker en Rangefinder, maar begin deesdae sterk daaraan dink om eerder vir my 'n goeie kwliteit duurder verkyker met ingeboude rangefinder te koop, dan hoef ek net dit met my saam te dra as ek jag.
Re: billike verkyker
Posted: Wed Aug 21, 2013 9:19 am
by vriell
jamalley wrote:Ek gebruik self 'n Nikon verkyker en Rangefinder, maar begin deesdae sterk daaraan dink om eerder vir my 'n goeie kwliteit duurder verkyker met ingeboude rangefinder te koop, dan hoef ek net dit met my saam te dra as ek jag.
Sterkstaan !....prysgewys.
Re: billike verkyker
Posted: Wed Aug 21, 2013 11:51 am
by Capt. Yoda
vriell wrote:jamalley wrote:Ek gebruik self 'n Nikon verkyker en Rangefinder, maar begin deesdae sterk daaraan dink om eerder vir my 'n goeie kwliteit duurder verkyker met ingeboude rangefinder te koop, dan hoef ek net dit met my saam te dra as ek jag.
Sterkstaan !....prysgewys.
Wat dink julle manne van die nuwe Bushnell fusion 1600ARC?
http://www.eurooptic.com/images/products/Bushnell-Fusion-Rangefinder-8x32.jpg
Ek is nie n groot Bushnell fan nie ma lyk vir my nogals na n baie lekke all in one
Hier praat hulle so bq van hom
http://www.longrangehunting.com/forums/ ... iew-57571/
Re: billike verkyker
Posted: Wed Aug 21, 2013 11:57 am
by Swys14
vriend van my se pa het een gekoop (Karasburg area) by S&O.
Bitterlik duur maar die oom is baie happy met dit...
Snaakse storie agter dit...
Ons het gaan jag daar so 2jaar gelede en ek het my range finder saamgevat natuurlik, en die oom het daai houding gegooi van hy skat sommer hoe ver dit is ant dit mors mos tyd om eers te range...want rangefinders is mos n pot str@nt...julle weet, daai houding...hy kan natuurlik beter afstand uit sy duim suig...anyways...2jaar later haal die man amper 14k uit vir so 'n meneer

dit het my laat smile.