Page 1 of 2

Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:20 am
by Ian
Ons het 'n Waterbokbul gehad wat 'n klomp diere op die plaas dood gemaak het. Hy het onder andere 'n Hartman Sebra, 3 jong Waterbokbulletjies en 'n Koedoebul dood gemaak. Die 15 de Mei het hy weer slaags geraak met 'n groot Waterbokbul en die twee is deur die drade en ons kon dit reg kry om die groot bul terug te kry. Ronald (Kopskoot) het die groot bul 'n paar dae later kom skiet en daar was geen teken van die bul op die buur plase nie. Ek ry Saterdag opsoek na 'n afhoring Rooibokram en daar staan die Waterbokbul op die ander gedeelte van die plaas tussen die Rooihartebeeste. Daar is nou twee wildsdrade tussen my en die bul want daar is 'n pad wat die plaas in 2 skei. Ek dink onmiddelik as ek die bul skiet het ek moeilikheid want daar is nie hulp op die plaas nie behalwe die plaasvoorman. Ek besluit dat bul te veel moeilikheid gemaak het en dat ek 'n plan sal maak om hom te laai. Ek sien 'n spasie van omtrent 4 duim waar sy kop is tussen die klomp drade en besluit dat ek vir die kop gaan mik. Ek trek die sneller en sien die bul se bene vou onder hom in en hoor toe eers die "thud". Ek ry gou opstal toe, kry die kier kier, die voorman en die familie.
Kom by die bok aan, neem gou foto's en toe begin die sports. Die voorman het rugprobleme so nou moet ek alleen laai. Volg die foto's dan kan gesien word " n boer maak 'n plan".

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:24 am
by Ian
Foto's volg

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 9:58 am
by Lourens Potgieter
Kyk daai dik nek!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 10:04 am
by Marc
Mooi Ian

Bly jy kon die man se ketting lekker stuif knoop, klink my hy kos jou al 'n fortein ! Dan ry hy nog saam die Baas huis toe ook ;) Dis 'n mooi bul daai 8)

Mooi loop
Marc

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 10:18 am
by Gerhard
Mooi man Ian,

Baie mense weet nie regtig hoe hard n waterbok bul kan baklei met daai stel horings nie.

Dis n mooi bul daai.

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 11:39 am
by kopskoot
Lekker Ian

Bly jy kon die moeilikheid maker toe uitsort.

Groete

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Mon Jul 15, 2013 2:52 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi Bul daai!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Tue Jul 16, 2013 8:51 am
by ROBBIE1
Dis n plan ja!! Wat het hy geslag, dis n moerawiese bul daai!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Tue Jul 16, 2013 11:27 am
by tau
Mooi dier. Ek het ook al gehoor hulle is so moailik met ander dier. Het laasjaar op 'n plaas gejag waar die boer ons gevra het dat as ons enige eenhoring waterbok of gemsbok sien moet hy val. Geen koste aan die jagter nadat hulle hom groot skade gemaak het.

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 7:47 am
by Ian
As ek weer van voor af moet begin sal ek nooit Waterbokke in sit nie. Die diere verkoop baie moeilik veral die koeie en dan maak die bulle nog moeilikheid ook.Ek het met baie wildsboere gesels en almal het dieselfde probleem. Ek wil nie weet wat se skade die bul in rand gemaak het nie maar ek is net bly dat die probleem uitgesorteer is.
Ek het ongelukkig nie die karkas geweeg nie maar volgens die foto kan 'n mens sien daar is so bietjie vleis ;D

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 7:57 am
by BRNO (Pierre)
Daardie lyk na n absolute eerste klas slagkamer :)

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 8:05 am
by Geno
BRNO .06 (Pierre) wrote:Daardie lyk na n absolute eerste klas slagkamer :)

Dit is! Een van die beste slagkamers wat ek nog gesien het!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 11:52 am
by kopskoot
dis so lekker slag fasiliteit daai, 'n mens raak lus om die slagters af te gee en als self te doen! Wens alle plase word verplig om sulke fasiliteite te he

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 12:26 pm
by ROBBIE1
Baie netjies inderdaad!!

As ek nou daai karkas so kyk dan lyk hy vir my so 170kg aan die hak! Jammer jyt nie geweeg nie Ian, dit kan nogal interesant wees! Jy sien sommer daai nek met die laai foto's al, dis n duuuuuuuuuk bul daai!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 12:39 pm
by Frikkiedbr
Sjoe daai is baie vleis, amper soos 'n Eland of is dit minder?
Ken nie eintlik van nie

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 1:23 pm
by BRNO (Pierre)
Frikkiedbr wrote:Sjoe daai is baie vleis, amper soos 'n Eland of is dit minder?
Ken nie eintlik van nie
Frikkie, daai is n baie mooi karkas vir waterbok bul. Ek het een joungerige eland geskiet, en sy karkas was 180kg aan die hak. n Eland kan die skaal maklik aftrek tot selfs naby aan 600kg, maar dit is ook maar uitsondelike bulle.

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 1:30 pm
by Frikkiedbr
Dankie Pierre, sjoe ok. So leer mens maar :)

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 2:03 pm
by stan man
daardie slagkamer maak my jaloers.
volgende jaar sal ons slagkamer darem ook op standaard wees.
op hierdie stadium is dit maar pooooower.

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 2:34 pm
by Eugene
stan man wrote:daardie slagkamer maak my jaloers.
volgende jaar sal ons slagkamer darem ook op standaard wees.
op hierdie stadium is dit maar pooooower.
Gaan jy die slagboom toebou of plavei onder hom? >:D >:D >:D

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 5:32 pm
by Spanner
Ag as hy die boom mooi snoei ... dan help dit mos klaar !

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Wed Jul 17, 2013 10:13 pm
by PWV
Ian, dis 'n vreeslike bok! Geluk.
Waarmee het jy geskiet?
Net so 'n vreeslike KD wat jy op jou geweer het. Vertel bietjie.

Groetnis.

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Thu Jul 18, 2013 1:13 pm
by Ian
Oom Pieter

Die Waterbok was 'n mooi groot lyf bok en het 'n baie mooi karkas gehad.
Ek het al my M gestrip vir manne wat vra, met watse kaliber skiet jy? Soos gewoonlik as jy sê met 'n 30-06 antwoord hulle terug; O' dertig nul kwes. Ek het genoeg gahad van dit toe 'n persoon 'n paar jaar terug vir my die vraag vra en ek antwoord hom; met 'n Driehonderd Ses. Ek het die persoon heeltemal uitgeboul en ek kon sien dit pla hom baie. Hy het 'n halfuur later vir my gevra; Nou Ian, watse kaliber is 'n Driehonderd Ses? Nou ja, van daai dag af skiet ek met 'n Driehonderd ses.
Ek het die Waterbok met 'n 150gr Game King 2125 geskiet wat ek self laai. Ek gebruik S365 kruit - 56.5gr en kry 'n spoed van 2945ft/s.
Die KD is nogal groot, het 'n "muzzlebraker" in die middel van die KD en werk persoonlik vir my soos 'n bom en die geweertjie 'Musgrave MOD 90 Light' gee net vir my baie plesier.

Mooi dag

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Thu Jul 18, 2013 1:27 pm
by PWV
Ian wrote:Oom Pieter

Die Waterbok was 'n mooi groot lyf bok en het 'n baie mooi karkas gehad.
Ek het al my M gestrip vir manne wat vra, met watse kaliber skiet jy? Soos gewoonlik as jy sê met 'n 30-06 antwoord hulle terug; O' dertig nul kwes. Ek het genoeg gahad van dit toe 'n persoon 'n paar jaar terug vir my die vraag vra en ek antwoord hom; met 'n Driehonderd Ses. Ek het die persoon heeltemal uitgeboul en ek kon sien dit pla hom baie. Hy het 'n halfuur later vir my gevra; Nou Ian, watse kaliber is 'n Driehonderd Ses? Nou ja, van daai dag af skiet ek met 'n Driehonderd ses.
Ek het die Waterbok met 'n 150gr Game King 2125 geskiet wat ek self laai. Ek gebruik S365 kruit - 56.5gr en kry 'n spoed van 2945ft/s.
Die KD is nogal groot, het 'n "muzzlebraker" in die middel van die KD en werk persoonlik vir my soos 'n bom en die geweertjie 'Musgrave MOD 90 Light' gee net vir my baie plesier.

Mooi dag
Daai 300-6 maak mooi!!! Jy kry kwaai spoed!
Elke ou het sy geweer waarvan hy hou en wat vir hom werk. So, wat dit is is nie ter sprake nie!
Groetnis
Ns. Manne, dit reen nou lekker hier in die Paarl!!

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Thu Jul 18, 2013 1:35 pm
by FHM
Sjoe magtig Ian dis n voortreflike bul daai man!
Ek skat hom daar aan die haak so 180 Kg.
Ons manne wat jare Driehonderd-6 skiet smile maar net ne Ian... ;D

Baie netjies gedoen en lekker storie - dankie ;)

Re: Waterbokbul kry sy dag

Posted: Thu Jul 18, 2013 4:35 pm
by BRNO (Pierre)
FHM wrote: Ons manne wat jare Driehonderd-6 skiet smile maar net ne Ian... ;D
+1