Page 1 of 1
-Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Sun Jul 14, 2013 2:27 pm
by dawiec
Hi daar,
Die naweek so bietjie weer tyd in die veld spandeer op soek na eland. Was nog besig om verkyker te fokus en toe sit ek met die fokus knop in my hand?
Wie kan die goed herstel? Ek moet hom dringend regkry want ek ry volgende naweek weer Oos Kaap toe vir koedoes in die berge
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 10:04 am
by Geno
www.ultimo.co.za
Hulle is die agente.
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 3:21 pm
by dawiec
Dankie Geno!
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 8:24 pm
by Rasmus
Dawie
Afgesien van die fokus knop wat los gekom het, wat is jou mening oor die verkyker/ range finder kombinasie? Wat is die verste wat jy al n bok soos springbok kon range?
As jy weer koop sal jy dieselfde koop? Ek is in die mark vir n range finder en het so half besluit op die Leica 1600, net jammer S&O het nie voorraad nie.......
Ongelukkig val Leica se verkyker/ range finder kombinasie nie in my prysklas nie....
N kombinasie maak vir my meer sin. Dit maak ook die pakkasie kleiner.
Groete
Rasmus
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 8:40 pm
by dawiec
Hi Rasmus!
ek is mal oor die kombinasie van verkyker/rangefinder en is in die proses om weer nuwe een te koop! my versekering gaan blykbaar uitbetaal :-)
Die verste wat ek 'n bok kon range is so 350m. dis baie verder as wat ek gemaklik is om te skiet. ek het weer die naweek besef die waarde van so 'n kombinasie om terwyl jy range sommer die bok ook behoorlik te kyk...trofee al dan nie...my veldgids skat Saterdag 'n rooibok wat 'n end weg staan op 200m en ek is gemaklik om tot daar te skiet. Ek range toe en dis 295m!groot verskil en ek vat net nie sulke kanse met wind ens in die veld nie.
ek is tans besig om na die Bushnell 1miler te kyk by Safari. hou self baie van die Leica maar dit kom teen 'n prys. die Bushnell begin hier rondom R9500 tot R13000. Aansienlik goedkoper as die Leica.....ek moet ook bylas dat ek die rangefinder 8jaar gehad het en het elke seisoen hard gewerk innie bos
groetnis en mooiloop
Dawie
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 9:07 pm
by Rasmus
Dankie Dawie
Het die kombinasie ook die opsie van die ballistic program?
Wat se bok kon jy range tot op 350? Klink my asof die Leicas ook n springbok tot by 500 kan range dalk n raps verder as jy hom op n stewige basis monteer!
Die bushnell waarvan jy praat is dit die 1600?
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 9:16 pm
by dawiec
rasmus my model is een van die eerstes gewees so geen ballistic program nie. die Bushnell waarna ek tans kyk is die Bushnell Fusion.
ek kon groot voorwerpe(solids) tot op 600m range sonder om die verkyker te "mount"
ek kon eland tot op 350m range. ek dink natuurlik weerstoestande speel dalk ook 'n rol?
die nuwe Bushnell soos of S&O se web se in rifle mode-provides line of sight,angle,and bullet drop/holdover ?
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Mon Jul 15, 2013 9:22 pm
by immelmanw
Naand Manne
Die nuwe Bushnell Fusion 1 Mile reken die kenners (Steve van Nightforce en ander langafstandskuts) is beter as die gewone Leica Geovid wat ranging aanbetref. Wat die Leica stock aangaan, almal sukkel om Leica stock te kry, nie seker waar die probleem le nie. Nie te min, die Leica 1600 rangefinder is n wonderlike produk.
Groete
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 7:48 am
by Rasmus
Dankie Willem
Het julle voorraad van die bushnell fusion?
Ek was/is redelik seker gewees oor die Leica maar is bang die nuwe voorraad gaan heelwat meer kos...... Die rand help nie.
Wat prys die bushnell?
Re: -Bushnell yardage pro laser rangefinder/ verkyker
Posted: Tue Jul 16, 2013 8:08 am
by dawiec
Rasmus
S&O Stellenbosch het my R13200 gekwoteer op die Bushnell Fusion 1Mile arc 10x42