Page 1 of 1

Vis skiet met boog.

Posted: Tue Nov 02, 2010 8:57 pm
by molopohunter
Ek het vandag vir my ou boog daai ams bowfishing kit opgesit, en gaan more begin toets en oefen vir desember.
Die boog is n mathews fx 2 en kry die ding nie laer as 55 pond gestel nie, en lees maar orals dat mens nie baie ponde moet gebruik nie.
Het iemand al ondervinding met vis skiet of wat my kan help met tips asb?
Ek het klaar die peep site en pin site afgehaal en weet met water en lig moet mens bietjie onder die vis mik.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Tue Nov 02, 2010 9:20 pm
by tafjak
Molopo

Maak Mathews bo? in 6mm?

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 8:13 am
by Stefan764
Hier iewers op die forum praat die manne van n agterstevoor primer en die pyl vol kryt!  ;D

Geweer-groete
Stefan

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 8:40 am
by Geno
Ek het al vis geskiet, as jou harp op so 60lb gestel is werk hy ook mooi. Jy't nie eintlik nodig om die sight af te haal nie, ek skiet met my sight op die boog. Jy moet heelwat onder die vis mik, en dit vat baie oefening om dit gewoond te raak. Maak seker daai lyn steek nie vas oppad uit die katrol nie, anders kom jou pyl terug na jou toe.

Groete,
Eugene

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 8:06 pm
by Christo
Natuurlik erg onwettig ...............as hulle weet  ;)

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 8:50 pm
by Geno
Christo, nie noodwendig nie. Jy kry 'n permit daarvoor by natuurverwarring.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 8:54 pm
by Christo
Geno wrote: Christo, nie noodwendig nie. Jy kry 'n permit daarvoor by natuurverwarring.
Nie sover ek kon uitvind in die WC nie.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Wed Nov 03, 2010 11:37 pm
by Geno
is waar, die ordonansies verskil mos in elke provinsie. Beste is om die ouens by Africa's Bowhunter te bel en uit te vind oor jou betrokke provinsie. Groete

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Thu Nov 04, 2010 9:24 am
by Stefan764
Ou Christo

Hoe legal is die pyl-vol-kruit skietery? lag lag lag  ;D  ;D  ;D

Groete
Stefan

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:02 pm
by molopohunter
Tafjak, 6mm?

Christo, elke van die ordenansies verskil. Op die stadium is n paar plekke nog nie te spesifiek nie, maar op privaat grond...wettig, ander eienaar
se grond skriftelike toestemming en publieke plekke moet mens maar eers na die naaste natcon kantoor toe gaan as hulle n permit sal uitryk en dit
hang ook af van spesie soos uitheems ens.
Moet se dis vrek lekker en ontspanne maar baie moeiliker as wat dit lyk op you tube en die krokedille het die vis deeglik geniet.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:09 pm
by molopohunter
Eugene,
Dis my ou boog, en vir 1 of ander rede werk die site glad nie as ek daai ams op het nie. Hy het ook n spesiale rest op.
Aan die begin het maar baie sukkel gegaan, maar na die 1ste aand het ek begin reg kom en toe n 1,8kg bass en 2X2kg bass gekry, ek moet net leer om fotos te post dan kan ek hulle opsit.
Stefan, hehe, is jy nou ernstig oor daai kruit in die pyl ding of moet ek daa idee glad nie eers in my kop kry nie...werk hy dan soos n ''power head"?

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 08, 2010 7:18 am
by Stefan764
Nee gits neef, wag so bietjie! Ek sien maar net paar manne op die forum praat so. Bietjie meer eiers as ek... Ek hou maar by die 139gr Hornadys en 110gr Impalas met NET 50.2gr kruit agter, in die DOP, waar ky hoort!

Groete
Stefan

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 08, 2010 3:57 pm
by molopohunter
Ja ja, lol.
Ek het ook net in geweer belang gestel en nou my 1ste jaar van boog skiet en vrek verslawind.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 08, 2010 4:57 pm
by Yalair
Kyk hier  8) die link kom uit een van Christo se posts

http://www.youtube.com/watch?v=MJx1GU2Ph84

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 08, 2010 9:13 pm
by molopohunter
Hey Yalair,

Hehehehehe, weet jy wat hulle as n setup gebruik, dit kan heel mooi maak met n indian mynha...

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 08, 2010 10:07 pm
by Yalair
Molopo
Weet nie presies nie jy moet vir Christo vra omgekeerde primer met kruit in pyl shaft, iets soos daai, dink jy moet nie pyl koker laat val nie  ;D jy kan dalk in rook opgaan  :D

Groete
Ben

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Tue Nov 09, 2010 9:13 pm
by Christo
Ek het op youtube gesien hulle druk eers papier in die pyl af en gooi dan kruit in met die slagdop bo-oor. Die ding moet in 'n harde voorwerp vasgeskiet word om te werk.

Ek het nog nie probeer maar dit klink opwindend.

Lank gelede het ons slagdoppies in 45 hollowpoints gedruk en vasgegom. Geglo hulle was plofkoppe, maar wie weet. Jy sien mos iets wat jy wil sien.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Tue Nov 09, 2010 9:58 pm
by molopohunter
Ek het n swart kruit permit, so glo die percussion caps kan dalk sensitief wees. Die papier in die pyl klink logies.
Ek gaan bietjie speel en sal oor so week of so weer op die site wees. Gaan bietjie uit sein gebied...alweer.
Groete en "watch this space"

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Mon Nov 15, 2010 9:36 pm
by molopohunter
Ek het eers daai idee uit my kop gekry, ek sit net en dink...n boog skiet met so n krag...wat keer daai ding om in mens se gesig op te blaas.
Het iemand arbeiders wat bereid is om "bow test pilots" te word?

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Thu Dec 02, 2010 11:50 am
by theedge
Eerstens - bow fishing great.  Ek het my stukkend geniet. Ons poog om jaarliks die ding te doen laas jaar het die ander manne ons so bietjie die lorrie in gemaak met hulle gillnets daar was net nie vis nie.  het reeds laas naweek verneem die vis is goed die jaar sal seker weer loop vis skiet.  Ja dit is onwettig om met boog te jag of vis te skiet..... Wag nog nie met my baklei nie daar is pirmitte en die goed wat dit wettig maak.  Bv n plaas wat omhein is kan jy met boog jag. Oop plaas moet jy permitte kry.  Dit net so vir die inligting (Dit is nou hier in die OoKaap)  weet nie hoe dit by die ander manne werk nie.  50-55pond is great vir vis skiet.  Ek los my setup net so op my boog ek haal nie my sight of peep af nie ek haal wel my  stabiliser af en sit my katrol op in sy plek...

Ek het een van daai tolle wat hulle gebruik vir chokka handlyn.. gevat hom so bietjie verander en gebruik dit as katrol.
Eerstens die spoel het my R10.00 gekos. Die katrol setup waarna ek verwys is baie mooi, dit werk goed, my pelle gebruik dit. Ek is maar een wat kyk waar ek kan spaar. Aan die agterkant van die spoel is 'n stuk aluminium geheg. Dit is gedoen met popriwerts. In die aluminium is 2 gate. 1 center en die ander een off center het gevind dat nie alle boe center een kan vat nie. Die spoel word in die plek van my stabiliser geskroef. In die binnekant van die spoel is 'n stuk pvc pyp geplaas ook vas geriwert. Dit is om die lyn vas te hou voor jy skiet. die res van die lyn word oor die pyp gerol en die laaste stuk word een keer onder die pvc pyp geplaas.

Hoop die pic werp meer lig
Image



Sorg net dat jy genoeg en sterk lyn op die spoel plaas. Ek het met my boog op 70 pd geskiet daai pyl vlieg. Ek het geen fletch op pyl nie my lyn het daarmee.
My vis pyl het ek n pyl gevat hom nie korter gesny nie. n Ou aliminuim pyl geneem n stukkie afgesny die in die helfte gessny en gevorm en so vir my n stop gemaak (harpoenhak)  dat die vis nie afgly nie.

Ek gebruik gewoonlik 50m pin op my sight en dit werk.

Re: Vis skiet met boog.

Posted: Thu Dec 02, 2010 6:13 pm
by molopohunter
Hier is die oefening nou amper reg vir desember vakansie...

1,8kg
[img width=800 height=600]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... C01260.jpg[/img]


Altwee presies 2kg
[img width=800 height=600]http://i1184.photobucket.com/albums/z32 ... C01264.jpg[/img]