Page 1 of 3
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 3:54 pm
by Arnold
400m is mos nie langafstand nie
Watter faktore moet in ag geneem word, dinge wat vir jou geldig is tel dalk nie vir my nie?
Gaan jy net jag met die geweer of kompetiesies ook skiet?
Gaan jy net daardie wild skiet of dalk iets groter soos 'n kudu, gemsie of dalk een van die beeste ook?
Herlaai jy? Hoeveel moeite is jy bereid om in die herlaai proses te sit?
Ek sou of die 243 of die 260 of die 270 vat ... maar dit hang van 'n paar dinge af.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 4:23 pm
by 243Songdaug
Juba.
Aldrie die kalibers wat jy noem is puik langafstand kalibers - hoewel ek persoonlik voel dat die 260 die beste loop leeftyd van die 3 sal gee.
Ek gebruik my 243 as my langafstand kaliber - net oor ek nog nie 'n 260 het nie. As ek moet kies tussen die 270 en die 260 sal ek die 260 vat - die korter vetter dop lei tot beter en meer effektiewe verbranding van die aandryfmiddel - vandaar die ho?r snelhede met minder aandryfmiddel.
Wat ek ook moet noem is dat ek 'n groot aanhanger van die 308 dop familie is - kort vet doppe lyk net meer reg vir my.
Verstaan my mooi - ek breek nie die 243 of die 270 af nie - hulle is albei uitstekende kalibers ek het blood my persoonlike voor en afkeure gegee.
Jy sal nie 'n fout maak met die 260 nie - Al waarna jy moet kyk is: Die loop moet 'n stywe groefdraai h? 1:8 - 1:9. 'n 1:9.5 is die verste wat ek sal gaan - die rede hiervoor is dat die 6.5mm koe?l redelik lank is.
Sterkte met jou keuse.
Jaco
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 4:26 pm
by 243Songdaug
Vergeet om te noem: Kyk gerus na die energie wat die 6.5mm se projektiele het oor die hele spektrum - dan sal jy sien dat die 6.5mm baie goed vergelyk met die 308 en selfs die 270 se slaankrag.
Koste: Aldrie kalibers kos omtrent dieselfde om te skiet.
Die 6.5 sal dus voldoende wees vir Swartwildebees.
As jy nie wil sukkel nie - kan jy met 'n geruste hart natuutlik vir jou 'n 243 koop.....

Ek weet ek sou!
Jaco
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 5:36 pm
by Wouter Roets
120gr Nosler Ballistic tip S365 46.2gr 3057ft/sek 59831psi. Not too shabby Nidge!
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 5:47 pm
by Danie Lombard .243
Gaan bekyk die .270 weer baie mooi met 'n 130gr Game King punt wat lekker vinnig aangejaag word. Sjoe Sjoe Hy loop mooi.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 6:27 pm
by tafjak
Juba
Het nie eers die reply's verder as die vraag gekyk nie, maar kan vir jou dadelik die 243 uitsonder. Nie omdat ek nie'n 270 of 260 het nie, maar omdat ek met alles wat jy hier noem al geskiet het.
Ek kan nie sien dat enige van die ander 2kalibers oor die afstande genoem enige iets kan verbeter nie. Op die verdere afstande het ek geen kennis nie en reken die 260en 270 miskien met beter BC die ding kan doen.
Hoekom ek hier reageer is omdat ek die 2(3)skote van my leeftyd geskiet het namekaar gisteraand, 2 Ligsku jakkalse is op 317 en 350+(met gps gemeet) onderskeidelik geskiet. Het egter al sulke skote geskiet, maar die ability was nog altyd deur myself bevraagteken. Die eesrte jakkals(317m, maar kan verder wees omdat die ding nie opgetel kom word nie agv. terrein) is geskiet windaf en kon nie glo dat die skoot raak was nie skiet toe 2de skoot om dit te bevestig(jakkals l? toe reeds) en om myself te vergewis van nie-gelukskoot. Die teef word toe op 350 meter geskiet en skiet ook nie 2de skoot nie, omdat jakkals nie gesien kon word agter die suurpolle nie.
As enige iemand dit kan regkry met enkel-kruishaar, wat sal die resultate met mil-dot of target-scope wees? Nie een van die 2jakkalse is ge-"range" nie. Die koe?l gebruik was 'n 75gr Vmax(65greiners is in die pos en al wat ek op die oomblik het). Spoed min of meer 3600fps en min of meer 30mm hoog op 100m. Gelukkig was dit min of meer windstil.
So ek reken met koe?ls in die 0mgewing van 80gr in die 243 met spoed rondom 3300+fps sal jou nie teleurstel nie en ok nie een van ander 2kalibers enige iets beter kan doen in die afstande nie.
Loopleeftyd was nog nooit enige faktor as die kaliber gekies moet word nie, daardie is ouvrou-stories. Dit het geen effek op resultate behaal nie. Die beste tool vir die job word gesoek.
Mooiloop
Ns. Wou ook maar net bietjie brag met die skote en julle is die enigste ouens wat my opgewondenheid sal verstaan.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 7:15 pm
by Raven
Taffie,
Ek sit en lees so lekker na jou post, ek staan sommer op en sit weer
Raves
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 7:24 pm
by Hein M.
tafjak wrote:
Die eesrte jakkals(317m, maar kan verder wees omdat die ding nie opgetel kom word nie agv. terrein) is geskiet windaf en kon nie glo dat die skoot raak was nie skiet toe 2de skoot om dit te bevestig(jakkals l? toe reeds) en om myself te vergewis van nie-gelukskoot. Die teef word toe op 350 meter geskiet en skiet ook nie 2de skoot nie, omdat jakkals nie gesien kon word agter die suurpolle nie.
Met sulke vinnigmik doodskote mag jy maar spog

Dink die meeste van ons is probeerders wat dit aanbetref...
As ek mag vra - watter lading het jy agter daai 75gr. V-Max gehad?
Groetnis!
Hein M.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 7:56 pm
by tafjak
Hein
45gr 355 met TPL van 66.85mm. Wouter het so naateby 3580fps as rigtingwyser vir my gegee. Het nie die load ge-"chrony" nie, wil weer 65greiners skiet en is net tussen load om uit te help totdat 65's hier is. Wil egter net noem dat my volgende bestelling meer deurdag sal wees.
Hierdie geweer groepeer nie so goed nie, maar gee my eeue se plesier!
Majuba
Vra iets anders, jy gaan nie die 6mm-manne anders oorreed nie. Rek die afstande, rek hulle net darem verder as 600meter, anders gaan ons by dieselfde antwoord land.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 8:11 pm
by tafjak
Majuba
Miskien sal ook help om moeiliker vrae te vra, hierdie een was bietjie te maklik.

Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 8:14 pm
by tafjak
Danie two four three
Gaan bekyk die .270 weer baie mooi met 'n 130gr Game King punt wat lekker vinnig aangejaag word. Sjoe Sjoe Hy loop mooi.
.....mooier as 243 met 87grein Vmax?
Mooidink!
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 8:41 pm
by Danie Lombard .243
Taffie my two four three mater.
Ek stem heelhartig saam met jou. Die 243 is die koning maar soos jy weet, ek en jy skiet jakkies en katte, en die s.bokke kopskote en dies meer. MAAR vir 'n mater wat wil jag, bokke jag met lyfskote en soms so 'n effe groter bok wil jag daar ver, dan is die 270 'n goeie keuse.
My keuse vir my tipe jag is en sal altyd die 243 bly. Uit my bakkie oor die spieel met die handdoek tussen die spieel en ruit raam val al die goed.
Die gewone jagter beskik nie altyd oor die vermoe om afstand te skat nie, en is nie altyd so knap met die roer nie. Beskik nie altyd oor 'n goeie dooie rus nie. Dus moet hy staat maak op 'n meer kragtiger roer. In die vlakte jag klas, soos die mater gevar het, vir ver skote, is die 270 die outjie met die effens meer energie, maar soos ek gese het, gee hom vuur agter sy gat en hy doen sy ding. HY MOET OOP EN TOE LOOP. Soos ou Hentis se windhonde. 'n Vlakte bok jag kaliber die .270
En ek bieg weer, ek sal vir myself net 'n 243 kies. Taffie sal weet wat ek nou gaan se. Mens raak verslaaf,verlief, behep, oorlams, van jou kop af oor 'n 243. Die ding werk net. Nie ge ackley nie, sommer net so uit sy ma se skoot uit.
Mooi gaan jul
Danie TWEE VIER DRIE

Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 9:03 pm
by Skolla
tafjak wrote:
Hoekom ek hier reageer is omdat ek die 2(3)skote van my leeftyd geskiet het namekaar gisteraand, 2 Ligsku jakkalse is op 317 en 350+(met gps gemeet) onderskeidelik geskiet.
Taffie
Mooi gegooi. As n man kan, dan mag jy.
Mooigooi
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 9:12 pm
by tafjak
Danie
kaliber vir algemeene wild bv blesbok,springbok,rooibok,ribbok ens.
......kry jou 243 dan nie hierie goed op die lyf dood nie?
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 9:31 pm
by Hein M.
tafjak wrote:
Danie
kaliber vir algemeene wild bv blesbok,springbok,rooibok,ribbok ens.
......kry jou 243 dan nie hierie goed op die lyf dood nie?

Het geweet hierdie een gaan uitgelig word
Ons hoor graag!
Hein M.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Tue Nov 02, 2010 9:53 pm
by Arnold
Na so 300m gaan die 260 Rem die 270 Win wen op energie.
In terme van trajek hardloop die twee saam tot op so 600m,
en die 260 wen natuurlik uit die staanspoor met minder windskuif.
{hierdie is nou ongeveer en om en by, give or take a few}
Dit is wonderlik wat 'n ho? BC kan maak...
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 12:36 pm
by Arnold
Die loop se twist is baie belangrik om die swaarder koeels te kan skiet en die lang afstand resultate te kan kry, so maak eers seker hiervan.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 2:39 pm
by Arnold
Party mense s? die 140gr koeels loop ok uit 'n 1in9 twist, die 120gr koeels behoort reg te wees.
Hopelik is dit 'n 1in8" of 1in8.5". Ek weet nie lekker oor die twist nie maar gaan vir my 'n 1in8" kry. Ek beplan om 130gr koeels te skiet. Dit lyk vir my na 'n mooi kompromie tussen die plat 120gr en die 140gr met sy min windskuif ...
260 Rem, 24" loop, 2960fps max
'n 6.5mm 130gr Berger -> BC = 0.595
'n 6.5mm 130gr Swift Scirocco II -> BC = 0.571
'n 6.5mm 130gr Nosler Accubond -> BC = 0.488
270 Win, 24" loop, 3160fps max
'n 0.277" 130gr Berger -> BC = 0.452
'n 0.277" 130gr Swift Scirocco II -> BC = 0.45
'n 0.277" 130gr Nosler Accubond -> BC = 0.435
As mens nou die data vat en die Accubonds vergelyk wen die 270W, op die Swifts en Bergers sal ek die 260 kies.
'n 243W is nie in die klas nie en dit regverdig dat jy steeds 'n 243W ook kan koop

Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 3:01 pm
by Hein M.
Hallo almal,
Hoe beskikbaar is die 260 se punte? En kan 308-gebasseerde doppe gevorm word tot 260?
Die antwoorde op hierdie vrae sal bepaal of dit werklik 'n beter opsie as die 270 of 7x64 is.
Het enigiemand antwoorde?
Hein M.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 3:17 pm
by Arnold
Soos reeds ges? komponente is beskikbaar.
Remington en Nosler 260 doppe kan gekoop word of doppe kan gevorm word deur 243, 7mm-08 of 308 doppe te gebruik.
6.5mm koeels is beskikbaar al maak PMP nie van hulle nie
Ek dink ons moet maar die 7X64 uit die gesprek los want hy is nou alweer in 'n ander klas met die swaar koeels wat jy met hom kan skiet.
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 3:46 pm
by 243Songdaug
Hein.
Die 260 is besig om homself sterk te bewys. Arnold het self sy navorsing gedoen sien ek.
260 doppe kan gekoop word, maar die lekkerste is dat jy 308 Lapua doppe kan koop teen R6.70 elk en hulle dan afnek na 6.5mm - een run deur die full length sizer en jy is reg om te skiet - net die lengte moet nog reggesny word.
Jy kan ook die 243 se doppe opnek maar teen dubbeld die prys!R1200-1400 vir 'n 100)
Soos reeds genoem moet jy net na die twist kyk 1:8 is maar die beste - 'n 1:9 of 1:9.5 is geskik om 123greiners lekker te kan skiet.
Groete.
Jaco
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 7:11 pm
by Freddie101
Tafman
Geluk. Dit moet darem lekker gewees het om daai skote te skiet en daai dup te hoor. .Het jy afgemik. Op daardie afstand sou ek met die 87gn vmaxe van die lyf af net bokant jakkie moes mik. Groetnis Freddie
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 8:24 pm
by Arnold
Daai is sommer met S365 en die tpl is so 2.8" vir die 260Rem en altwee se druk dieselfde.
Realisties gaan jy seker laer spoed kry om akkuraatheid te kry
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Wed Nov 03, 2010 11:39 pm
by Ponkie
Arnold wrote:
Party mense s? die 140gr koeels loop ok uit 'n 1in9 twist, die 120gr koeels behoort reg te wees.
260 Rem, 24" loop, 2960fps max
'n 6.5mm 130gr Berger -> BC = 0.595
'n 6.5mm 130gr Swift Scirocco II -> BC = 0.571
'n 6.5mm 130gr Nosler Accubond -> BC = 0.488
Lyk vir my na die perfekte kaliber om daai Gongbane aan te vat op so 350-400m!

EK het gedog toe ek 150gr Nosler Bal tip uit my 308 met 'n Bc van > 0.4 skiet dat ek goooooooed doen! Nou sien ek duidelik wat ek moet aanskaf sodra die bevoegdheid net gekom het! Hoe beskikbaar is die 260Rem in SA? Ek praat nou nie van punte, doppe en kruit nie, ek bedoel die geweer... En wat is hulle gemiddelde pryse? Of hang dit maar van handelaar tot handelaar af?
Die kaliber begin my hart steel, net omdat ek iets klein bietjie ligter as 'n 308 soek maar nooit oor my dooie liggaam 'n 243 sal koop nie!

'n 308 man het ook darem sy trots! haha!
Groetnis
Ponkie
Re: 243 vs 260 vs 270
Posted: Thu Nov 04, 2010 7:59 am
by JACQUES BOTHA
PONKIE
DIE groot voordeel van die 6.5mm is die ontwikkeling van punte(koele) projektiele in die 6.5mm klas.
In die verlede as gevolg va redes het omtrent alle ontwikkeling en ontwerp in die 7.62 en 6mm klas plaasgevind.
Die ander kalibers moes maar tevrede wees met dit wat die mark gebied het, Ek vermoed dat daar nou baie meer tyd ingaan ind ie 6.5mm mark, die beskikbare punte in die klas is nou te kies en te keur.
Daar is ook n beduidende groei in die aantal skuts wat die kaliber verkies in hulle onderskeie sporte. Ek sal hom nie klas as die beste platskiet(jakkals skiet) kaliber nie, daarvooor het die NOMMER 1.BONZAI 243 EN NOMMMER 2. DIE 243 HULSELF DEUR EN DEUR BEWYS. Ek dink vir n eengeweer is n 6.5 nie n slegte allround keuse nie, lig op brandstof effektief en produktief ens.
GROETE
Jacques