Page 1 of 2

Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 01, 2010 4:26 pm
by KSV
Manne wat belang stel?

Ek wil volgende jaar weer 'n kursus reel.  Ek het al vier makers wat belang stel en kort nog so paar.

Laat my weet dan reel ek alles.

Kalahari Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 01, 2010 6:17 pm
by molopohunter
Waneer is die kursus? Ek sal maker nr 5 wees...

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 01, 2010 7:17 pm
by 243Songdaug
KSV

Ek ry saam al is dit net om jou geselskap tye hou.

Groete.
Jaco

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 01, 2010 8:20 pm
by KSV
Molopo,

Ek wil eers die getalle volmaak en dan kyk waar ons 'n plaas met jakkalse op kry of die sentraalste een vir almal. Wil nou nie almal na my oefen plek toe vat nie. Hehe

Wil hom graag vroeg in volgende jaar reel sodra Oom Hein 'n oop plekkie het.

Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Wed Nov 03, 2010 11:12 am
by James Wilson
klink lekker, maar die datum en plek sal bepaal of ek kan gaan. sal Kimberley omgewing reg wees of sit ek die pot mis?

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Wed Nov 03, 2010 12:16 pm
by Armand Steenkamp
Ek stel ook belang.Hang ook maar net van die datum en plek af!

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Nov 04, 2010 12:58 pm
by KSV
Manne,

Reelings loop mooi!  Oom Hein sal einde van die maand datums deurgee.

Armand,

Boet jy sal maar 'n lang naweek daarvan moet maak? ;D  Praat vir SJ om dan kom julle twee saam en dan gaan ons een aand bietjie uit. Sal kyk waar die sentraalste plek vir almal sal wees.

Jagbehep!

Sal jou laat weet waar.  Kan enige rigting rondom Kathu, Upington, Olifantshoek, Postmasburg, Kuruman, Vryburg, Danielskuil en Lime Acres se kant wees.

Kalahari Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Nov 04, 2010 5:37 pm
by Rooies
Hein
Hou ons maar op hoogte, hier van Douglas af sal ons ook n paar kan bymekaarskraap.
groete

rooies

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Nov 04, 2010 5:58 pm
by KSV
Rooies,

Doen daai ding!

Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Nov 04, 2010 7:51 pm
by Armand Steenkamp
upington dan sal ek n plan kan maak  hang  dan maar net af van waar dit is!

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Sun Nov 07, 2010 8:52 pm
by molopohunter
Die plek en datum maak nie saak nie, ek is verseker in.

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 08, 2010 7:05 am
by Stefan764
Vryburg klink dan nou vir my na die ideale plek!

Groete
Stefan

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Mon Nov 08, 2010 9:54 pm
by James Wilson
kerels daai Vryburg mense drink vreeslik.        ok ek sal Vryburg toe gaan

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Fri Nov 12, 2010 10:15 am
by KSV
Kan almal wat belangstel my PM met kontak besonderhede?

Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Wed Dec 01, 2010 12:03 pm
by BLOK
Hein sien nou eers die post, hoe loop die reelings want as dit in Vryburg Kuruman is sal ek ook belanstel, sal ook nog so twee manne dan kan reel wat belangstel laat weet my maar.

Blok.

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Wed Dec 01, 2010 4:09 pm
by KSV
Blok,

Wag nog net vir datums dan sal ek almal hier laat weet.

Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Wed Dec 01, 2010 8:51 pm
by jaracal
Hein Hoe lyk Saterdag 8 of 15 Januarie 2011.
Laat weet watter datum die ouens sal pas.
Groete
Heinrich

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 2:26 pm
by molopohunter
Ek is nogsteeds is, datum is 100%.
Ek het al my pm gestuur.

Dankie.

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 2:35 pm
by Steyn
Ek sal ook in die kimberley douglas gedeelte belangstel. Maar dis vir die meerderheid om te besluit.

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 2:42 pm
by KSV
Manne,

Ek het gedink nader aan Februarie of in Februarie.  Die 8ste en 15de Jan gaan daar nog 'n paar manne op verlof wees.

Sal weer vir Oom Hein vra vir nog datums dan kan ons dit weer bespreek?

Corne,

Rooies het 'n aanduiding gegee dat hy daar van Douglas se kant af gaan kom as jy saam met hulle kan kom?  Anders reel ek een Kimberley se kant ook.

Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 3:00 pm
by Steyn
Hein.                  Dit sal gaaf wees man maar ja as daar datums is sal ek kyk wat ek kan dun. Die plaas en sy dinge hou my maar biekie vas en ek is saam met my pa in die jagbedryf. Laat weet maar as jy n definitiewe datum het. K stel werklik belang in so kursus. Groete.            Corney

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 3:20 pm
by KSV
Corne,

Kyk hier vir Rooies op die forum.  Hy woon in Douglas en doen ook die jag ding.  Praat met hom dan laat julle my weet?

Of gee my 'n lui? nul agt twee 325 5940

Groete
Hein

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 3:39 pm
by jaracal
Hallo Hein
Saterdag 29 Jan? of sal 5febr beter werk.
Groete
heinrich

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 3:40 pm
by Steyn
Ja nee ek ken vir oom Karel goed. Ek bel jou sodra ek met oom karel gepraat het.                  Mooi loop.

Re: Kursus in die Noord Kaap!

Posted: Thu Dec 02, 2010 3:47 pm
by KSV
Dankie Oom Hein.

Daai lyk sommer goed.  Sal Oom op hoogte hou met watter een die manne verkies.

Groete
Hein