Page 1 of 1
Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 8:58 pm
by mariusr
Mense wat is julle ondervinding my bakkie se battery het gegaan die winter was wiilard het net so oor die twee jaar gehou my seun moes ook sy motor sin vevang het amper sewe jaar gehou was 'n raylite het ook raylite in my vrou se motor hou nou al 5jaar "touch wood" lyk my die ander make hou net so twee jaar gewoonlik net na die waarborg en die goed is na al duur R800 to oor R1000! Sien daar is heelwat onbekende name wat ek nie ken nie hoe betroubaar is hulle!

Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 9:02 pm
by Johan Nel
Marius,
Wat se enjin het jy petrol of diesel. Die dieselenjins vereis meer krag om te 'start' en die batterye gaan maar na so twee tot drie jaar. Petrolenjins se batterye hou baie langer. Dis my ervaring.
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 9:05 pm
by mariusr
Bakkie is diesel die ander motors petrol! Sal graag wil weet watse maak dink julle is die beste!

want raylite het my nog altyd beter diens gegee as die ander maar is ook duurder!

Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 9:14 pm
by tripodmvr
Die beste is dat Willard in 'n fabrieksvoertuig wat jy aankoop gewoonlik langer hou. Het dit nou al 'n paar keer beleef met Volkswagens. My huidige Polo 1.9 TDI het ek in 2005 Sept gekoop en sy Willard begin nou eers vir my geluide maak. Ek dink amper 8 jaar is goed vir 'n battery in 'n diesel. Het met 'n reis na Australie gekry dat die' battery heeltemal afgeloop het. Selfs met dit verbaas hy my nog.
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 9:20 pm
by alecjohnson
raylite se Sealed Silver Calcium batery is al wat ek sal koop. En dan koop jy so graat een as wat in you bakkie pas.
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 9:20 pm
by vlakvark1
Koop n Bosch battery.
Op die plaas is daar nou al van hulle in die trekkers en vragmotors en bakkies wat al 6jaar
diens gee
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 10:16 pm
by JohanvB
My bakkie het ook 'n Raylite in gehad en het vir 7 jaar gehou, hy was darem nou en dan gedokter met die klein Benton 3ah charger...het nou vir my na bietjie soek en vra die VARTA-E12 VARTA BATTERY SABMA: 657 gekry by Current Automation in Montague Gardens, sien hulle is daar bo in JHB by www,rectifeir.co.za...het hom gekoop vir R1161, aansienlik goedkoper as was Deltec dit vir my aangebied het.
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 10:22 pm
by PWV
Re: Kar batterye!
Posted: Thu Jul 04, 2013 10:26 pm
by mariusr
Ha ha dankie Pieter gebruik die in my maglight!!!
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 7:58 am
by Johan Nel
Oom Pieter,
Ek dog hulle wil die kar 'start', maar lyk my oom wil die dakliggie aansit...

Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 8:06 am
by Eugene
Nog altyd net Willard gekoop en nog altyd meer as 5 jaar diens gekry en ek ry net diesel voertuie!
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 8:21 am
by JK
Enige loodsuur battery se leeftyd word verkort as dit lank staan sonder om gelaai te word, of te diep ontlaai word. So as n battery nie hou nie, kry n groter een (meer Amp-uur, kyk ook na sy CCA) wat pas, kyk of die alternator reg laai, en as n motor min gebruik word kry n slim laaiertjie en koppel dit op terwyl die motor staan.
Dus as die kar swaar start sal die battery se leeftyd verkort word, en natuurlik ook as die battery te klein is vir die krag wat onttrek word. Start battery moet nie meer as 20% van sy kapsiteit gebruik word voor dat dit weer vol gelaai word nie. Byv n 70Ah moet net 0.2 x 70 = 14 Ah ontlaai word, so met n starter wat 300 amp trek is dit 14/300*60 = 3 minute.
Of koop n battery met n langer waarborg, hy sal langer hou. Deesdae is daar ander tipe battery ook wat meer 'life cycles' het, soos die AGM, maar natuurlik kos hulle meer, so maak n sommetjie duurder battery en hy hou langer of goedkoper een wat korter hou, maar betaal gaan jy!.
n Willlard hou net n jaar in my karre.!
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 8:29 am
by Chevvy SS
Die een maak hou 2 jaar en die ander 24 maande. Selfs die bestes hou net tot 'n dag nadat die waarborg verby is.
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 8:38 am
by LUAN
Baie gelukkig met Willard
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:00 am
by BLOK
Hang seker af hoe jy hom gebruik. Het Saterdag nuwe Willard ingesit vorige een net meer as jaar gehou. Ek kan seker nie verwag dat hulle moet 5 jaar hou nie aangesien ek direk van die bakkie se battery af skiet met die lig. Die lig trek baie krag en word tussen stands dus nie goed gelaai nie. Ek glo as ek nie die battery so misbruik nie behoort hy ook meer jare te gee. Wat ek doen id ek instaleer ook die grootste moontlik wat kan inpas. Daardeur trek ek n battery nie so dood dat hy sukkel om hom weer aan die start te gaan kry nie.
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:06 am
by tripodmvr
Het by Cobus Cobb gesien hy gebruik aparte "deep cycle" battery vir sy lig. Hy het beskikbaar teen 'n goeie prys en maak sin om die bakkie battery te spaar. Hy laai die' battery na die skiet deur 'n stel skakelaars - so isoleer hy die een stelsel van die ander.
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:18 am
by smitjs
Net om bietjie perspektief te kry oor loodsuur batterye.
Toe ek jonk was -ek dink dit was so eergister- moes ons in die werk batterye onderhou. Wanneer 'n sel ingee, moes dit uitgehaal word en reggemaak word. Gewoonlik was dit maar lood uitgroeisels op die selle se plate wat deur die 'seperator' gedruk het. Die minimum aanvaarde leeftyd van die batterye was vyftig jaar. Ek weet nie van een battery wat vervang was onder vyftig jaar as gevolg van werking nie. Gewoonlik was die vervangings as gevolg van plek vir groter kapasiteit batterye.
Loodsuur batterye gee in as gevolg van:
1. Afsaksels wat opbou en die onderkant van die selle kortsluit. Dis gewoonlik as gevolg van te hoë stroom vir die plaat oppervlakte.
2. Plate wat krom buig en uitgroeisels vorm. Dis gewoonlik as gevolg van te hoë laai spanning (voltage).
3. Sulfaat wat vorm op die plate. Dis gewoonlik as gevolg van nie werk nie en leeg staan.
Vandag maak niemand meer 'n battery reg nie. Ons leef in 'n weggooi tyd.
Om die battery se lewe te verleng dan:
1. Koop die grootste battery wat pas in jou voertuig.
2. Maak seker dat die reguleerder op die alternator die regte spanning uitgee. Vandag is digitale voltmeters goedkoop en redelik akkuraat. Na 'n rit, laat die enjin redelik vinnig loop en meet die spanning. As dit te hoog is (Vra die battery verteenwoordiger), weereens, dit word nie meer verstelbaar gemaak nie, vervang die reguleerder.
3. Vermy die soorte wat swak reputasie het.
4. Moenie die battery te laag ontlaai nie.
Voorspoed!
Johan Smit
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:28 am
by mariusr
Dankie Johan vir die les!!!
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:52 am
by PWV
smitjs wrote:Om die battery se lewe te verleng dan:
1. Koop die grootste battery wat pas in jou voertuig.
Voorspoed!
Johan Smit
Johan, wat bedoel jy met die "grootste battery"? Groot in afmetings of groot in kapasiteit? Hoe vra jy vir so 'n battery by die winkel?
Verduidelik asb. Ek wil dit onthou vir volgende battery-koop.
Groetnis
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 9:59 am
by Dawid
Die minimum aanvaarde leeftyd van die batterye was vyftig jaar.
Eish 50 jaar

.......Dan sal ek nou moet gaan vir n service, die liggies brand flou en ek gaan beslis nie sommer net weggegooi word nie.

Dink dis hierdie hitte wat die battery so pap maak
Dankie vir die inligting omtrent die batterye. Die goed kan man nogals op die onmoontlikste tye in die steek laat.
Cobus, staan bietjie nader met jou battery pryse, my trekker raak nou moerig oor ek elke keer sy battery uithaal vir gebruik op my stoel.
Groetnis
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 1:26 pm
by smitjs
Pieter Willem Vorster wrote:
Johan, wat bedoel jy met die "grootste battery"? Groot in afmetings of groot in kapasiteit? Hoe vra jy vir so 'n battery by die winkel?
Verduidelik asb. Ek wil dit onthou vir volgende battery-koop.
Groetnis
Die grootste fisiese grootte is normaalweg ook die een met die grootste kapasitieit. Gaan vir die grootste fisiese grootte. Jy vra vir die grootste een wat daar kan pas. Dan vra jy vir die volgende groter een. Net as dit nie kan pas nie, dan gaan jy terug na die vorige een. Baiekeer pas 'n groter een.
Oppas net vir groter kapasiteit in 'n kleiner fisiese grootte. Wat dit dan beteken is dat daar minder spasie tussen die onderkant van die plate en die bodem van die battery is. Dis waar die meeste probleme met voertuig batterye is. Die afsaksels raak te gou aan die plate.
Dit kan reggemaak word deur die battery uit te spoel, maar dis nie sommer so nie. Dis hele paar keer uitgooi en weer spoel met skoon water, en dan uiteindelik weer die suur terug te sit. Groot morsige werk, gebruik plastiek voorskoot en handskoene. Daarna gooi jy ook jou skoene weg.
Sommige batterye deesdae is ook toe, jy kan nie uitspoel nie.
Terloops, ek het nooit daardie vyftig jaar geglo nie, maar ek het nooit gesien dat so 'n sel nie meer kan werk nie. Die industrie het so gegroei dat die batterye maar altyd moes vervang word met groter batterye. Ek het heelwat stelle batterye so verkoop aan boere om plek te maak vir groter batterye.
Ten tye was daar nog orde, en billikheid, en het aan andere ook voordeel gegun. Vandag is dit net korrupsie en wat is daar in vir my. Tragies!
Re: Kar batterye!
Posted: Fri Jul 05, 2013 2:44 pm
by JK
Jy kan semi deep cycle batterye gebruik as start batttery, maak net seker die CCA voldoen, hy behoort ook langer te hou.
Re: Kar batterye!
Posted: Sat Jul 06, 2013 9:09 am
by Cobus(Cobb)
BLOK wrote: nie aangesien ek direk van die bakkie se battery af skiet met die lig. Die lig trek baie krag en word tussen stands dus nie goed gelaai nie. .
[quote="Dawid
Cobus, staan bietjie nader met jou battery pryse, my trekker raak nou moerig oor ek elke keer sy battery uithaal vir gebruik op my stoel.
Groetnis[/quote]
tripodmvr wrote:Het by Cobus Cobb gesien hy gebruik aparte "deep cycle" battery vir sy lig. Hy het beskikbaar teen 'n goeie prys en maak sin om die bakkie battery te spaar. Hy laai die' battery na die skiet deur 'n stel skakelaars - so isoleer hy die een stelsel van die ander.
Deepcycle battery
12v 102Ah
IEC 450
BC1 625
DIN 400
L.T. 310A
R800
Nuut kos hulle so R1500
Jy kan so 2-3 nagte aanmekaar skiet met jou 170 LF