Page 1 of 1
Min en Maks ladings vir 270
Posted: Sun Oct 31, 2010 7:08 pm
by KSV
Ek soek bietjie hulp?
Ek wil 140 hornady en 135 sierra matckings laai.
Daar is geen ladings vir bogenomde in die somchem handleiding nie.
Kalahari Groete
Hein
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Sun Oct 31, 2010 8:02 pm
by Yalair
Met watter kruit wil jy laai?
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Sun Oct 31, 2010 8:10 pm
by KSV
Ben,
Het gedink 365 of 355.
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 12:37 am
by Jagtersdok
Ek is nie nou naby my herlaai boeke nie. Maar vir die 140gr het ek die minimum van die 130gr en 150gr bymekar getel en deur 2 gedeel en daar begin en in inkrimente van 0.3gr op gegaan.
Vir die 135gr kan jy met 0.5gr minder begin en daarvandaan werk
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 7:06 am
by Yalair
Hein
Sal my lading vir 140g gee, net eers in boek kyk, vir 135g sal ek ook soos dok se maar eerder 1g drop en opwerk met 0.5'e
groete
Ben
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 7:53 am
by Gerard
Somchem gee ladings vir 130 en 150gr koeels met S385 en S365. Tel die beginladings bymekaar en deel deur twee vir 'n beginlading. Tel die die maksimum snelhede bymekaar en deel deur twee. In 'n 24" loop moet jy nie daardie spoed oorskry nie. As jou loop korter of langer is, kan jy so 25vps per duim bytel of aftrek.
Ignoreer altyd die gegewe maksimum kruitlading, dit het geen waarde nie en ek verstaan nie waarom tabelle altyd maksimum ladings by gewig gee nie.
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 11:51 am
by KSV
Ben, Jagtersdok en Oom Gerard,
Sal daai ding doen.
Oom Gerard,
Dink die maks lading is vir ouens wat nie chronograwe het nie. Het ook altyd so gelaai tot ek 'n chrony gekoop het.
Kalahari groete
Hein
PS. Hier is 'n foto van die roer.

Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 3:25 pm
by 243Songdaug
So 'n mooi gun op so 'n lelike stel hakke.......sies Hein
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 3:32 pm
by KSV
Hulle werk!
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 7:21 pm
by 243Songdaug
Bledde "lelike-trisi?n"...... ken kol van sweis nie!
Nee mater, as hulle net werk is dit mos reg - ek steel jou idee met die utlilty tafel - lyk hy kan mooi werk. Vroulief is al dwars oor die geweerskoonmaak in die sitkamer.
Mooi aand.
Jaco
Re: Min en Maks ladings vir 270
Posted: Mon Nov 01, 2010 7:28 pm
by KSV
Sweis is nie die moeilikheid dis die ysters buig.
Daai tafeltjie werk mooi. Daai klomp geld vir daai MTM skoonmaak tafel, daai tafel is R200.
Sal tog vir my ander goete maak, miskien voel jy beter.
Lekker aand