Page 1 of 1
My broer se eerste eland !
Posted: Mon Jul 01, 2013 11:07 pm
by Wismit
My broer wou sy hele lewe lank nog 'n eland skiet. Hy het vandag sy kans gekry en toe sy eerste eland geskiet ! Dit was in die Nylstroom omgewing.
30-06 Musgrave
180gr PMP teen so 2150 f/ps
Eland is so op 80m geskiet deur die nek.
Weet ongellukig nog nie hoeveel hy uitgeslag het nie.
(Verskoon asb die bloed op grond)
IMG-20130701-WA002.jpg
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 5:52 am
by Geno
Wismit wrote: Hy het vandag sy kans gekry en toe sy eerste eland koei geskiet !
Die foto is dan van 'n jong eland bul?
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 6:24 am
by Wismit
Skuus man, my fout (bietjie wingert griep gehad) maar dit is reg gestel.
Dankie.
W.S
Sy laatie het ook 'n blesbok plat getrek op so 130m.
128773240.jpg
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 2:01 pm
by Cobus(Cobb)
Geno wrote:Wismit wrote: Hy het vandag sy kans gekry en toe sy eerste eland koei geskiet !
Die foto is dan van 'n jong eland bul?
Ek sien jy het al vroeg oggend 'n fyn oog...
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 2:46 pm
by RUPERT
Wismit
Daai blesbok Ram of ooi.Hahaha.Terg maar
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 3:32 pm
by BRNO (Pierre)
Help my asb. Hoe kan julle deur na die eland foto kyk sien dit is n bul?
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 3:36 pm
by RUPERT
Ek gaan probeer.Bulle se horings is meer in n "v" en koeie se horings is meer vertikaal.
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 3:42 pm
by Geno
Die horings is dikker, en die rif is meer prominent as 'n koei se horings.
Bull regs, koei links.
http://www.puk.ac.za/opencms/export/system/galleries/pics/puk-fak-nw-bwi-nav-iwota/ElandBullCow-wb.jpg
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 3:44 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie Rupert en Eugene. Ek reken n ou se oe het maar oefening nodig.
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 6:58 pm
by Flip Nel
Geno wrote:Die horings is dikker, en die rif is meer prominent as 'n koei se horings.
Bull regs, koei links.
http://www.puk.ac.za/opencms/export/system/galleries/pics/puk-fak-nw-bwi-nav-iwota/ElandBullCow-wb.jpg
+1
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Tue Jul 02, 2013 10:05 pm
by theedge
Baie netjies
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Wed Jul 03, 2013 7:36 am
by Vlakvark Soldaat
Yes, die bulle se horings is dikker en veral op die basis. Die eland koeie se horings is dunner en langer, ook nie sulke diep draaie nie.
Met die blesbok is dit net so maklik, ooie se horings is dunner, ramme se horings is dikker en die riwwe is wit...
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Wed Jul 03, 2013 7:38 am
by Vlakvark Soldaat
Laastens, dit lyk na n jong livingstone eland bul, die boer is dalk nog besig met inteling, maar die strepe is duidelik.
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Wed Aug 28, 2013 5:58 pm
by BLOUVALKIE
halo oom Wismit
dis n mooi eland daai
geluk aan oom se broer
VALKIE
Re: My broer se eerste eland !
Posted: Wed Sep 04, 2013 1:29 pm
by 375fanatic
Geno wrote:Die horings is dikker, en die rif is meer prominent as 'n koei se horings.
Bull regs, koei links.
http://www.puk.ac.za/opencms/export/system/galleries/pics/puk-fak-nw-bwi-nav-iwota/ElandBullCow-wb.jpg
kyk die dewlap ook en die skof