Page 1 of 1

Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:05 pm
by PWV
Saterdag het ek die twyfelagtige voorreg gehad om die lasering van 'n knaldemper beleef het. Die vriend wat op die skietbank langs my gesit het, was baie opgewonde. Hy het net die vorige dag sy Howa 30-06 as deel van die spesiale paket wat City Guns aanbied, gekry met teleskoop en knaldemper op. Ek waarsku hom om net seker te maak die kd is goed vasgedraai.
Sy skyf op 25 meter geplant om te kyk of die teleskoop in is. Het hom nog verseker dat hy net twee skote op 25 meter nodig sal hê om die lyn reg te kry. Daarvandaan kan hy 100 meter aandurf om die gereedskap op 100 te "Zero".
Hy sit nou nog boonop hier teen my omdat hy links skiet. Die man vat behoorlik sy tyd en ek het maar besluit dat ek voortgaan met my skietery terwyl hy agter sy geweer aan die slaap raak.
Toe 'n geweldige slag - harder as die hardste skoot wat ek nog op 'n skietbaan gehoor het. Ruk my nek amper uit lid soos ek omkyk. Aan die voorpunt van sy geweer sit die agterstuk van sy knaldemper (die deel wat inskroef), terwyl die res van die kd nie meer daar is nie. Net so 'n dun rokie trek so uit die kroongedeelte as bewys dat 'n skoot nou net afgevuur is.
Ek kyk na die skut wat nog die hele tyd nadat die skoot afgegaan het, doodstil aan die geweer vasklou. Hy is asvaal geskrik en los die geweer stadig met sy regterhand en vryf sy linker skouer. "Sjoe, so 'n geweer kan skop!". kla hy. Toe eers sien hy daar sit net 'n stuk van die kd op sy loop.
Toe die baan veilig gemaak is, stap ons vorentoe. Op 30 meter kry ons die stuk kd.
Toe eers kom die man tot verhaal en begin in tale spreek - duidelik nie dik van die lag nie, terwyl hy kort-kort aan sy skouer vryf waar die geweer hom met 'n ektra hewige terugskop verras het.
'n Lieflike dag vol verwagting, het op 'n lae noot geëindig en sy lus vir verdere skiet, was ook daarmee heen.

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:09 pm
by Silent Hunting
Eina. Is maar hartseer as 'n nuwe "speelding" nie lekker werk nie.

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:31 pm
by Danie Lombard .243
Wat op dees aarde sou die petalje veroorsaak het? Nog nie van so een gehoor nie.

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:38 pm
by PWV
Danie Lombard .243 wrote:Wat op dees aarde sou die petalje veroorsaak het? Nog nie van so een gehoor nie.
Vir my wou dit voorkom asof die kd se buis nie na wense aan die inskroefgedeelte geheg was nie en of die opbou van gasdruk in die kd, die buisgedeelte uitgeskiet het. Swak vakmanskap, sou ek sê. Weet ongelukkig nie watse soort kd dit was nie.

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 5:14 pm
by Johan Nel
Laat my dink aan die geweergranate wat mens van die R4 af kon skiet. Hy pas voor aan die R4 se loop en dan lanseer jy hom deur 'n loskruitpatroon af te vuur, maar jy het gewoonlik die geweer so half uit die heup uit gevuur, nie uit die skouer nie. Die geweer het in 'n 45 grade hoek in die lug in gewys. Ek beny daardie man glad nie sy situasie nie.
Groete,
JHN

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:07 pm
by LongWolf
Ek hoop hy het fotos op die skietbaan geneem om sy bewyse te he wanneer hy die verkooper met latynsetaiwanees gaan groet.

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:16 pm
by Jan Nel
Manne

Ek het amper dieselfde situasie voorheen gesien. 'n Vriend het op sy .375 CZ 'n KD laat opsit deur een vd bekendste wapenhandelaars in SA. Eerste drie skote geskiet wat die hel uit hom geskop het, hy kon ook nie op die teiken kom nie. Ons skroef toe die KD af, jy kon nie 'n .375 koeel deur die KD se gat gooi nie. Die "bottom line" was hulle het 'n kleiner kaliber se KD geiinstalleer.

Groete

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Mon Jul 01, 2013 12:42 pm
by JohanP
Ek het soorteglyke probeel met my Knaldemper, kon nie twee koeels op dieselfde plek of teiken skiet nie. Eers gedink dit is my teleskoop, die vervang, daarna die kolf, My vriend het gese die problem le by die KD. EK het dit afgehaal, en onmiddelik ge groepeer... Die KD sal maar moet terug gaan na die geweer winkel. 2 bokse .375 patrone klater :-(

Re: Lansering van knaldemper

Posted: Mon Jul 01, 2013 12:44 pm
by Armand Steenkamp
Johan, loet bietjie of jy nie dalk die knaldemper raak skiet nie.

Groetnis