Page 1 of 1

Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 7:48 pm
by rudib
Ek soek n klien ligte silencer vir my 223 Sako. Dis n ligte roer en ek wil hom so min moontlik van balans af gooi.

Die silencer moet verkieslik nie n "reflex" wees nie. Hy kan maar voor opskroef.

Ek het Terminators, maar hulle is bietjie swaar vir die Sako'tjie

Sal waardeer as julle kan help en raad gee.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 7:55 pm
by andre007
Kontak vir Henk van Silent hunter KD ek het myne vir my .223 Vrydag gekry. Dimensies soos volg: 120mm x 45mm en weeg 340gm (hunt buddy). Myne is vir n dunloop Howa. Ek het van sy K D's om my .308 en hulle werk 100%

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 8:03 pm
by rudib
Dankie Andre, sal hom kontak

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 8:06 pm
by NicoSmit
Ek het vamiddag met my Howa 243 geskiet met die Hunt Buddy en hy klap soos 'n sweep .'n 223 sal nog sagter wees .

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 8:26 pm
by Pvdw
Ek hou van die Terminators maar het ook een van Oom Piet op Aliwal sin. Vir die 223 sal hy so 150/160X 32mm wees.

Peet

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 8:31 pm
by rudib
dankie peet

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 8:51 pm
by Gerhard
Pieter Jacobs se knaldemper werk mooi op my 3006. Klein en lig en maak dit gemaklik om mee te loop en jag.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sat Jun 29, 2013 10:45 pm
by immelmanw
rudib wrote:Ek soek n klien ligte silencer vir my 223 Sako. Dis n ligte roer en ek wil hom so min moontlik van balans af gooi.

Die silencer moet verkieslik nie n "reflex" wees nie. Hy kan maar voor opskroef.

Ek het Terminators, maar hulle is bietjie swaar vir die Sako'tjie

Sal waardeer as julle kan help en raad gee.
https://www.safariandoutdoor.co.za/item ... mm_22414x1
Slegs 260gr en 113mm lank
Ek weet nie van kleiner of ligter nie? en dit werk soos n bom!.....of sal ek se soos n silencer!

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 8:46 am
by rudib
ek het na hulle gekyk, maar die kleinste draad is 14 x 1. My loop is 15mm voor so sy draad sal kleiner as 14mm wees.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 9:51 am
by immelmanw
rudib wrote:ek het na hulle gekyk, maar die kleinste draad is 14 x 1. My loop is 15mm voor so sy draad sal kleiner as 14mm wees.
More Rudi
Ons het ook n "blank" dus kan jou geweersmid dit self sny. Johan Morkel hulle het nou die dag so een vir n Steyr gedoen. Dit is nie op die website nie, as jy een wil bestel kan jy vir elizma@so.co.za kontak (pos of website bestellings) andersins vir Phillip in Pretoria of Divan in Stellenbosch.

Groete

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 10:37 am
by rudib
dankie vir die terugvoer willem, waardeer dit

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 11:45 am
by Silent Hunting
andre007 wrote:Kontak vir Henk van Silent hunter KD ek het myne vir my .223 Vrydag gekry. Dimensies soos volg: 120mm x 45mm en weeg 340gm (hunt buddy). Myne is vir n dunloop Howa. Ek het van sy K D's om my .308 en hulle werk 100%

120mm X 38mm.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:36 pm
by Danie Lombard .243
As dit by klein en kompakte silencers kom is Henk van Silent Hunting die ou om te kontak.

Glo my, hy maak silencer soos hy moet wees, lekker klein soos dit hoort.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 3:46 pm
by PWV
Danie Lombard .243 wrote:As dit by klein en kompakte silencers kom is Henk van Silent Hunting die ou om te kontak.

Glo my, hy maak silencer soos hy moet wees, lekker klein soos dit hoort.
Danie ek stem saam met jou, maar daar is ook 'n ander aspek wat in aanmerking geneem moet word. My tjekboek is maar baie dun en Henk maak dit vir my moontlik om KD's op my gewere te hĂȘ.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 4:48 pm
by Danie Lombard .243
Oom PW

Nou praat jy darem werklik waar van 'n baie waar ding, die pryse van Henk se snoeter snawel blikke is werklik bekostigbaar.

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 4:55 pm
by rudib
het iemand dalk n foto van Henk se klein 223 kneldempers?

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:26 pm
by Hugo
http://i262.photobucket.com/albums/ii113/hugof99/37DBA0C4-24A5-4B87-9F0E-041866B11047-11449-000009F5969C2453.jpg

Al foto wat ek het van die hunt buddy op n 243

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:42 pm
by rudib
dankie Hugo

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:51 pm
by Silent Hunting
Rubib,

Die 223 se kd is selfde grootte. 120mm x 38mm.

Henk

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 8:19 pm
by Hugo
Henk wat prys die jag buddys deesdae? R600?

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Sun Jun 30, 2013 10:10 pm
by Silent Hunting
Hugo,

Hy is R650. Glo dit is nogsteeds beste waarde vir geld in die mark.

Mooi foto daardie.

Groete,

Henk

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Fri Oct 11, 2013 6:44 am
by Reggie Gerber
Henk jy't n PM ;D

Re: Klein ligte silencer wat goed werk

Posted: Fri Oct 11, 2013 7:42 am
by Silent Hunting
Reggie,

Het pm terug gestuur. Buddy het 4 kamers en is nog steeds selfde prys, R650.

Groete,

Henk