Page 1 of 3

Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Thu Oct 28, 2010 8:52 pm
by Monrique (SJ)
Naandse k?rels,  ek wil bietjie raad vra i.v.m die 30-0kwes se herlaai. Kan julle my help met watse kruit en primers om te gebruik saam met 165gr Hornady Interbond?? Ek het gedink S335 met CCI 200,sal mooi werk! Luister graag wat julle s?.    Groetnis  SJ

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Fri Oct 29, 2010 7:51 am
by Beyers
Soene en vroue en al daai dinge

Ek gebruik die volgende:
CC1 200 Primers
53gr S341
165gr Hornady Interlock
Loop 22" 1:10 Twist
Spoed 2700fps

Ek het vro?er Interbonds gebruik maar teen R7,50 'n punt was dit te styf.
CC1 200 Primers
52.5gr S341
165gr Hornady Interbond
Loop 22" 1:10 Twist
Spoed 2650fps

Beyers

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Fri Oct 29, 2010 9:54 am
by Brno308 jagter
SJ

Ek raai jou liewers aan om S365 kruit te gebruik. Die spoed is meer en volgens my groepeer die 30-06 beter met S365 kruit.

Ek laai Hornady Interlocks 165gr in my 30-06 soos volg:

53gr S365 kruit
CCI 200 Primers
PMP Doppe

Spoed 2800ft/s

Ek groepeer 1MOA op 'n 100m met die lading.

Hoop dit help

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Fri Oct 29, 2010 11:04 am
by WillemS
Sj

1:50gr S365
  180gr Sierra Gameking
  CCi200 primers
  Lapua Doppe

2: 53gr S365
    165gr Sierra Gameking
    CCI 200 Primers
    Lapua doppe

Hoop dit help!

Willem

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Fri Oct 29, 2010 2:02 pm
by Nico Harris
ek laai 57gr s365 om n tromp snelheid van 2750ft/s te kry met 180gr Accubonds. ek gebruik winchester doppe wat net ge necksize is. ek gebriuk cci benchrest primers en my tpl is 85.1mm.

groete

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Tue Nov 02, 2010 7:49 pm
by Monrique (SJ)
Baie dankie vir die reply manne ek waardeer dit.

Groetnis

SJ

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Tue Jan 11, 2011 1:42 pm
by Willie
My ladings :

Hornady v-Max 110Grein
COL 81,5 mm
CCi 250 magnum primer
54,5 S341 dryfmiddel
3300 Voet per sek
Hierdie is dodelik vir Vlekkie en sitbok  :angel:


Hornady 130 Grein SP
COL 79 mm
CCI 250 magnum primer
48 s341 dryfmiddel
2870 voet per sek

Hornady 150 Grein
COL 81,7 mm
CCI 200 primer
56 gr S365 dryfmiddel
2836 voet per sek

Hornady 165 BTSP
COL 82 mm
CCI 200 primer
52 gr S365 dryfmiddel
2628 voet per sek

Hornady 186 gr BT
COL 81,7 mm
CCI 200 primer
51 gr S365 dryfmiddel
2580 voet per sek

Willem

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Mon Jan 17, 2011 1:22 pm
by Wouter Roets
Hallo SJ

Die Intebonds is baie lekker koeels met oor die algemeen goeie groepering vir n jagkoeel. Hulle is nie heeltemal premuim koeels nie, met so gewigsretensie in die 70-85% klas. Nog steeds nie sleg nie!
As jy vir my kan bietjie doepa gee oor looplengte en twist en jou dopkapasiteit en TPL na die groewe toe kan ek jou dalk moontlik help met n akkuraate lading. Sal jou baie tyd, moeite en geld spaar.

Groete
Wouter

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Tue Jan 25, 2011 11:46 am
by DiscoBiscuit
Goeie dag,

Ek is nuut op die forum so sal net my nek uitsteek waar ek bietjie ondervinding het.

My ladings is : S365 --- 54 gr.
                    Norman Doppe
                    PMP LR Primers 
                    Sierra 165 Gamekings BT     
                    COL is 82 mm

Groete.

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Jan 26, 2011 11:35 am
by Willie
DiscoBiscuit

Ek vind dat my primers reed plat druk op 52 gr S365
Hoe lyk jou druk . Nie dalk te hoog nie of is ek maar net oor versigtig ? :angel:

Groete
Willem

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Jan 26, 2011 1:34 pm
by Nico Harris
Hi willem! Ek laai 57gr s365 agter 180gr koeels om 2750ft/s te kry. Met niks druk nie. Ek seat my koeels ver uit en gebruik winchester doppe wat baie kapasiteit het!

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Jan 26, 2011 1:35 pm
by Nico Harris
Hi willem! Ek laai 57gr s365 agter 180gr koeels om 2750ft/s te kry. Met niks druk nie. Ek seat my koeels ver uit en gebruik winchester doppe wat baie kapasiteit het!

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Jan 26, 2011 3:14 pm
by Stefan764
Willie en ander

Soos wat ek van n betroubare bron (ook lid hier opi forum) verneem kan jy nie genoeg S365 kruit in n 30-06 of 7x64 dop kry om gevaarlik te raak nie.

Ekt gister met my 7x64 (mos mar dieselle dop) geskiet 110gn IMPALA, 84mm TPL, met 59,2gn S365 kruit vir n spoed van 3330ft/sek

Stef

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Thu Jan 27, 2011 10:35 am
by 375Ruger
More,

Kan iemand help met laai data vir 110gr Barnes TSX punte? Ek is nie op soek na spoed nie maar wel n lading wat my seuns kan hanteer. Geweer is Remington 700 ADL, redelik lig en hanteerbaar vir hul grootte. Hulle wil begin jag die jaar en beoog om die 110 gr op niks groter as Rooibokke/ Blesbokke te gebruik nie.

Dankie

Willem

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Thu Jan 27, 2011 8:48 pm
by Wouter Roets
Hallo Willem
As jy jou looplengte en dopkapasiteit kan gee kan ek vir jou n meer akurate lading gee.
Probeer so 54gr S365 vir n spoed van 2730ft/sek en TPL van 84mm.

Groete
Wouter

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Sat Jan 29, 2011 1:20 pm
by fanie17
Stem sam met Wouter S365, 54g,hang af van jou dop.Ek gebruik pmp vir die beste resultate.

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Sun Jan 30, 2011 3:37 pm
by 375Ruger
Dankie vir die inligting.

Ek het n paar Nosler doppe gekoop wat ek wil probeer. Daar is ook Norma doppe wat 1 keer gevuur is. Ek weet nie wat die dop kapasiteit is nie , Nosler of Norma. Die doel van die oefening is om die skop so lig moontlik te maak sodat ek nie die ouens afskrik nie. Ek het n .25-06 wat ideaal sou wees maar die wapen is swaar en die kolf te lank vir hulle om behoorlik deur die teleskoop te sien met die kolf in die skouer.

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Mon Jan 31, 2011 8:39 am
by Stefan764
375Ruger wrote: .... Ek weet nie wat die dop kapasiteit is nie , Nosler of Norma. ....
Halo Ruger

Vat jou herlaaiskaaltjie en weeg n klaargevuurde dop (in jou geweer waarvoor jy wil laai) . Weeg nou dieselfde dop vol water (H2O). Trek 2 waardes van mekaar af en jy het jou dopkapasiteit, vir dai spesifieke dop gevuur in daai spesifieke geweer.
375Ruger wrote: ..... Ek het n .25-06 wat ideaal sou wees maar die wapen is swaar en die kolf te lank vir hulle om behoorlik deur die teleskoop te sien met die kolf in die skouer.
Swaar kolf gaan help met recoil. Tweedens, sit n Leopold op vir lekker lang eye-relief, dalk help dit??

Groete
Stef

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Thu Feb 24, 2011 9:22 pm
by Hornet
Hi Almal

Soveel gewere en skuts soveel kombinasies. Elke ou het maar sy resepie wat vir sy wapen pas.

My ou Littleton doen uitstekend met die volgende;
Doppe - PMP
Kruid  - S341
Lading - 55,5 Gr
Hornady SP 150
CCI 200 Primers
Doplengte - 62.92 mm
OAL -  83.30 mm
Spoed - 2950 vt/sek
Groepering - 3 skote sny op 200 meter

Hoop dit kan iemand iewers help.

Groete
Andre

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Fri Feb 25, 2011 6:51 pm
by fanie17
Hornet
Wat is jou twist .Hierdie is goed vir so n ligte koel in 30-06

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Mar 09, 2011 12:07 pm
by Hornet
Hi Fanie

Jammer man - jou nognie geantwoord. Maar glo my ek weet nie, sal moet bepaal - nog altyd gewonder wat dit is. Sal bevestig.

Blessings.

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Wed Mar 09, 2011 5:54 pm
by fanie17
Ek voel nog altyd n 30-06 is vir 180gr gemaak ,ek sien Willem wil 110gr wil skiet,As jou geweer 110 gr stabiliseer sal dit buitengewoon wees behalwe as jy met Barnsx of so iets skiet wat n lang koel is

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Mon Jun 13, 2011 7:59 am
by Hugov
Hello almal. Ek kort bietjie informasie rakende "load development" met barnes ttsx 180 grein in my 3006 Brno.
Ek wil S365 lot 63 gebruik wat is min en max vir die Barnes x? Ek het somchem se data vir gewone lood koeels maar kry nie die informasie rakende die monolitiese koeels nie.
Baie dankie.Groetnis H

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Mon Jun 13, 2011 8:25 am
by tripodmvr
Nuwe Barnes TSX of TTSX is baie soos loodkoeels. Begin by minimum en werk op.

Re: Herlaai data vir 30-06 Springfield

Posted: Mon Jun 13, 2011 10:03 am
by SmitH
Ek laai GSC HV 150 gr met 54.5gr 355 kruit en pmp doppe