Page 1 of 1

Sons of Guns op DSTV.

Posted: Wed Jun 26, 2013 9:40 am
by Chevvy SS
Ek het verlede week toevallig daarop afgekom op kanaal 121. Ek dink dit is van so 18.00 tot 18.40.

Baie interressant wat hulle in hulle werkswinkel maak vir skietgoed. Kyk maar....

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Wed Jun 26, 2013 11:04 am
by Eugene
Ek geniet hulle nogal! Die grootbaas is bietjie cowboy en grootbek, maar wat hulle alles kan bou en doen daar in die US of A, laat my lekker droom...

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Fri Jun 28, 2013 6:10 pm
by muismaree
Daai chick maak die program die kyk werd.. Amper beter as die een van Mythbusters ;D

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Fri Jun 28, 2013 6:27 pm
by Cobus(Cobb)
muismaree wrote:Daai chick maak die program die kyk werd.. Amper beter as die een van Mythbusters ;D
Neewat, Stef (sons of guns)kannie kers vashou by rooikop Kari Byron nie....sy is die 2e mooiste girl in die wereld,,,,,

Cheers

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Sat Jun 29, 2013 7:55 am
by theedge
Kyk Byna elke dag daarna - net jamer hulle herhaalso baie

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Sun Jun 30, 2013 7:38 am
by vossie1
Ek wens American guns wil terug kom,dis nou n klas program en die dogter ( Page) is gaaf op die oog. Sons of guns se eienaar iriteer my so bietjie.

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Thu Jul 04, 2013 1:24 pm
by Hilux01
Ek het hulle al gesien maar ek geniet American Guns baie meer
Die reeks nou klaar so Sons in sy plek dink ek

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Thu Jul 04, 2013 8:31 pm
by JAGTERSREG-JRM
n Interesante episode was toe hulle die AR ombou het in n .458 Socom........lyk na n lekker vark geweertjie.Nudge nudge wink wink

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Thu Jul 04, 2013 10:09 pm
by Musgrave
En vanaand was Kari van Mythbusters in Sons of Guns...man, sy is sag op die oog!

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Fri Jul 05, 2013 2:18 pm
by Swys14
daai 458 socom "hog AR" episode was pret om te kyk

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Sun Aug 11, 2013 11:45 am
by Cobus(Cobb)
Ek sien oral in daai manne se workshop die Vortex scope se simbool...niks anders nie...wonder wat hulle wil sê...???

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Sun Aug 11, 2013 2:11 pm
by Marc
Cobus(Cobb) wrote:
muismaree wrote:Daai chick maak die program die kyk werd.. Amper beter as die een van Mythbusters ;D
Neewat, Stef (sons of guns)kannie kers vashou by rooikop Kari Byron nie....sy is die 2e mooiste girl in die wereld,,,,,

Cheers
+1 Cobb ;)

Sien ook as hulle gewere toets is die optics op die geweer 80% Vortex, ek wed jou dis 'n borgskap ding :)

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 8:51 am
by Eugene
Cobus(Cobb) wrote:Ek sien oral in daai manne se workshop die Vortex scope se simbool...niks anders nie...wonder wat hulle wil sê...???
Ek sien ook dis omtrent al teleskoop wat hulle op hulle gewere gebruik...

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 8:57 am
by James Wilson
Die Vortex, net n baie goeie naam in Amerika onder die AR manne. Ek kry tydskrifte van Amerika soos Rifleman en Guns & Ammo. Die Vortex het baie blootstelling en agting in die VSA.

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 3:16 pm
by Riaan Beeslaar
Middag.
As julle nou regtig moet weet watter een van die twee girls die mooiste is moet julle 'n profesionele ou op daardie gebied raadpleeg. FHM kom in.

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 3:20 pm
by FHM
Riaan Beeslaar wrote:Middag.
As julle nou regtig moet weet watter een van die twee girls die mooiste is moet julle 'n profesionele ou op daardie gebied raadpleeg. FHM kom in.

Nee o nee - ek sien die een n mylver!!!
In die hinderlaag lei jy my nie Mnr Beeslaar.
Los my ek lek nog wonde, eissshhh! :(

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 3:22 pm
by Riaan Beeslaar
FHM wrote:
Riaan Beeslaar wrote:Middag.
As julle nou regtig moet weet watter een van die twee girls die mooiste is moet julle 'n profesionele ou op daardie gebied raadpleeg. FHM kom in.

Nee o nee - ek sien die een n mylver!!!
In die hinderlaag lei jy my nie Mnr Beeslaar.
Los my ek lek nog wonde, eissshhh! :(
++>: ++>: ++>: ++>:

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 3:45 pm
by James Wilson
Aag wat ou Page het tog nie werklik haar gelyke nie. Wie gaan vir ons n poll opsit met n foto van elkeen?

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:00 pm
by RUPERT
Ek sal se American Guns se Page is nou regtig n Pop.Steff van Sons of Guns iriteer my verskriklik ek dink sy is n drama queen en kom nie baie uit die huis nie.

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:09 pm
by Cobus(Cobb)
JULLE POLL IS UP AND RUNNING, GAAN KYK ONDER GENERAL/ALGEMEEN

Re: Sons of Guns op DSTV.

Posted: Mon Aug 12, 2013 4:15 pm
by James Wilson
Dankie Koos