Page 1 of 1

Rooikat sukses

Posted: Tue Jun 25, 2013 8:49 pm
by tau
Manne my pa het 17:00 verneem van ons skaapwagter dat een van ons lammers gisteraand deur 'n Rooikat gevang is. Uit die kraal met 1.6 m baksteen mure. Hy stel toe die hoek so 17:20 en kom terug werk toe( ons boerdery is so sideline). Toe hy na werk by die huis kom gaan loer hy by die kraal. Een enorme rooikat mannetjie en die tyd ......18:15. Dit het lekker gereen hier so alle reuke was darem lekker weggewas. Dus nou al die 3 de groot kat wat ons teen die kraal vang na of gedurende swaar reen.

My pa het nou al 6 met sy hok gevang met lewendige lam in 'n vals hokkie in die agterkant van die vanghok wat so 5 cm gaping tussen die ongedierte kant en die aas kant het dat die kat nie die lam kan beseer nie.

Re: Rooikat sukses

Posted: Thu Aug 15, 2013 11:38 am
by Tampie
My pa boer in Kroonstad langs die rivier en hy het die afgelope twee en 'n half maande 12 Rooikatte met hokke gevang terwyl ons 5 ingeroep en geskiet het. Ons boer al LANK daar en kan nie verstaan waar al die goed ewe skielik vandaan kom nie...

Re: Rooikat sukses

Posted: Thu Aug 15, 2013 1:45 pm
by Dawie
Tau

Het julle jakkalse ook in Tulbach?

Re: Rooikat sukses

Posted: Thu Aug 15, 2013 3:28 pm
by Jakkie 321
Wattter klanke het jy gebreuk om die rooies in te roep?

Groette

Re: Rooikat sukses

Posted: Thu Aug 15, 2013 11:15 pm
by Tampie
Drie van hulle met n klein vlakhaas klank en twee met n steenbok klank.

Re: Rooikat sukses

Posted: Fri Aug 16, 2013 9:42 am
by Jakkie 321
Tampie, Dankie vir hoe lank het jy die klanke gespeel en hoe hoe lank het dit gevat vir hulle om in te kom?

Groette

Re: Rooikat sukses

Posted: Sun Aug 18, 2013 12:30 pm
by Stefan764
Jis ek dink nou aan die arme lam daar in die vanghok wat so paar sentimeter af staan van daai spuls rooikat wat nou wil uitklim. Seker dam nie n lekker gevoel nie...

Mooi John, bly julle het die wetter.

Re: Rooikat sukses

Posted: Mon Aug 19, 2013 1:53 pm
by Tampie
Jakkie321,
Ek het die klanke maar standard 3-5min gespeel met dieselfde of bietjie langer rus tussenin. Die vinnigste een het 15 minute gevat om in te kom en die langste twee net meer as 'n uur. Katte kan partykeer bietjie meer traag wees as Jakkies...
Groete.

Re: Rooikat sukses

Posted: Wed Aug 21, 2013 3:30 pm
by tau
Dawie wrote:Tau

Het julle jakkalse ook in Tulbach?
Dawie die manne praat so, maar die twee wat ek na toe is was albei Vossie's wat lekker hulle hare pof. Ek het maar altyd anderkant Touws jakkies gejag, maar my pel het hulle plaas verkoop en ek doen dit mos nie vir geld of professioneel nie, so my ligte en goed het laaaaaaaank laas gewerk.

Ons kraal wel elke aand en het op 220ha 3 krale om vertrapping te probeer verminder en die jong goed en ooie te skei. Die rooikatte en Luiperd sal ons bankrot vreet as ons nie kraal nie.

Re: Rooikat sukses

Posted: Wed Aug 21, 2013 6:42 pm
by Dawie
tau wrote: Dawie die manne praat so, maar ........
Gaan een aand uit en gee 'n jakkalsroep en vertel ons bietjie of jy iets gehoor het...

>:+

Re: Rooikat sukses

Posted: Thu Aug 22, 2013 11:05 am
by tau
Dawie wrote:
tau wrote: Dawie die manne praat so, maar ........
Gaan een aand uit en gee 'n jakkalsroep en vertel ons bietjie of jy iets gehoor het...

>:+

Ek het by ons plaas, maar die werkers en ons eie honde het mal geraak.