Page 1 of 1

Herlaai stel gesoek

Posted: Tue Jun 25, 2013 11:49 am
by hdreyer
Is daar enigiemand wat moontlik opgegradeer het en 'n goeie volledige herlaaistel vir my beskikbaar het. Ek is 'n beginner, en wil vir my .308 herlaai.

Logies gesproke wil ek nie 'cheap' gaan nie, maar het ook finansiele beperkings :laugh:

Re: Herlaai stel gesoek

Posted: Tue Jun 25, 2013 12:22 pm
by Eugene
Kyk na die Lee herlaaistel, hy het alles wat jy nodig het, behalwe 'n Powder trickler en 'n ordentlike balkie skaal. Het hulle onlangs op internet gesien vir R1600-00, dink by hunt online. Saam met powder trickler en 'n elektroniese skaal, gaan dit jou so R2200 uitwerk, splinternuut en is goed genoeg om mee te begin en vir baie lank te herlaai. Die ander "beter" make gaan jou tussen R5000 en R8000 kos.

In my opinie is 'n balkieskaal beter as 'n elketroniese een en jy kan dalk nog 'n tweedehandse een op die forum optel vir so R1500.

Re: Herlaai stel gesoek

Posted: Tue Jun 25, 2013 2:42 pm
by NicoSmit
By Camdix in Krugersdorp gaan hulle vir R1795 stel self belang in een

Re: Herlaai stel gesoek

Posted: Tue Jun 25, 2013 3:32 pm
by BRNO (Pierre)
Ek laai nou reeds n jaar met my Lyman500 balkieskaal, wat ongeveer R900 kos, was n jaar terug R650, en hy gee my ES van kleiner as 20fps. Dus hoef jy nie een van die duurder skale te koop as jy nie nou daarby kan uitkom nie. Ek sou glad nie n goedkoper elektroniese skaal aanbeveel nie. Hulle is goed om jou geweer op te zero.

Re: Herlaai stel gesoek

Posted: Thu Jun 27, 2013 6:24 am
by Johan22
Ja ek stem saam met die elektoniese skaal hulle adverteer nie sleg pryse vir skale(balkie) op junkmail.

Re: Herlaai stel gesoek

Posted: Thu Oct 17, 2013 10:41 pm
by Joe308
Lyman is nie sleg nie, Camdix in Krugersdorp hou nogals baie Lyman voorraad.