Page 1 of 1
Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:24 am
by DWB
Hallo menere,
Het een van julle enige ondervinding met die bogenoemde teleskoop?
Of selfs net die reeks?
Wil moontlik een op my 9.3 sit?
Gaan die IR Probleme gee onder die recoil? Die geweer is lig so hy byt lekker.
Ek het reeds 'n 30mm tube scope so dit sal my goed pas as ek nie nuwe QD Ringe hoef te koop nie.
Dis of hy of die VX3 2.5-8x36
Geweer word gebruik in die bosveld
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:39 am
by Lourens
Deon,
Ekself is nog altyd 'n voorstaander van Illuminated reticles. Baie manne se dis 'n gimmick maar ek glo dit het sy plek wanneer jy hom rerig nodig kry. Ek geniet die Trijicon op my 375 baie. Daai 2-7 hoort mooi te loop op jou 9.3. Die naam is Leupold, ek glo nie jou 9.3 se recoil hoort te veel van 'n uitdaging vir hom te wees nie.
Groete,
Lou
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:40 am
by Wouter Roets
Deon
Dalk nie n slegte keuse as n mens jou bosvark ekskapades in ag neem nie. Dit tesame met die feit dat jy klaar 30mm ringe het maak baie sin. Die teleskoop sal daai punch van die wannebe 375 met n smile kan vat.
Groetnis
Wout
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:41 am
by DWB
Hehehehe Lou, Hierdie mannetjie van my kan maar redelik wetter. Die geweer is baie lig!
Dis hoekom ek hom so baie like!!!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 9:42 am
by DWB
Hehehehehe, ou Wout, gelukkig is jy die een wat my aangeraai het om daai roer te koop, en nee wat hy is 'n 9.3 en wil niks anders wees nie!
Dis hoekom ek vir my 'n 404 sal kry.
Ek is eintlik meer bekommerd oor die IR as oor die scope!
Maar dit klink wiele met 'n P!
WIEPE!!!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 10:47 am
by mariusr
Nee wat daai vx -r gaan mooi loop op die 9,3 het self vx3 1.75x6 op die 9,3 maar hou van die vx -r jy kan daai rooi liggie stel donker of lig of af sit as jy dit nie gebruik!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 10:58 am
by DWB
Nou net om iemand te kry wat een in voorraad het teen die regte prys!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 11:13 am
by mariusr
Zimbi in prt het gehad dis waar ek gekyk het as reg onthou was net so oor die 5k!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 11:19 am
by DWB
Zimbi is tans die duurste teen R6970 en hulle is nie eers bereid om te negotiate nie. Dan kom posgeld ook nog by
I-Warehouse gee hom vir R6670 posgeld ingesluit!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 11:26 am
by mariusr
Dan is die pryse nou weer gelaai oor die swak rand was defnitief net oor die 5k gewees het amper gekoop toe my gat nou weer jeuk is eintlik nou spyt ek het nie maar toe gekoop! S@O sal seker dan ook daar rond wees probeer Landmark miskien is hul pryse beter!?

Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Tue Jun 25, 2013 11:40 am
by DWB
Dankie Oom Marius,
Was bietjie haastig toe het ek by I-warehouse bestel.
Hulle het my 'n goeie prys en goeie diens gebied!
Sou graag by S&O koop, maar hulle wys geen voorraad op die website nie en ek was bietjie haastig
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Thu Jun 27, 2013 9:49 am
by DWB
Jis manne! Ek sit met een GROOOOOOOOT smile op my gesig!
Die Leupold het nou net hier aangekom en dis flippen excellent!
Lunchtime gaan ek hom mount!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Thu Jun 27, 2013 9:50 am
by DWB
Julle kan gerus met die manne by Iwarehouse koop!
Goeie pryse en diens!
Re: Leupold VX-R 2-7x33
Posted: Thu Jun 27, 2013 5:36 pm
by mariusr
Jaloers is ek nou!
