Page 1 of 1
Geweer aksies
Posted: Mon Jun 24, 2013 5:16 pm
by rudib
Is daar iemend wat Stiller of Remington aksies invoer? Daar is n groot tekort aan goeie aksies.
Re: Geweer aksies
Posted: Mon Jun 24, 2013 7:08 pm
by Arnold
Probeer Armtec vir n Barnard met Rem700 footprint. Hulle was R16500 twee weke terug vir die aksie alleen.
My slotsom was dat om n Remington geweer te koop goedkoper was as om n Remington aksie in te voer.
Re: Geweer aksies
Posted: Mon Jun 24, 2013 7:12 pm
by rudib
Ek hoor jou Arnold. Begin sterk dink daaraan.
Re: Geweer aksies
Posted: Mon Jun 24, 2013 8:06 pm
by Arnold
Dit is nie n lekker situasie nie ....
Re: Geweer aksies
Posted: Mon Jun 24, 2013 8:16 pm
by rudib
jy weet presies.....
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 7:45 am
by Zack Benade
Arnold
My slotsom was dat om n Remington geweer te koop goedkoper was as om n Remington aksie in te voer.
Stem saam met jou.
Die geweer, jag wereld is maar 'n deurmekaar spul in Suid Afrika.
Iemand het iemand aan die B*l's beet. (dis nie net Adriaan stauss nie)
Ek wonder wat ons sal doen as jy 'n nuwe motor moet koop as jy net die engine wil gebruik?????

Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 8:08 am
by rudib
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 1:30 pm
by Riaan Beeslaar
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 1:41 pm
by Eugene
Miskien moet 'n organisasie soos SA JAgters hulle eie invoermaatskappy stig en begin om hulle lede te voorsien van bekostigbare toerusting. Dink net hoe gaan daai 32000 (askies, 31999 + Kopskoot

) lede vermeerder, as jou lidmaatskap jou toegang gee tot goedkoper toerusting deur die middelmanne uit te sny...
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 1:59 pm
by Zack Benade
Eugene
Dit wat jy sê maak sin en dit kan verseker prakties wees tot voordeel van die jagter en die organisasie.
Wat ek nie kan begryp nie. Sekere verskaffers voer gewere in as "barrel actions" en sit later die kolf vas., Dit kos hulle heelwat goedkoper. Maar as jan publiek 'n aksie soek word hy basies gedwing om die hele geweer te koop. Dit klop nie vir my nie.
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 2:16 pm
by Arnold
Onthou ook dat meeste custom aksie vervaardigers in Amerika reeds op backorder is en hulle gaan eers hulle plaaslike mark voorsien.
In baie gevalle is dit nie dat die winkels nie die aksies wil invoer nie maar eenvoudig dat hulle nie aksies kan kry nie.
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 2:29 pm
by Eugene
Zack Benade wrote:Eugene
Dit wat jy sê maak sin en dit kan verseker prakties wees tot voordeel van die jagter en die organisasie.
Wat ek nie kan begryp nie. Sekere verskaffers voer gewere in as "barrel actions" en sit later die kolf vas., Dit kos hulle heelwat goedkoper. Maar as jan publiek 'n aksie soek word hy basies gedwing om die hele geweer te koop. Dit klop nie vir my nie.
Zack, $$$$$$$ is waaroor dit gewoonlik gaan...
Hoekom kos 'n teleskoop wat ek self invoer, my 50% goedkoper (na shipping en import duty!) as wat ek dit by 'n plaaslike agent kan koop? Hulle koop tog in grootmaat en kry beter pryse en die shipping word tog verdeel tussen 'n klomp artikels?
Almal moet geld maak en almal het overheads, maar 'n 100% markup?
Nee wat, ek sal nie weer verneuk word nie, dan koop ek eerder dit wat ek kan self oorsee en voer dit in...
Re: Geweer aksies
Posted: Tue Jun 25, 2013 6:22 pm
by tafjak
Kry iemand wat die goed teen bekostigebare (lees RSA) pryse kan maak! daar is manne wat dit kan doen - nou die dag so proeflopie gedoen - kan nie so duur wees nie.
Dink tog dat so rondom R6k die goed gemaak kan word
Mooiloop
Re: Geweer aksies
Posted: Thu Aug 22, 2013 9:36 am
by ZKK
Is daar enige ander aksies behalwe Barnard aksies huidiglik in RSA beskikbaar?
(die Barnard is nie vir my n mooi aksie nie, net my persoonlike smaak)
As enigiemand weet wie aksies invoer en pryse sal ek baie waardeer as hulle dit hier kan post.
Miskien kan iemand vir my n aanbeveling maak.
Watse aksie sal n lekker duel enkelskoot jag/skyfskiet aksie maak (verkieslik enkelskoot).
Jammer as ek die post so rapsie hi-jack
Groete
ZKK
Re: Geweer aksies
Posted: Thu Aug 22, 2013 9:50 am
by tripodmvr
Hoekom kontak julle nie Ralph Badenhorst - hulle maak hul eie valblokaksie en het CNC masjiene.
Re: Geweer aksies
Posted: Thu Aug 22, 2013 10:43 am
by ANDRIES
Ek probeer al seker 5 jaar lank op magnumaksies can CZ af te kry.Volgens hulle is die aanvraag vir gewere te groot om los aksies te verkoop.