Page 1 of 1

Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sat Jun 22, 2013 4:06 pm
by LouisR
Middag Menere
Ek wil graag weet of iemand my kan se wat verkil is tussen die Fullfield en Timberline reekse van Burris, buiten dat Timberline korter is? Wil graag teleskoop op 'n fullstock 30-06 met 'n 17duim loop sit, dis 'n baie kompakte geweertjie. Het gedink die 4.5-14x 32 Timberline sal lekker werk as ek hom kan mount, sien die Fullfield kom in 2-7x35, is dit prakties om tot 14x vergroot in so klein lens en hoekom doen ander dit nie meer nie? Ek kyk ook na die Leupold VX1 2-7x33 en Nikon Monarch 2-8x 32, of moet ek maar een maal gaan vir x40/42 lens? So luister graag na jul menings.
Groete
Louis

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jun 23, 2013 1:46 am
by uitenwaj
Hallo LouisR

Ek ken net die fullfield reeks van burris en glad nie die timberline nie.

Ek neem aan daai geweer gaan net vir bos skiet gebruik word en net vir kort afstande. Vir die bos is n 3x9x40 meer as genoeg. Maar as jy iets met n 50mm of 56mm lens kan kry is dit net soveel beter vir daai vroee oggend ef laat middig skemer skote.

Dink net hoe sleg sal dit wees as daai mooi kudu of eland in skemer tyd 80m voor jou in die pad stap en jy kan nie eens daai bok in jou scope sien nie oor dit nie genoeg lig deur laat nie. :'(

Groete
Arno

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jun 23, 2013 7:03 am
by DWB
Die Burris FF 2-7x35 is 'n baie lekker scope. Het een op skoonpa se 375

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jun 23, 2013 1:38 pm
by Hleroux
DWB wrote:Die Burris FF 2-7x35 is 'n baie lekker scope. Het een op skoonpa se 375
Ek het die timberline 4.5 - 14 op my .338 en hy werk lekker met se goeie eye relief.

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jun 23, 2013 7:14 pm
by LouisR
Herrie het jy dit ooit vergelyk met die Fullfield toe jy die besluit gemaak het? Kan jy gewone ringe gebruik? Ek verstaan hy het 'n heelwat korter buis. Arno, dis my enigste geweer, het dit daai tyd gekry omdat ek gedink het dit sal lekker in die bos werk, maar jag tans meer in Vrystaat, darem nie heeltemal oop vlaktes nie. Die rede hoekom ek bietjie groter vergroting sal verkies is omdat ons weer die naweek moes soek vir bloed op 'n Bwb wat gekwes was en in die trop gestaan het. 6x was net nie genoeg nie.
Groete
Louis.

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jun 23, 2013 7:55 pm
by uitenwaj
LouisR kyk dan na die Burris FF2 4.5x14x42 Mtac met Ballistic Plex reticle. Ek het een op my 308 en skiet gemaklik tot op 300m dan begin die kruishaar bietjie dik word vir teikens maar sal nog mooi werk vir blad skote.

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Tue Jun 25, 2013 3:39 pm
by Hleroux
LouisR wrote:Herrie het jy dit ooit vergelyk met die Fullfield toe jy die besluit gemaak het? Kan jy gewone ringe gebruik? Ek verstaan hy het 'n heelwat korter buis. Arno, dis my enigste geweer, het dit daai tyd gekry omdat ek gedink het dit sal lekker in die bos werk, maar jag tans meer in Vrystaat, darem nie heeltemal oop vlaktes nie. Die rede hoekom ek bietjie groter vergroting sal verkies is omdat ons weer die naweek moes soek vir bloed op 'n Bwb wat gekwes was en in die trop gestaan het. 6x was net nie genoeg nie.
Groete
Louis.
Ja ek het hulle vergelyk;
Ek was nie lus om die half moon klub te join nie. Die timberline het 'n 4 tot 5 duim eye relief, so hy kom nie naby aan my oog nie selfs met free recoil op die bench. Ek gebruik die normale ringe op my Sako en my swaer het een op sy Ruger .338 met die standaard ringe. Moet nie die scope vlak kyk nie , jy sal verbaas wees met sy helderheid op x14 net so goed soos 'n x16 vergroting. Gerus 'n kyk werd veral op 'n geweer met goeie recoil. Hy het ook 'n lekker kruishaar met balistic plex. Sal ek hom weer koop? Sonder twyfel en sy prys is ook goed. Hy komplimenteer my bos geweer omdat hy so kompak is. Hy staan niks terug vir my nikon 6-24x50 wat op my cz .308 varminter is wat helderheid betref nie. Hy sukkel ook nie mirage op vol vergroting soos met die 20 of 24 vergroting scopes nie. Maar laat ek stop anders dink jy ek werk vir burris. :)

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Tue Jun 25, 2013 4:21 pm
by LouisR
Dankie Herrie, dis presies die tipe inligting waarvoor ek gehoop het, baie dankie.
Groete
Louis

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Wed Jun 26, 2013 11:46 am
by Coenie (Swift)
LouisR,

Ek gebruik altwee, en die groter 42mm is ooglopend beter en helderder as die kleiner timberline.
Sou die timberline nie gevat het nie, maar was enigste wat met geweer kombinasie gewerk het sonder modifikasies en ekstra geld. Mens skiet maar meer en word dit gewoond.

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jul 14, 2013 7:00 pm
by Hleroux
Hi louis,

Het jy toe beluit?

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sat Jul 27, 2013 9:19 pm
by LouisR
Herrie, ek kon nie deur een van hulle kyk nie VLT was weer uit voorraad uit, blykbaar kan hulle nie voorbly nie, toe besluit ek maar op 'n Vortex Diamondback.

Re: Burris Timberline vs Fullfield

Posted: Sun Jul 28, 2013 2:26 pm
by Hleroux
Hi,

Jy sal tevrede wees met die Vortex. Hierdie voorraad kwessies maak my klaar.

Groete
Herman