Page 1 of 2
Savage 12FTR .308
Posted: Mon Oct 25, 2010 2:47 pm
by Witpietskiet
Dag mense,
Ek weet nie hoeveel van julle skiet F-klas nie, maar ek wil graag begin en soek bietjie raad asb.
Ek het die laaste tyd baie rond gekyk en gelees oor die geweer wat jy nodig het (ek wil graag die FTR klas skiet) so wat ek nodig het is iets soort gelyk soos die ou RSA 308 plank gewere, die probleem is net dat hulle baie skaars raak en die wat jy kry redelik hard gewerk het.
Ek kan nou wel n Savage 12FTR 308 kry, is ook n enkel skoot aksie, 30 duim loop, benchrest kolf, s/steel met n 1 op 12 twist.Kan hom kry vir so R14500
Het ook na die Remington gekyk maar sy loop is net 26 duim.
Is daar iemand wat iets weet of wat met een van hierdie gewere skiet, soek net bietjie hulp en raad voor ek die deposito moet betaal om hom te laat invoer.
Wag om iets te hoor van die slim manne......dankie

Re: Savage 12FTR .308
Posted: Mon Oct 25, 2010 4:45 pm
by DSBW
Yes Piet
Goeie keuse ou maat, die yanks skiet baie die Savage in FTR, in SA is daar ookal 'n paar op die baan, alhoewel die meeste manne nog die plank gewere gebruik met scope op. Hierdie Savage model is spesifiek ontwerp vir FTR, en volgens alle berigte skiet hulle 'n hond in 'n bos in.
My opinie, jy sal beslis nie 'n fout maak nie, veral nie vir die prys nie. Het jy al gedink aan 'n teleskoop? Onthou dat jy een kry met genoeg elevasie verstelling, op 900 meter stel die .308 manne hier na 30 minute se kant toe!
Groete
Dawie
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Mon Oct 25, 2010 4:59 pm
by Witpietskiet
Dankie Dawie,
Ek voel al klaar beter.
As ek nou die Savage bestel is hy eers vroeg volgende jaar hier en dit gee darem nog tyd om te besluit oor die teleskoop, maar ek kyk na Leupold of Zeiss. Ek sal op n kol met jou gesels as ek die model nommers het en hoor wat jy dink.
Groete en mooi loop
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Oct 26, 2010 7:36 am
by Armand Steenkamp
Witpiet
Ek dink rerig nie jy sal verkeerd gan met daai Savage nie.Hulle skiet sommet baie fyn!En ek dink daai is n baie goeie prys!!!Wonder wat sal hulle in SA kos?
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Oct 26, 2010 8:25 am
by Witpietskiet
Armand,
Het op Safari & Outdoor se web tuiste n prys gesien van R15000, maar hulle voorraad was uit en hulle wag vir nuwes om in te kom. Moet net noem dat ek nog net goeie goed hoor van die Savage FTR en is besig om baie opgewonde te raak.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Oct 26, 2010 11:35 am
by Danie Lombard .243
Witpiet
Koop daai roer my ou mater, ek skiet nou al 10 jaar met 'n Savage en NIKS kom by daai roer se akkuraatheid nie. Lank nie meer 'n Savage loop nie, kaput geskiet maar steeds die Savage aksie. Hul is tops! EN die snellers breek soos glas, van die beste op die mark. Ek verkies my Savage sneller bo my super dooper Remington X mark pro sneller. Yardse beter. Nee, ligjare beter.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Oct 26, 2010 3:17 pm
by Witpietskiet
Wil net met julle deel dat ek so pas my Savage 308 bestel het, hoop sommer dat hy vroeg volgende jaar al hier is........

Re: Savage 12FTR .308
Posted: Wed Oct 27, 2010 12:43 pm
by Armand Steenkamp
Witpiet
BAIE GELUK.Stywe hand druk van diekand af.Hahaha al probleem is nou net daai laaaaang wag!!!!
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Wed Mar 16, 2011 8:54 am
by Witpietskiet
Ek het gister my nuwe Savage vas gehou en haar n bietjie geliefkoos.
Moet s?, dit was elke bietjie wag die moeite werd gewees.
Hoop ek kry nou my liksens baie vinnig.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Wed Mar 16, 2011 9:11 am
by Raven
Witpiet,
DIt bly maar net 'n lekker gevoel daardie.
Liksens gaan mos nie te lank vat nie man, jy skiet nog voor die biltong tyd om is.
Raven
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Thu Mar 17, 2011 4:55 pm
by Hunter xxx
Pietta
Het jy al met hom geskiet.

Hunter
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Apr 01, 2011 8:11 am
by Christoff Bosch
Witpietskiet
Jy het verseker nie 'n fout gemaak nie. Die amerikaner wat laas jaar die canadian cup gewen het skiet met so roer uit die boks uit niks modifikasies nie het 'n 5.5 - 22 x 56 Nightforce opgehad wat 'n 100 moa verstelling het en het die manne stil geskiet.
So baie geluk jy het 'n goeie keuse gemaak.
Christoff
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Apr 01, 2011 8:30 am
by Witpietskiet
Christoff Bosch wrote:
Witpietskiet
Jy het verseker nie 'n fout gemaak nie. Die amerikaner wat laas jaar die canadian cup gewen het skiet met so roer uit die boks uit niks modifikasies nie het 'n 5.5 - 22 x 56 Nightforce opgehad wat 'n 100 moa verstelling het en het die manne stil geskiet.
So baie geluk jy het 'n goeie keuse gemaak.
Christoff
Dankie Crsitoff,
Ek het so v?r ook nog net baie positiewe dinge gehoor van die Savage. Ek het kontak gemaak met 1 van Team Savage se lede wat met die gewere se skiet, net 1 van die 4 lede se gewere is gepak en dit s? vir my nogal baie.

Ek kan nou net nie meer wag om met hom n paar skote te skiet nie.
Mooi loop
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Jun 03, 2011 1:40 pm
by Witpietskiet
My lisensie gekry, teleskoop is op en ek gaan Saterdag bietjie die loop in breuk.
Kan nie meer wag nie.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Jun 03, 2011 1:43 pm
by BLOK
8 maande, glad nie sleg nie

Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Jun 03, 2011 1:45 pm
by Gerhard
Sit paar fotos op van jou geweer man...
Lekke skiet ek glo jy gaan elke skoot geniet.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Jun 03, 2011 1:47 pm
by Armand Steenkamp
Aitsa! En dit het toe ne so lank gevat nie!! Baie geluk!
Onthou om vir ons n fototjie op te sit van die geweer en die geweer se eerste groep!
Maak mooi!
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Fri Jun 03, 2011 2:13 pm
by Witpietskiet
BLOK wrote:
8 maande, glad nie sleg nie
Blok dink ook nie dit is so sleg nie, ek het vir die liksens 1 maand en 3 weke gewag.

Re: Savage 12FTR .308
Posted: Sun Jun 05, 2011 7:46 pm
by Witpietskiet
Nou ja, ek het Saterdag die Savage gaan skiet en ek is baie gelukkig met hom. Ek het so tussen die loop inbreuk ook n lading of 2 geskiet. Die wind het egter my planne so bietjie kom om krap, maar ek is baie gelukkig met die Savage. Sien die Savage wil skiet, moet hom net so bietjie "fine tune"
[img width=560 height=420]
http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00048.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00049.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00051.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i828.photobucket.com/albums/zz20 ... C00054.jpg[/img]
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Sun Jun 05, 2011 7:49 pm
by Gerhard
wow...
Ek sal darm met bree bors rondloop met sulke groepe....
Baie netjies gedoen!!!

Re: Savage 12FTR .308
Posted: Sun Jun 05, 2011 8:42 pm
by 243Songdaug
Netjies gedoen!
Pragtige wapen wat perform soos hy moet.
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Sun Jun 05, 2011 10:13 pm
by Francois Marais
Pieta
Sien hy loop soos stroop.....
Mooi loop
Francois
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Mon Jun 06, 2011 6:54 pm
by Kalahari
Pieter
Baie netjies man, ek sal wat gee vir sulke groepe.
Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat , sy met die pienk roer en jy met die grys wa. Sal 'n interessante stryd wees.
Groete
Kalahari
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Jun 07, 2011 12:01 am
by Francois Marais
Johan
Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat
Gani fair wees nie, sy skiet baie beter as hy........
Mooi loop
Francois
Re: Savage 12FTR .308
Posted: Tue Jun 07, 2011 12:07 am
by Kalahari
Francois Marais wrote:
Johan
Nou kan jy en Ilana mekaar aanvat
Gani fair wees nie, sy skiet baie beter as hy......
FM
Kom ons hoor wat Pieter se op hierdie stelling......
Groete
Johan