Page 1 of 1

Jag plek

Posted: Sun Oct 24, 2010 5:01 pm
by Pvdw
Goeie dag almal.

Ek weet nie hoe gereeld julle die versoek kry nie en of julle al moeg is vir so iets nie maar ek wil tog probeer.

Ek het my 2 seuns die laaste jaar en 'n half geleer van wapen veiligheid/verantwoordelikke gebruik en ook om darrem raak te skiet.
A.g.v. die alombekende lisensie nagm?rie het ek 2X .50cal swartkruit rookpale gekoop.Wag vir die .303 en 30-30 >:( Wel my 2 seuns het hulle deel van die ooreenkoms gehou en ek (en lede by die klub) voel dat hulle nou reg is om veld toe te gaan en dalk 'n vark of so te skiet.

Aangesien dit nie jagseisoen is nie het ek gewonder of daar nie dalk iemand op die forum is wat hulp nodig het met pesdiere/varke in die gesaaides nie ??? ??? Die voorlaaiers is akuraat genoeg om vlakkies tot op so 75-80m max om te stamp. 'n Dagbesoek of 'n betaalde oorbly is als in orde. Die vleis is ook nie 'n krisis nie en as jy dit wil hou is dit ook reg so. Ek wil net graag my seuns kaans gee om uit te kom en te begin doen waarvoor hulle beide gewerk het.

Ja die jagseisoen wat voorl? sal ek hulle wel vat om te jag maar as hulle dan al reeds 'n varkie op die lys het kan dit die winter dalk 'n Rooibok wees.

Laat weet asb. as daar so 'n geleentheid nie te v?r vanaf Pretotia is.

Dankie.

Peet

Re: Jag plek

Posted: Sun Oct 24, 2010 5:18 pm
by Francois Marais
Peet

Baie mooi gebaar, en as jy nader was het ek n haas uit die hoed gepluk, maar reken n Duits-Wes besoekkie is seker buite die kwessie??

Mooi loop
Francois