Page 1 of 1
Tierboskat
Posted: Tue Jun 18, 2013 6:44 pm
by Ian
Ek ry Sondagoggend op die plaas en merk 'n "HIGHWAY" van katspore op. Ek stel drie vanghokke wat in die area is met Sardines, catnip en foil. Gisteroggend sit die Tierboskat en ek het die afgelope nege jaar nog net drie gevang op die plaas. Dit is darem 'n pragtige dier en was ek bly om hom weer te sien. Die valhek is oopgemaak en hy het met 'n vaart daar weggetrek en in die bosse verdwyn.
Re: Tierboskat
Posted: Tue Jun 18, 2013 6:49 pm
by Gerhard
Mooi man...
Hulle is pragtig, kry hulle redelik gereeld op die plekke waar ek roep.
Re: Tierboskat
Posted: Tue Jun 18, 2013 7:40 pm
by mariusr
Regtig pragtige dier mooi gedaan dat ons hulle beskerm!
Re: Tierboskat
Posted: Tue Jun 18, 2013 7:42 pm
by G-force
Dankie vir die foto Ian.Dis bitter mooi.
Re: Tierboskat
Posted: Wed Jun 19, 2013 6:21 am
by Reggie Gerber
Dankie vir die deel Ian
Pragtige cat
Re: Tierboskat
Posted: Wed Jun 19, 2013 8:42 am
by Carl
Mooi kat daardie en 'n baie goeie voël jagter. Ek sou nie dink daar is nog oor in die Dome nie, wys jou net hulle pas goed aan.
Re: Tierboskat
Posted: Wed Jun 19, 2013 10:00 am
by mariusr
Jare terug toe ek nog laaitie was en in kuruman gebly het het my pa hulle mense geken met mak een op plaas hy het nooit enige plaas diere aan geval maar het die duiwe en rotte geroer daar was later nie meer een rot of muis oor in die skuur hy het toe maar later die pad gevat seker maar wyfie gesoek nooit weer terug gekom!