Page 1 of 1

Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 11:24 am
by RUPERT
Manne

Ek wil graag my ondervinding met julle deel.Ek het in die begin van die jaar begin dink om n KD op my geweer te sit en maak toe soos enige goeie Jaracal man en praat met die ander manne op die forum en vra raad.Dit is hoe ek op "Silent Hunter" se KD afgekom het.

Ek het Saterdag die draad laat sny en Sondag is ek toe op die baan.Nege skote toe is daai KD mooi in gestel en ek skiet skote (groepe van 3) wat mekaar sny.Die Kd se klank is baie goed gedem en as ek moet skat verminder my recoil op die 30.06 met teminste 40%.

My friend was ook so beindruk dat hy self nou een gaan bestel en glo my hy is n man wat nie gou omgepraat kan word nie.

Al ding wat ek nie van die KD hou nie is dat ek hom nie vroeer gekoop het nie.

Henk jy het regtig n wenner van n Kd ;)

Dankie
;D ;) ;D

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 3:42 pm
by Hardyman
+1 ;D

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 3:46 pm
by FHM
Lyk my ek sal maar vir Henk moet vra om my te quote vir n KD vir my nulkwes....
Wonder net of die plaaslike manne soos Rosenthals en Ahrens Guns in WHK die draad sal kan sny...?

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 4:27 pm
by uitenwaj
Rupert

Dankie vir die inligting oor die knaldemper. Is dit sy silent buddy?

Waar het jy die draad op jou loop laat sny en hoe lank moes jy wag? die persoon wat my 308 gedoen het is so besig ek gaan +- 3 maande moet wag en ek kort daai geweer op n weeklikse basis en kan nie my geweer so lank daar laat le en wag nie.

Groete
Arno

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 10:03 pm
by Silent Hunting
Rupert,

My plesier. Geniet hom.

Arno,

In Bloem sou dit jou so uur gevat het, nie maande nie.

Groete,

Henk

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 10:34 pm
by uitenwaj
Henk ek oorweeg dit sterk om volgende week deur te ry bloem toe om dit te doen. Dit is so amper 600km weg van my af maar sal een aand in n gaste huis inboek en die volgende dag weer terug ry. Stel belang in twee jag buddy's een vir my 308 normale loop en een vir my 22-250 stainles dikloop. My 308 het klaar draad maar ek weet nie watter draai nie.

Ek sal jou more bel en reelings tref.

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 10:39 pm
by Dawie
Ek's ook nog dik gelukkig met myne, daar kom een van die weer 'n bestelling Henk se kant toe. ;)

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Jun 18, 2013 11:35 pm
by KalahariKlong
Kan iemand my help met die link na die silent buddy se advertensie toe?

Groete
KK

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Wed Jun 19, 2013 12:02 am
by Silent Hunting
KK,

Mail my, dan stuur ek vir jou inligting. Het nog nie sover gekom om vir Hein te betaal vir advertensie spasie nie.

Groete,

Henk

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Wed Jun 19, 2013 1:30 am
by KalahariKlong
Dankie Henk, jy het mail.

Groete
KK

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Wed Jun 19, 2013 7:59 am
by RUPERT
uitenwaj wrote:Rupert

Dankie vir die inligting oor die knaldemper. Is dit sy silent buddy?

Waar het jy die draad op jou loop laat sny en hoe lank moes jy wag? die persoon wat my 308 gedoen het is so besig ek gaan +- 3 maande moet wag en ek kort daai geweer op n weeklikse basis en kan nie my geweer so lank daar laat le en wag nie.

Groete
Arno
Ek het dit by n geweersmit in Pta gedoen en kon wag vir dit +- 20min en hy het my net R500 gevra en die prys sluit die koppie in wat die draad beskerm

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Mon Mar 02, 2015 1:34 pm
by Frikadel
Middag manne,

Rupert, watter een van die KD's het jy opgesit vir jou 30-sukses?

Ek kan nie uit die posts agterkom nie.

Dankie.

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Mon Mar 02, 2015 3:59 pm
by khakibos
Het laasweek Woensdag myne by Henk bestel. Die Vrydag dit by Henk opgetel oppad Kaap toe. Flink en vinnige diens. Dankie Henk! Sal fit as ek weer by die huis kom. Rupert wie het joune gefit? Dink jy het op ander fraad gese maar kan nie onthou nie sorry!

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue Mar 03, 2015 8:28 am
by Frikadel
Ek gaan gou vannaand my geweer se loop se kroon meet en more gooi ek my order deur na Henk toe vir die silent Hunter!!

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue May 05, 2015 9:15 am
by Frikadel
Ek het toe die naweek met my Silent Hunter die eerste keer gaan skiet...............8 kliks links op die scope toe gooi daai Nul Kwes die lood duimgrote groepering in die bullseye, elke keer!!

Hy skop soos n 243 en hy klink soos n kleinerige hamer op n aambeeld, pragtig!

Dankie Henk, nou kan even ek orraait skiet, puik produk.

Re: Silent Hunter se KD

Posted: Tue May 05, 2015 1:46 pm
by RUPERT
khakibos wrote:Het laasweek Woensdag myne by Henk bestel. Die Vrydag dit by Henk opgetel oppad Kaap toe. Flink en vinnige diens. Dankie Henk! Sal fit as ek weer by die huis kom. Rupert wie het joune gefit? Dink jy het op ander fraad gese maar kan nie onthou nie sorry!
Jammer manne dat ek so lank vat om te antwoord. Ek het myne gedoen by frikkie in Pta 083 940 7234 en ek het een van die ouer (8 baffle) Reflex kd op.

En ek wil alweer vir Henk n pluimpie gee oor su produk.HEL WAT N MASJIEN.