Iphofolo - Allsday Jag

Post Reply
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Iphofolo - Allsday Jag

Post by Smiley »

Manne, ek en my seun het van die 9 - 13 Junie gaan jag op bogenoemde plaas wat eintlik met Aloe Vera Aalwyne boer en alreeds verskeie produkte vervaardig. Nou ja terug na die jag, ouens hierdie plaas was daar nie op gejag vir die laaste 5 jaar nie, mens kan dit sien as jy loop of ry. Ek het nog nooit so baie Nyala bulle bymekaar gesien soos hier nie. Om nie te praat van die ander wild nie.

http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/NikonJun2013016_zps3fc86247.jpg

Edward wat in beheer is van die jag het ook gesorg vir 'n pragtige boskamp (of is dit nou vakansie charlet's) wat in Mei klaar gebou was.

http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/NikonJun2013007_zps1dffbae9.jpg
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/NikonJun2013009_zps7d8c1e32.jpg

Ons het gekry waarvoor ons gegaan het. Hoe het George so 'n rukkie terug vir my gesê toe ek kla oor koedoe horing lengte, sê hy enige koedoebul is mooi.

My seun met sy koedoebul op +-200m 7x57
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/Jun2013jag005_zps2b27c2c8.jpg

Die uwe met koedoebul en BWB bul
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/Jun2013jag006_zps21581c8f.jpg
http://i1292.photobucket.com/albums/b569/ArieKruger/BWBJun2013002_zps6caee522.jpg

Daar was twee baie bekwame gidse wat saam met ons die jag gedoen het, wat die veld verstaan en my baie op my kniee laat loop het, dankie aan hulle.

Edward het nog baie plek oop die seisoen, PM my indien julle belangstel.
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Piet Pille »

Netjies Smiley.
Lyk na 'n baie mooi plek. Mooi bokke ook wat julle geskiet het.
User avatar
Kallie404
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 424
Joined: Sat Aug 27, 2011 8:55 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Kallie404 »

Lyk lekker Smiley,

Is dit die aalwyn plaas teen die teerpad tussen Vivo en Alldays? As ek mag vra, wat het jou mooi koedoe gemeet?
User avatar
Andrew Leigh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Jun 30, 2012 4:29 am

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Andrew Leigh »

Well done to you and your son, some nice animals there.
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by vlakvark1 »

Smiley Geluk aan jou en jou seun. Klink of julle dit geniet het.
Baie mooi fotos en diere wat julle gejag het
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Smiley »

Baie dankie, ons het dit werklik baie geniet. Dit is die plaas met die aalwyne langs die pad as jy van Vivo na Alldays toe ry. Die koedoe het 46 7/8" gemeet en 161kg uitgeslag. Daar is 'n paar groot manne wat daar loop, maar ons almal weet hoekom hulle groot is nê!!!
Stasoft
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Sep 05, 2011 3:12 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Stasoft »

Baie geluk. Mooi bokke.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Carl »

Netjies Smiley. Lyk na 'n agter mekaar jag plaas.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by bush hat »

Pragtige diere Smiley !
Kan jy Edward se besonderhede aan my deurgee....wil beplan vir 2014 !

Groetnis,
Barry
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by ROBBIE1 »

Geluk Smiley, lyk na n lekker jag wat jy en jou seur gehad het!
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2108
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by vossie1 »

Baie geluk.
Coenraad
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue Jan 15, 2013 4:44 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Coenraad »

Goeie dag.Ek wil graag in September n gesins jag reel en die plek klink goed.Kan jy dalk help met kontak besonderhede en pryse?Groete
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Smiley »

Coenraad jy kan Edward skakel op 083 ses 55 ses 335. Hy sal jou kan help met alles.
Coenraad
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue Jan 15, 2013 4:44 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Coenraad »

Dankie Smile!!
Coenraad
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue Jan 15, 2013 4:44 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Coenraad »

Smile-ek kry hom nie in die hande nie.Het jy dalk n e-pos adres?Dankie
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Smiley »

Edward Paeschel <walknstalk@gmail.com> Hoop jy kom reg. Die opvangs is maar swak daar.
Coenraad
Newbie
Newbie
Posts: 20
Joined: Tue Jan 15, 2013 4:44 pm

Re: Iphofolo - Allsday Jag

Post by Coenraad »

dankie Smile
Post Reply