Hoe gemaak met miershope in veld.
Posted: Tue Jun 11, 2013 10:52 am
Ek is tans besig om met trekker en ploeg miershope stukkend te breek sodat die koue die miere kan dood. Die tegniek werk goed met die miere in die hoop of deel wat bo die grond uitsteek. Ek stel die ploeg so dat die skare amper op die grond sleep en dus word die mierhoop in stukke gebreek en plat gemaak gelyk met die grond. Alle miere bo die grond oppervlak vrek met die tegniek.
Wat my wel pla is dat die deel van die nes wat onder die grond oppevlak is steeds miere in het wat leef. Dit lyk of die koue hulle niks maak nie. Tog is die hele nes dan ontbloot en steeds het die koue nagte nie 'n uitwerking nie.
Het iemand 'n beter werkende plan om die miershope dood te kry?
Ek hoor graag van iemand met raad
Danie