Page 1 of 1

Plot of plaas?

Posted: Tue Jun 11, 2013 8:49 am
by JamesK
Goeie more manne.

Net n vragie waaroor ek al n tydjie wonder..

Hoe onderskei mens of n stuk grond n plot of n plaas is m.a.w. hoeveel hektaar?
Of kyk mens na hoe die grond geregistreer is?


Dankie
James

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Jun 11, 2013 9:10 am
by Eugene
Al wat ek weet is dat 'n plot 'n ryk man se speelding en 'n arm man se ondergang is... ;)

Ek het maar altyd 100ha as die afsnypunt gevat, maar as jy na die Boland gaan kyk, is daar baie "plase" wat net 40ha is! In die Kalahari is die gemiddelde plass weer minstens 2500 ha!

Ek luister graag wat die ander manne sê!

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Jun 11, 2013 9:11 am
by Chris Swart
Daar is volgens somige boere wat ek ken, 'n oorgangs kategorie wat jy nie noem nie.

'n Plos... dit is so klein soos 'n plot, met die uitgawes van 'n plaas. ;D

Volgens my, is die verskil tussen die twee, ekonomies van aard.
Ek reken, as dit groot genoeg is om komersieël op te kan boer, is dit 'n plaas.
As die grond so klein is dat jy net vir jou eie gebruik plant of teel, is dit 'n plot
dit is maar hoe ek vir myself die onderskeid tref.

Sal graag wil weet wat is die "amptelikke" onderskeid.

Re: Plot of plaas?

Posted: Wed Jun 12, 2013 7:55 am
by Vrystater
More,

Hang dit ook nie af of die grond/area in 'n munisipale area is nie - m.a.w net buite die stad waar dit nog steeds 'stads grond' is?

Ek's ook nie 100% seker, maar dink bo 8ha sien die banke dit as landbougrond en verander finansiering ens. so bietjie.

Re: Plot of plaas?

Posted: Wed Jun 12, 2013 8:00 am
by Cobus(Cobb)
Vrystater wrote:More,

Hang dit ook nie af of die grond/area in 'n munisipale area is nie - m.a.w net buite die stad waar dit nog steeds 'stads grond' is?

Ek's ook nie 100% seker, maar dink bo 8ha sien die banke dit as landbougrond en verander finansiering ens. so bietjie.

8.5 ha is die (beep)bank se afsny punt..

Cheers

Re: Plot of plaas?

Posted: Wed Jun 12, 2013 8:05 am
by Chris Swart
Vrystater wrote:More,

Hang dit ook nie af of die grond/area in 'n munisipale area is nie - m.a.w net buite die stad waar dit nog steeds 'stads grond' is?

Volgens my (beperkte) kennis, kry mens twee verskillende soorte plotte
Sommige plotte is risidensieel geklasifiseer, ander is "agricultural" geklasifiseer.
Die klasifikasie het niks te doen met waar, of hoe groot die plot is nie.

Hierdie klasifikasie, het ook groot gevolge vir wapeneienaars wat op hul plotte wil skiet.
As jou plot n "landbou" plot is, mag jy op die plot skiet. Solank dit veilig is.
Op 'n residensieele plot, geld dieselfde reels i.v.m skiet, as in enige dorpsgebied.
Jy mag dus GLAD NIE op 'n residensieele plot skiet, of 'n skietbaan bou nie. ongeag van hoe groot jou plot is, of hoe veilig dit is om daar te skiet nie.

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 4:06 pm
by Thelma
Goeie middag,
Ons bly op so n plot (of plaas) 8ha tussen Tongaat en Ballito, Natal se noord kus. Het ook gewonder wat sal ons dit nou noem. Volgens die Munisipaliteit is dit landbou (agriculture) grond en dan nie stedelik nie.

Netmy twee sent se kommentaar as dit sal help

Thelma

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 6:37 pm
by tripodmvr
Weet nie hoe die hoewe wetgewing in ander provinsies is nie - in die ou Transvaal is landbouhoewes gestig volgens Wet 22 van 1919 en moes dit 1 Morg (8565 vk m) of groter wees. Die heersende groottes is so by 2 na 2,5 morg. Strate was deel van die uitleg, so dit is bykans 'n dorp met groot erwe. Gebruik was beperkte landbou en net sekere hoeveelhede diere kon aangehou word. Dit was gewoonlik dan naasliggend aan bestaande dorpe gemeet.

Klein plasies is in die 10 morg grootte orde gemeet met serwitute om toegang na al die dele te verleen. Was verder weg van die dorp en meer op landbou gerig.

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 6:41 pm
by G-force
Waar kyk n mens om te sien hoe jou plot gerigestreer is?

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 6:43 pm
by tripodmvr
G-force wrote:Waar kyk n mens om te sien hoe jou plot gerigestreer is?
In die Transvaal sal dit as Hoewe XXX van Kleinfontein Landbouhoewes bekend staan. Plaas gedeeltes word as "Gedeelte XXX van Plaas Hamerkop No. 34-JS beskryf.

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 6:51 pm
by G-force
tripodmvr wrote:
G-force wrote:Waar kyk n mens om te sien hoe jou plot gerigestreer is?
In die Transvaal sal dit as Hoewe XXX van Kleinfontein Landbouhoewes bekend staan. Plaas gedeeltes word as "Gedeelte XXX van Plaas Hamerkop No. 34-JS beskryf.
Baie dankie,dan is myne as landbou grond geklassifiseer.

Re: Plot of plaas?

Posted: Tue Sep 09, 2014 9:45 pm
by Camo
Die eiendom word met verdeling geregistreer as kleinhoewes of plase. Plotte sal ook meeste van die tyd deel wees van n groep plotte soos bv Rietkol plotte. n Plaas sal n naam he soos Leeupan. Op Garmin se Topo maps kan jy die onderverdeling sien as jy die map detail op die hoogste stel. Die plaas se naam en die gedeelte word aangedui. Jy moet jou GPS met die Topo Maps op aan die rekenaar koppel om dit te kan sien.

Re: Plot of plaas?

Posted: Fri Nov 07, 2014 12:45 pm
by 413-Jeffry
As mens Google-Earth gebruik dan is daar n "AH" of n "SH" na die aria se naam. BV Kromhoek AH / Kromhoek SH. Ek neem aan die “AH” staan vir “agricultural holding”, maar waarvoor staan die “SH”?

Re: Plot of plaas?

Posted: Fri Nov 07, 2014 12:49 pm
by VdWalt
Small Holding?

Re: Plot of plaas?

Posted: Fri Nov 07, 2014 12:59 pm
by 413-Jeffry
Sou dit dan beteken dat n "Small holding" nie bedoel is vir boerdery nie?

Re: Plot of plaas?

Posted: Fri Nov 07, 2014 1:24 pm
by TOKELOS
Wat noem mens n klein stukkie grond net buite stedelike gebied waarop n bordeel bedryf word?

Word genoem n komplot!!

Re: Plot of plaas?

Posted: Fri Nov 07, 2014 2:44 pm
by Riaan Kriel
TOKELOS wrote:Wat noem mens n klein stukkie grond net buite stedlike gebied waarop n bordeel bedryf word?

Word genoem n komplot!!
++>: Goeie een ;D