Theewaterskloof-Dam Villiersdorp
Posted: Mon Jun 10, 2013 7:58 pm
Hallo . ek het die naweek gaan hengel by Theewaterskloof dam, die dam is so 70% vol, Saterdag middag kom ek daar aan, in muslike wind en reen weer, baie koud, sneeu le op die berg agter die dorp. Die karp is maar lui en vang so n paar onder 500g. Die aand vang ek n mooi karp van, 6kg, n vlou baklei, die water tussen 10 & 15c, dit reen en wind waai, Die oggend teen 03:00 loop die katrol, mieliebol gewoon met deeg , Studeford en sweetcorm. 40 mun se spook, die ou baklei vir dood, ek dink dit kan dalk n baber wees, ek skep en op die wal le n karp van 16kg, daarna niks. Toe die son opkom gooi ek weer maar die weer bly sleg, pak op om net weer vogende naweek weer te gaan.
Die dam is baie veilig lekker skoon en mooi vis, daar geld nog reels vir bote en motors wat jaag. Ablusie blokke is ook baie mooi skoon. Beveel die dam regtig aan om te gaan ontspan.
Die dam is baie veilig lekker skoon en mooi vis, daar geld nog reels vir bote en motors wat jaag. Ablusie blokke is ook baie mooi skoon. Beveel die dam regtig aan om te gaan ontspan.