Page 1 of 1

Halegeweer herlaai?

Posted: Mon Jun 10, 2013 1:52 pm
by Hilux01
Mnre,

Soek bietjie raad van die manne wat weet
Is dit die moeite werd om te herlaai vir die haelgeweer 12br?
Ek gaan niks minder as die gemiddelde ou klei duif skiet en beplan om later bietjie in die voël jag ding betrokke te raak

Wat is going rate vir haelgeweer ammo en wat werk die herlaai uit?
Verstaan dis moeilik om die lood in die hande te kry?

Henk

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Mon Jun 10, 2013 3:52 pm
by jamalley
My 2c is dat dit goedkoper is om te koop as te laai.

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Mon Jun 10, 2013 4:34 pm
by blaser
nooit ek laai onder n rand per patroon maar ek kry my lood verniet

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Mon Jun 10, 2013 8:32 pm
by zipp
As n ou geld will spaar is haelgeweer herlaai nie die beste manier nie!
Jy sal doppies by n kleiduif baan verniet moet kry en ook sommer pluisies daar optel vir hergebruik. (was hulle net eers)
Die dopies hou nie lank nie, so 3-4 ladings as jy gelukig is.
Nou moet jy lood in die hande kry, n hael toring bou of koop en jou eie hael maak.
Die hael word nou met grafiet pooier gemeng en gerol (drom tumbler) om dit so rond as moontlik te kry.
Nou kan jy laai en n paar sent per rondte spaar!

Doen dit vir die pret, maar nie om geld te spaar nie!

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Mon Jun 10, 2013 10:44 pm
by Pappabeer
zipp wrote:
Doen dit vir die pret, maar nie om geld te spaar nie!

Stem saam. Ek laai al seker 15 jaar vir my 12 boor maar dit gaan oor die pret. Ek skiet nie kleiduif nie, so my ammo omset is redelik laag. Ek het 50 Armour brass doppe en hulle is n plesier om te laai. Trek nou by lading laat in die twintigs en hulle gaan nog sterk.

Myns insiens is laai met plastiek doppe ook gevaarlikker as laai vir bv koeëlgewere of handwapens, want die toleransies is maar grof, en daar kan foute inglip soos kruit wat verby n pluisie skud, wat dan weer tot gevolg het dat die pluisie met net die slagdoppie se energie agter hom in die loop agter bly en die volgende skoot die loop laat opblaas. Natuurlik kan dit reg en versigtig en veilig wees, maar die besparing is maar klein.

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Tue Jun 11, 2013 7:10 am
by blaser
ek stem nie saam nie ek het al oor die miljoen reloads geskiet
hoekom oor doppe gepla wees daar is bakkie vragte by die klei clubs beskikbaar
jy kan ook herwinde hael daar koop
om shot te maak het jy defnitief nie n toring nodig nie maar slegs n shot maker en om die hael te tumbel is n ou vrou storie

Re: Halegeweer herlaai?

Posted: Tue Jun 11, 2013 7:52 am
by Hilux01
Dankie manne

Ek reken ek het my antwoord gekry
Ek gaan vir eers net fabrieks ammo gebruik, op die stadium kry ek skaars tyd om my ander gewere almal te laai en skiet
Miskien wie weet dalk eendag

Weereens dankie