Page 1 of 1

80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 2:17 pm
by Yalair
Wonner of ek dit gaan regkry, het 80g 270 punte bestel by GS wil kyk of ek hom gaan groepeer kry op so 3500 fps met 355 kruit sal die lading nog moet uitwerk, enige voraf insae van die slim manne sal wardeer word
Sal cci primer gebruik met norma doppe, my beste met 90g hp van sierra was 3435 fps voordat ek begin druk kry ma groepering was sleg, sien ouens stoot 90g na 3500 toe dalk kan ek na mmmmmmmm 3600 toe gaan met 80g en gelukkig wees met groep. help ma as julle kan

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 2:32 pm
by Arnold
Ek dink jou dop gaan te klein wees vir al die kruit wat jy gaan moet ingooi en jy sal seker moet oorskuif of S335 of S341 toe met daai ligte koeeltjie?

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 3:17 pm
by Yalair
Arnold
Dankie sal kyk wil nie spesiaal kruit koop om eers te toets sal by iemand biekie 335 kry en batch laai van so 4 of wat ladings

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 4:10 pm
by 222
Quickload gee hom soos volg:

Cartridge          : .270 Win. (SAAMI)
Bullet            : .270,  80, GS-Custom HV No.063
Cartridge O.A.L. L6: 3.340 inch or 84.84 mm
Barrel Length      : 24.0 inch or 609.6 mm
Powder            : Somchem S335

Predicted data by increasing and decreasing the given charge,
incremented in steps of 2.0% of nominal charge.
CAUTION: Figures exceed maximum and minimum recommended loads !

Step    Fill. Charge  Vel.  Energy  Pmax  Pmuz  Prop.Burnt B_Time
%      %    Grains  fps  ft.lbs    psi    psi      %        ms

-20.0  71    42.40  2852    1445  27782  7691    93.8    1.304
-18.0  73    43.46  2916    1511  29492  7900    94.8    1.275
-16.0  75    44.52  2980    1577  31295  8101    95.7    1.246
-14.0  76    45.58  3043    1645  33196  8292    96.5    1.219
-12.0  78    46.64  3106    1714  35199  8474    97.3    1.187
-10.0  80    47.70  3168    1783  37309  8644    97.9    1.154
-08.0  82    48.76  3230    1853  39532  8804    98.5    1.123
-06.0  84    49.82  3291    1924  41873  8951    99.0    1.093
-04.0  85    50.88  3352    1996  44338  9086    99.4    1.065
-02.0  87    51.94  3412    2068  46936  9208    99.7    1.037
+00.0  89    53.00  3471    2140  49672  9317    99.9    1.010
+02.0  91    54.06  3529    2213  52556  9411    100.0    0.985
+04.0  92    55.12  3587    2286  55594  9492    100.0    0.960  ! Near Maximum !
+06.0  94    56.18  3644    2359  58798  9567    100.0    0.936  ! Near Maximum !
+08.0  96    57.24  3700    2432  62177  9641    100.0    0.913  ! Near Maximum !
+10.0  98    58.30  3756    2506  65741  9712    100.0    0.891  !DANGEROUS LOAD-DO NOT USE!

Results caused by ? 5% powder lot-to-lot burning rate variation using nominal charge
Data for burning rate increased by 5% relative to nominal value:
+Ba    89    53.00  3540    2226  53768  9172    100.0    0.974
Data for burning rate decreased by 5% relative to nominal value:
-Ba    89    53.00  3388    2039  45574  9365    98.8    1.052

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 4:13 pm
by Yalair
222
Dankie hie gebeur nou iets wardeer

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 4:38 pm
by Francois Marais
Benna

Ek's nu dom, hoekom verskil QL se predicted spoed so baie met dit wat jy wil skiet????

Mooi loop
Francois

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 5:12 pm
by 222
Francois

Die data wat hy gee is baie as ek dit so kan stel "ru/rof". Ek vat gewoonlik die betrokke dop en sit al die data self in. (lengte, kapasiteit water in dop (grein)). Dit maak 'n verskil in die uitslag wat hy gee. Die ondervinding wat ek met die program het is dat hy redelik naby aan die spoed kom wat jy wil bereik +- 100vt/sek.

Daar is n paar dinge wat n rol gaan speel in die resultaat soos dopkapasiteit, of die loop nog styf is of nie. Ek "laai" gewoonlik eers op Quickload en dan op die bank.

Groete

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 5:20 pm
by John101
Hello Yalair + ander
Ek wonder net hoekom jy so vinnig+ lig, wil skiet in jou 270.
Ek het  POINT BLANK BALLISTICS SOFTWARE, en het n paar nommertjies
ingesit.Ek skiet self met 270 , 130 gr teen 3050 fps.
        fps  3400 ,  90 gr.    3200,  110 gr .      3050,  130 gr.
  100 yds      +1.37                +1.37                  +1.50
  220              0                        0                        0
  300            -5.33                -4.77                    -4.87
  350            -10.94              -9.56                    -9.69
  400            -18.70              -15.99                  -16.00
  500            -42.84              -34.16                  -33.67

10 mph wind
300            11.75                6.96                      5.39
500            38.40                21.21                    16.13

Bullet drop tussen 130gr  en 110 gr is Zero verskil, maar die 90 gr          sak al n biekie weg. Waar die verskil wel le is by die wind.
Nog n vraagie , wat se twist rate word gewoonlik gebruik vir  die 90 gr.

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 5:52 pm
by Francois Marais
222/Ben

SORRY manne, het weer soos my alie gelees, weet nie waar ek aan 4200 in my kop gekom het nie, weer gaan kyk en sien dis in die kol, Ben praat van 3500-3600 en dis aan die hoe kant, maar haalbaar.

Sorry......

Mooi loop
Francois

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 6:16 pm
by Yalair
FM
Sal nie omgee vir 4200 nie skiet al die ugly manne uit 'n poel  ;D

John een zero een
My 2 ladings is 130g teen 2800 f/s Rhino punt en net so onder 3100 f/s met Barnes punte vir die laaaaaaaaaaang shots, die 80 greiners is maar neskuurigheid/speel en dalk ietsie meer, weetie wat sal uitkom nie. standaard 270 twist 1/10 so is maar meer vir 130greiners bedoel. Het lanklaas rond gespeel en is nou weer lus vir 'n konkoksie wat dalk sal werk. daai 80g pitte skiet dalk 'n parra uit 'n pyp  8)

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 6:21 pm
by Yalair
Het vergeet om by te se, ek skiet nie meer so ver nie, ek ry nader en dan kap ek hom so daai drop pla nie meer nie  ;D

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 6:32 pm
by Freddie101
Ben
Het 110gn hv GS customs gelaai met 56gn S355 en gestop daar. Winchester doppe 1:10 twist en spoed van gem 3360vt/s op my chrony gekry. Het nog nie groepering gekry wat ek wou nie, maar nog nie veel met diepte van seating gespeel soos gerard aanbeveel nie.
My sente
Groetnis Freddie

Ns wat is die BC van daai 80 gn koeels.

 

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 6:44 pm
by Yalair
Freddie
Nie te sleg nie, het nie bc van 80 g put nie, sal dit moet kry by hulle, sien GS gee 110 put aan teen maks 3400 ma het niks vir 80 nie so ek dink 3600 is haalbaar sal bel en hoor, gaan bloedsweet kos om hom te laat groepeer

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 8:38 pm
by Gerard
Kry hierdie inligting vir die meeste van ons koe?ls,
http://www.gsgroup.co.za/270080HV063.html
deur op hierdie blad,
http://www.gsgroup.co.za/hvtech.html
te klik op die koe?lnommer indien dit onderstreep is.

Vervang die le?r (gscustom.bul), wat saam met QuickLoad voorsien word, met die een wat op ons webwerf is.  Dit bevat die regte inligting en word so een of twee maal per jaar met die nuutste weergawe vervang.

http://www.gsgroup.co.za/download.html

Ek sal ongelukkig nie by die herlaaidata vir die 270 Win met die 80gr HV uitkom in die volgende paar maande nie maar die maksimum sal seker so om en by 3700vps wees.  S355 sal te stadig wees, dink ek.  Gebruik verseker 'n CCI 250 primer of 'n ander maak magnum primer.

Vra gerus as ek kan help.
084 338 3006

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 9:08 pm
by Yalair
Gerard
Dankie vir jou raad gaan jou definitief skakel

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 9:34 pm
by tafjak
Lekker ou nommer, 338 LP en 30-06! :D

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 10:38 pm
by Gerard
Ons nommers is 'n bron van glimlag.  Toe Gina nog hier was het sy 300 3006 gehad en my vrou, Elmarie, het 222 2506 gebruik.  Elmarie gebruik nou 300 3006 vir bestellingsnavrae en 222 2506 is vir die oomblik 'n privaatnommer.

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 10:43 pm
by James Wilson
laai self vir n 270. maar al kry ek n hoer spoed uit ligter koels,  oor afstand bly die 130grn en 150grn die koels wat die minstre val, en daarby meer momentum en enrgie het, dus meer doodmaak vermoe,   uit n stadiger 130 grn,    as uit n ultra vinige 110 of 80grn. balans, soos my pa vir my tot vervelens toe gepreek het, is dus gepas, selfs by herlaai.

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 11:07 pm
by Yalair
Jagbe..... ;)
as jy mooi teruglees sal jy sien die is toets wat ek wil doen ens ens ens. Gee meer inligting, spoed kruit doppe primers

Groete
Ben

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Oct 20, 2010 11:53 pm
by Gerard
Mens moet net nie ligter monometaal koe?ls oor dieselfde kam skeer as ligter loodkern koe?ls nie.  

'n 130gr loodkern uit 'n 270 sal, as dit 'n goeie koe?l is, waarskynlik so 60% gewigretensie gee.  As dit tref op 200m is die spoed sowat 2600vps.  Dus 78gr teen 2600vps vir 29 Lb-vt/sek momentum en 1186 ft/lb energie.

'n 110gr GSC HV sal, as dit die hele voorkant, tot onder aan die gat in die punt verloor, steeds 96gr behou.  Dus 96gr teen 2800vps vir 38.5 lb -v/sek momentum en 1681 ft/lb energie.

Ek sal geld daarop sit dat die monometaal koe?l dieper sal penetreer en dat die wondkanaal volume groter sal wees as die loodkern sin.

Op 300m val die 110gr HV 25mm minder en skuif 8mm meer in 'n 25km/u dwarswind.  Dit is nie hier of daar nie.  Die 110gr mono se vlugtyd is egter 7% korter en dit is lekker om te h?.

Vir bos/naby skiet is daar natuurlik geen vergelyking nie.  Die loodkern koe?l sal op kort afstand feitlik geheel en al disintegreer terwyl die HV steeds net 12% sal weggooi.

Onthou dat die verskil tussen loodkern en mono tegnologie bepaal dat mens stadiger en swaarder gaan vir naby skiet en dat mens die teenoorgestelde doen met monos.  Vir boswerk is vinniger en ligter altyd beter met monos.

Re: 80g Vir 270

Posted: Thu Oct 21, 2010 11:42 am
by James Wilson
Ben, ek sien wat jy bedoel. ok, ek laai 130grn Sierra pro-hunter of game king. die pro hunter wat n flat base is groepeer ietwat beter, maar albei koels groepeer baie goed. toe ek nog ladings uitgewerk het vir die geweer het ek slegs met Highland doppe gewerk. vandat ek my lading gekry het, laai ek enige doppe, ek kan nie regtig n verskil sien nie. trouens al die ladings wat ek getoets het behalwe een, sou goed genoeg gewees het vir jag standaarde.
ek gebruik 54grn S365 en kry sowat 3000f/s. ek het altyd large rifle primers gebruik maar het verlede week oorgeslaan na cci 250 magnum primers, ek kan nie regtig n verskil sien nie, as ek my verbeelding moet gebruik sou ek se die piont of impact op 100m kan dalk 5mm ho?r wees. die geweer is n K98 Musgrave met n knaldemper van Gerrie Coetzee.
die geweer en die ligter ko?ls werk nie, en het ek ongelukkig nie vir jou info daaroor nie.

Re: 80g Vir 270

Posted: Wed Nov 03, 2010 9:35 pm
by Yalair
80g Punte het vandag geland, Gerrard help met doeppa, kan net se sover is GS se diens, vriendelikheid en hulp vannie beste wat ek teegekom het, hou dop hie kom sports  ;D ;D

Re: 80g Vir 270

Posted: Sun Nov 07, 2010 9:38 pm
by Yalair
Hiers wat ek kry
Kruit S321
Primer 250
TPL 82.1mm
Dop Nosler
80g GS Custom Hv

1. 54 g = 3620
2. 54.5g = 3675
3. 55g = 3760
4. 55.5g = 3870
5. 56g = 3925

Lading wat ek gekies het is 54.5g die spoed meet mooi konstand en kry goeie groeperings, het net op 100m gegroep en is onder 1" sal nou uitgaan na 200m en kyk na groep en trajek. Tot op 3925 vps kan ek nie tekens van druk optel nie, 3675 is vinnag genoeg vir 270 en lyk of my oeffening nie verniet is nie.  ;D ;D

Re: 80g Vir 270

Posted: Mon Nov 08, 2010 6:53 am
by Freddie101
Ben
Interressant. Bly jy  kry goeie groep met so hoe spoed. Laat weet ons wat die val ens. is op verder afstande.

Gerard
Wat is die kanse vir n ligte 6mm koeel wat maklik opbreek vir jakkalsjag. Sal dit te moeilik wees om so n monometaal koeel te ontwerp.

Groete Freddie 

Re: 80g Vir 270

Posted: Mon Nov 22, 2010 6:45 pm
by Freddie101
Ben en almal
Moes vandag n bees skiet en het gedink sal sommer toetsie doen met my GScustoms. Het voorheen genoem. 110gn hv. 3360vt/s.

Het bees bokant regteroog(so 2dm)  ingeskiet op ongeveer 35 m. Skuins deur kop en het koeel onder vel by linkeroor(skuins deur) gekry.
Sien foto.
72.1gn het oorgebly.
Image
Groetnis Freddie