Page 1 of 2

Rooikat vang met hokke

Posted: Sun Jun 09, 2013 8:10 pm
by Groukat
Goeie dag vriende,

Ek is nuut op die webblad en het net altyd so paar van julle geselsies gelees en wil bitter graag bywoon.

My ek boer is die vrystaat met mielies, sojas, skape en beeste. Ek het baie jakkalse en rooikatte by my en geniet om hulle te jag en probeer nou rooikatte in hokke vang.

Het julle enige raad vir my. My hokke is 1600by600by600 met 2 valdeure

Groete
Groukat

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Sun Jun 09, 2013 8:44 pm
by Groukat
Ek het nou al baie tierboskatte in die hokke gevang. So ek vermoed dat dit 'n kwessie van tyd is voor ek die rooikat so sal vang.

Ek sal enige raad in die verband baie waardeur.

Dankie

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Sun Jun 09, 2013 9:42 pm
by stan man
waar in die vrystaat boer jy mater??

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 10, 2013 6:12 am
by Groukat
Ek boer so tussen villiers en cornelia.

Boer jy?

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 10, 2013 7:58 pm
by Groukat
Vandag weer lam gekry wat gevang is. Die vleis aan die binne been agter is uit geeet en blaaie is afgeskeur.

Ek het 2 hokke gestel, sal more sien of ek iets gekry het.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 10, 2013 9:12 pm
by Izak H
Groukat

`n Mengsel wat werk wat jy self kan maak : harsings, bloed, rou vis. Laat dit bietjie trou met mekaar buite in die son. Hang iets wat blink, stuk van 'n cd wat aan 'n draaitjie hang en kan rond swaai om aandag te trek.

Izak H

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Tue Jun 11, 2013 6:30 am
by Groukat
Dankie Isak,

Ek gaan dit verseker probeer,

op die stadium is daar is cd in die hok en seagro op 'n lappie, dit stink baie na vis.

Ek gaan vanoggend na hokke kyk of iets in hokke is.

Dankie

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 17, 2013 9:39 pm
by Groukat
Het enige van julle dalk al catnip in hokke gebruik? En my dalk vertel van jul sukses?

Dankie

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 7:08 pm
by Groukat
Ek het hom, my eerste rooikat vandag in hok gevang, mooi groot mannetjie reg langs trop ooie wat besig is om te lam

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 8:39 pm
by Jassie
Groukat

Veels Geluk!!! .......maar nou moet jy praat ou maat?

Wat was die aas en waarmee het jy sy aandag getrek en het jy die hok toegemaak........ was beide deure oop- ag vertel sommer alles?

Groete
JAS

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 9:08 pm
by matewis
Mooi man! Bly vir jou, hoop die skade stop nou bietjie. My skoonpa doen ook goed met lewendige hoenders, indien jou hokke so afskorting het.

Groete

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 10:43 pm
by George3D
Groukat,

Dit sal goed wees as jy die rooikat `n paar dae in die hok kan los. Sy vloeistowwe lok later ander maklik na die hok toe.
Die CD kan jy ook so hang dat dit flitse maak (deur middel van die son en die lekker vol maan!) in die rigting waar jy vermoed hulle opereer. Die flitse prikkel hulle nuuskieriheid en irreteer hulle soms en dan kom stel hulle ondersoek in.
Katte is ook nogal belangstellend wanneer vars bloed ter sprake is. Dit kan maar net `n koppie vol wees. Wildsbloed is die beter roep.

Sterkte!

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 10:53 pm
by Groukat
Dankie George,

Ek sal die koppie bloed verseker probeer. Ek het die kat onmiddelik dood gemaak, maar het sy urine met syring uit gesuig. Ek hoor dit is die beste lokaas wat jy kan kry.

baie dankie vir die raad, dit is vir my lekker om die goed toe te pas en is lekker om te sien iets werk.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 10:57 pm
by Groukat
Matewis,

Dankie ek sal verseker ook die lewendige hoenders probeer, ek het al van baie manne gehoor wat groot sukses het met dit.

My hokke het 2 deure, maar mens kan 1 deur net toe maak en hoender by toe deur sit in klein hok of altwee deure oop hou en hoender in klein hok bo hok regoor die trapplaat sit.

Ek het ook gedink ek wil 2 kappokkie hane saam in 'n hok sit en dit probeer. Kappokkies of lagduiffies gesels mos met mekaar deur die aand en ek dink dai geluide kan dalk iets werd wees, maar ek sal dit probeer en jul laat weet.

DANKIE MANNE.....

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Thu Jun 20, 2013 11:05 pm
by Groukat
Dankie Jas,

Ek het Vismeel gebruik. Ek het dit met eierwit gemeng sodat dit kan bind en dan in albastersakkie bokant die trapplaat vas gemaak. Ek het ook tinfoil (iets wat blink) bokant die trapplaat vas gemaak.

My hokke het twee deure en altwee was oop. Ek het nie die hok toe gemaak nie, maar wel die bodem toe gegooi met sand en merkies in die sand met my vingers gemaak sodat dit lyk soos spore.

Ek het ook tarentaal vere in die hok gestrooi. Ek het die hok in 'n ystervark spoor wat uit die mielies uit kom gestel.

Dit was lekker om dai ore te sien toe ek na die hok gaan kyk.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Fri Jun 21, 2013 9:16 am
by Louis10Botha
https://www.dropbox.com/s/5f6mewpybbijaqg/IMG-20130513-00123.jpg

My skoonpa het die kat so 2weke terug in hok gevang.
Ek dink hy het 'n stukkie toilet papier gestel wat die mannetjie nuskierig gemaak het.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Sat Jun 22, 2013 1:53 am
by Groukat
Dis 'n mooi kat dai louis, lekker groot pote.

Hierdie katte is geweldig sterk. Ek het so paar jaar terug 1 gehad wat 'n ram by my gevang het, my ramme weeg is die omgewing van 80-90kg.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Sun Jun 23, 2013 1:22 pm
by Groukat
Goeie dag Manne,

Ek het vandag my 2 de rooikat. 2 katte in 1 week. Male en female, maar nie op dieselfde plek nie. Ek gebruik 6 hokke, probeer om hokke naby al die troppe skape te sit indien moontlik. Dit verbeter my sukses.

Hierdie hok jag is lekker en uit en uit die moeite werd.

Lekke dag vir julle almal.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 24, 2013 9:20 am
by Louis10Botha
Groukat
geluk met die kat! wat het jy in die hok gestel??

ek het ook al gesien 'n kat skruk nie vir groot skaap. My pa se buurman het ook van sy stoet ramme verloor met 'n kat!
daai mannetjie in die photo het amper die hok gebreek toe my skoonpa op hom afkom.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Jun 24, 2013 8:47 pm
by Groukat
Ek gebruik maar vismeel op die oomblik met blink ding en vere. Nee dai katte is baie sterk, hulle vat 'n groot skaap maklik.

Ja ek het al gehoor dat hulle hokke breek, so ek het my hokke met exbanded metal gemaak, baie duurder maar ek sal baie kwaad vir myself wees as ek by 'n hok kom wat oop gebreek is.

dankie ek is regtig bly ek begin die goed nou vang. Dit was harde werk, maar lyk my dit begin nou vrugte dra.

Hok jag is baie geduld, maar verseker die moeite werd.

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Mon Feb 17, 2014 7:26 pm
by Groukat
Vang nou baie katte tussen die mielie lande

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Fri Apr 11, 2014 7:09 pm
by Groukat
Groot mannetjie gevang maandag in hok. Die man ken skaapvleis baie goed

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Fri Apr 11, 2014 7:53 pm
by johans
Izak H wrote:Groukat

`n Mengsel wat werk wat jy self kan maak : harsings, bloed, rou vis. Laat dit bietjie trou met mekaar buite in die son. Hang iets wat blink, stuk van 'n cd wat aan 'n draaitjie hang en kan rond swaai om aandag te trek.

Izak H
hang liewer die cd aan n dun toutjie,hy draai baie lekker as die wind waai

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Fri Apr 11, 2014 7:54 pm
by johans
Groukat wrote:Het enige van julle dalk al catnip in hokke gebruik? En my dalk vertel van jul sukses?

Dankie
ek gebruik catnip maar het nog nie sukses gehad met dit nie

Re: Rooikat vang met hokke

Posted: Fri Apr 11, 2014 8:09 pm
by Williel
Groukat, hou een kat lewendig in n hok by die huis as jy kan. Daar waar sy urieneplek is los net n goiingsak daar en plaas die sak dan uit na die gestelde hokke. Werk goed.

Tinfoilballetjie wat hang in die middel van die hok lok hulle ook baie goed.

Net n vraag, hoe maak jy hulle vankant? Ek hoor om te skiet in die hok met bloed daar is nie goed nie? Sal maar nie uitlap wat hier gebeur nie, die groenes sal rooi word.