Page 1 of 1

Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Wed Jun 05, 2013 4:59 pm
by foxripper
Middag almal,

Ek het maar vasgetrap en by S&O so outjie vandag gekoop. ++>:
Is net gewoond aan 3-9x40 Scopes en dink hierdie gaan n baie lekker aanpassing wees.
Wie het so scope en kan my bietjie meer vertel wat sy praktiese ondervinding is veral wat die Side Focus etc aanbetref.


Luister graag.


Groet

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Wed Jun 05, 2013 6:19 pm
by Nickvn
Wys bietjie hoe lyk hy?

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:21 am
by foxripper
....

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 9:25 am
by Chevvy SS
Dis nou mooi!

Het jy die level self opgesit?

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:02 am
by Nickvn
Baie mooi. Dankie. Geniet hom.

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 10:22 am
by foxripper
Nee, dis maar net n picture wat ek van die Internet af gedownload het..ek kry hom eers Saterdag, hy kom saam met n lift.

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:02 am
by Chevvy SS
Jy kry nog 'n groot sonskerm wat voor inskroef en 2 ekstra stelle hoëprofiel stelknoppe ook by.

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:19 am
by Frikkie die Rot
More Fox,

Wat het jy betaal as ek mag vra? daai ding lyk vir my beserk!!! Baie geluk en ek weet jy gaan hom geniet!!

Groetnis,
Frikkie

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:21 am
by foxripper
Chevvy,

Vertel my bietjie meer asb van die "hoeprofiel stelknoppe". Hoe werk dit?
Hierdie is als nuut vir my. Ken net die ou gewone boere metode.. :)

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:24 am
by foxripper
Frikkie,

R 6,700.00 betaal wat ek dink is n baie goeie prys..
Natuurlik wil ons almal n Zeiss, Nightforce of so iets he maar dis natuurlik ver bo my budget.. :(

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:43 am
by Chevvy SS
So lyk hulle.
opplanet-nikon-monarch-1-4-1-8moa-high-pro-turret-target-knob-kit.jpg

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 11:56 am
by Frikkie die Rot
Fox,

Ek het Zeiss teleskope op al my gewere maar dink daaraan om ook een van die manne te probeer op my 308 teikenskiet geweer. Een van my vriende het 'n 5-20x 44 of iets dergliks en die man se scope raak vaal om die buitekant indien die vergroting oor die 17 gaan. Dankie vir waarborge, dis al wat ek se! Waarvoor wil jy die scope gebruik?

Groetnis,
Frikkie

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 12:01 pm
by foxripper
Frikkie,

Ek dink dis daar waar die sidefocus n man sal kan help wat die vaalheid aanbetref.
Teikenskiet en baie wilde springbokke wat baie ver staan te skiet.. :)
Ek is moeg vir springbokke wat so ver staan dat as jy die kruis op hom sit, maak hy die bok heel toe..

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 12:03 pm
by Frikkie die Rot
Praat jy!

Weet net nie hoe dit met die voorsit jag sal werk as die pes jou van agter af bekruip en jou op 30m verras nie!

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Thu Jun 06, 2013 12:08 pm
by foxripper
Dan moet n man hom maar so uit die heup gooi soos Rambo.. :)

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Fri Jun 07, 2013 12:07 pm
by bokkoors
Hallo Fox,

mooi man, daai outjie werk goed. ek het so een op my 270, maar met die "bullet drop compensation" op die kruishaar. en glo my hy WERK !! die kruis is op 100y gezero en van daar af is elke kolletjie nog n 100 verder- dodelik man, dodelik.
die ding is ongelukkig in "yards" maar dis geen probleem, ek stel my rangefinder na yards en as ek voorsit bepaal ek vooraf die afstande na sekere merkers soos bv n bos of n klip en weet ek dan waar om te mik.
die side focus/ paralaks werk uitstekend en die ding is helder.
ek self is nie lief vir ver skote nie, maar die outjie het my al eenkeer laat goed lyk. het n trop blesbokke bekruip maar dit was te oop en kon tot so 425y bekruip. daar was genoeg tyd om te range en met die regte kolletjie op die bok het die scope sy werk gedoen.

ek het op die skietbaan sy akuraatheid op verskillende vergrotings getoets en geen probleem gehad op 150; 250 en 350 nie. op elke afstand teen 8x en 32x geskiet met dieselfde resultaat.
myne het gekom met 2 stelle verstel knoppe,, die een wat hier geplaas is plus nog n stel "ballistic/tactical turrets"

geniet hom en mooi loop

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Fri Jun 07, 2013 12:15 pm
by foxripper
Bokkoors,

Baie dankie. Nou is ek eers excited want was nie seker wat om te verwag nie.
Ek het maar gegaan vir die Nikoplex Recticle want die BDC recticle is vir my bietjie duk.
Gaan hom op die 25-06 sit en Sondag uit toets op die skiet baan.

Groete,

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Sat Jun 08, 2013 1:35 am
by bokkoors
ja-nee wragtig, dis sekerlik die dikste kruishaar wat ek nog gesien het,, dis al wat my pla,, maar ek is hom noual so gewoond en verstaan hom mooi, eintlik half bederf as jy my vra. met die kombinasie van daai scope en die 270 Howa Hogue is die rooi muishonde op 300 nie eers meer veilig nie.
dis ook n goeie ding jy gaan hom Sondag toets, want as jy dit Saterdag doen gaan jy daai ding so geniet en beslis die rugby mis :laugh: :laugh:

mooi loop

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Sun Jun 09, 2013 9:05 pm
by bokkoors
FOX
............ en, wat is toe die bevinding en die uitslag van jou toetslopie, doen die scope dit vir jou ?

Re: Nikon Monarch 8-32 x 50ED SF

Posted: Mon Jun 10, 2013 8:44 am
by foxripper
Bokkoors,

Is baie gelukkig..hy is baie duidelik en nie gewoond daaraan om op 200m my skoot gate te sien nie..het nie baie tyd op die baan gehad nie want die wind was net te sterk..