Page 1 of 1

Rudolph briljante diens

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:37 pm
by alecjohnson
Ek het 'n hele ruk terug my Rudolph H1 4-16x50 gekoop. Ek was van die begin af opgewonde oor die goeie beeld.
Ek kry my geweer en besluit ek soek nou ook 'n sunshade. Ek het vir rudolph hulle gekontak en hulle het dadelik teruggekom na my toe.
Ek gaan na hul kantoor en kry die sunshade. Ek kom by die huis en wil die sunshade opsit, maar die ding wil net nie opdraai nie, ek was baie teleurgesteld en dink nou het ek geld gemors, maar vat toe 'n kans en bel die manne.
Hulle se ek het waarskeinlik een van die ou vooraad teleskope wat 'n nagemaakte skroefdraad het. Hulle toe ook gese ek moet weer kom dan gee hulle my 'n nuwe teleskoop wat die regte skroefdraad het.(Ja okey my teleskoop was nog nie gemount nie so hul kan dit weer verkoop).

Ek is weer by hulle, maar hulle het nie die 4-16x50 met die skroefdraad wat ook die kruishaar(TS) het wat ek soek nie. Hulle bied my toe die 3-12x50 aan met die regte kruishaar.
Sonder dat ek daarvoor gevra het gee hulle my die verskil terug.

Daar het pas 'n "Shipping" van hulle nuwe oormowwe gekom, en hulle vra of ek 'n paar wil he (Ek sou van hulle af gegaan het na S&O om 'n paar te koop) en ek se ja. hulle werk toe gou 'n prys vir my uit en ek val amper op my rug. Dadelik se ek JA en koop die ook.

By die skietbaan kon ek verstaan waarom Elektroniese oormowwe so goed van gepraat word.

Rudolph se produk is wonderlik, en uitstekend geprys. Hulle is behulpsaam en vriendelik.

As enege iemand belangstel in 'n teleskoop of oormowwe en jy wil nie 'n plaas verkoop om dit te kan bekostig nie, moet nie vergeet van die Rudolph nie.


Al die lede wat 'n Rudolph het en bly is met die diens, kom ons help adverteer hier.


Mods, as die post nie gepas is nie skuif maar na die regte plek of verwyder dit (glo darm als is in orde ek adverteer immers nie My produk nie)

Re: Rudolph briljante diens

Posted: Tue Jun 04, 2013 9:44 pm
by JTM
Ek het ook onlangs 'n Rudolph 8.5-34x56 scope gekry. Ongelukkig het ek 'n probleem opgetel met dit , maar Pieter van Rudolph het my vinnig gehelp om die scope om te ruil. Hulle ondersteun hulle produk goed.

Re: Rudolph briljante diens

Posted: Fri Jun 07, 2013 1:46 pm
by Pierre van der Horst
Dis fantastiese nuus. Ek soek na 'n scope om op my .270 te sit, om die bokke daar anderkant te loop haal, en na die goeie ratings sal ek beslis na 'n Rudolph kyk 8-)

Re: Rudolph briljante diens

Posted: Fri Jun 07, 2013 3:43 pm
by alecjohnson
Jy kan nie n vout maak nie