Page 1 of 1

Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 10:40 am
by Gerhard
Hier is n series wat ek verseker gaan geniet



Re: Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 2:45 pm
by Frikkiedbr
Hello Gerhard,

As ek nie verkeer is nie was hulle laas jaar op gewees. Daai ouens ry al langs die rivier af en van waar hulle kan.
Ek dink dit kan net lekker wees en om al die gaatjies en kronkels in te kan gaan om geelvis te vang.

Re: Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:11 pm
by Carl
Gerhard,
Sjoe ek is nou weer baie lus om te gaan hengel vir die goue lywe!. Net 'n vraag lyk al die meisies in Prieska so!?! 8-) Episode 7




Nou weet ek hoekom Geno-hulle daar gaan jag het ++>:

Re: Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:17 pm
by Gerhard
Carl,

Nee ek weet nie...

Ek het mos nog nie geelvis gevang nie.

Gaan hopelik volgende week bietjie afsaal in Dullies se wereld en n forel of twee soek...

Re: Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:12 pm
by theedge
dit lyk baie netjies

Re: Geelvis

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:29 pm
by henried
Dit lyk lekker.

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:51 am
by Frikkiedbr
Gerhard, jy moet plan maak om geelvis te gaan vang. Dis een van daai moets op 'n man se lys.
Jy dink forel baklei dan moet jy bietjie voel hoe maak so geelvis aan die lyn 8)

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:53 am
by Gerhard
Frikkiedbr wrote:Gerhard, jy moet plan maak om geelvis te gaan vang. Dis een van daai moets op 'n man se lys.
Jy dink forel baklei dan moet jy bietjie voel hoe maak so geelvis aan die lyn 8)

Ja meskien eendag saam met Carl n draai gaan maak by Sterkfontein.

Maar in die vuil Vaal revier rond ploeter is nie vir my nie dankie...

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 7:58 am
by Carl
Ja dis jammer die Vaal is so op. Ek was lanklaas daar, glo my dit was een van die beste hengel plekke in die wêreld. Min plekke wat jy 30+ 5lb en grote visse op 1 dag op die vlieg kan vang. Daar was tye van sight fishing, droë vlieg in die winter na groot visse, grootbek geles van 5k ens.

Gerhard ek dink ons moet Prieska toe gaan;), of vir Hein gaan kuier grootbek en eland. Sal reel vir Sterkfontein.

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:02 am
by Gerhard
Carl wrote:Ja dis jammer die Vaal is so op. Ek was lanklaas daar, glo my dit was een van die beste hengel plekke in die wêreld. Min plekke wat jy 30+ 5lb en grote visse op 1 dag op die vlieg kan vang. Daar was tye van sight fishing, droë vlieg in die winter na groot visse, grootbek geles van 5k ens.

Gerhard ek dink ons moet Prieska toe gaan;), of vir Hein gaan kuier grootbek en eland. Sal reel vir Sterkfontein.

Ek sal met jou reel sodat dit val op my vakansie tyd wanneer ek huis toe kom uit Saudi...

Dan kan jy en Hein my reg leer van die begin af wat geelvis op die vlieg is.

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:13 am
by Frikkiedbr
Dit is so waar die vaal is op gemors, en ja mens waag maar jou lewe daar.
Ja nee daai Prieska lyk na 'n lekker plekkie :-[

Dink ook daar by oom Hein kan dit lekker wees, daai water lyk baie skoon :)

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 8:51 am
by henried
Marc wrote:Is jy nou amptelik oppad Mr Delport ???
Daar is nie Geelvis waar jy gaan nie...

Re: Geelvis

Posted: Wed Jun 05, 2013 12:26 pm
by Dawie Malan
Ek was die naweek op die Vaal. Ek het nie die kouefront in aggeneem nie. Die geelvis het wel, want hulle het nie gebyt nie en ek het verkluim.

Ek hoop om 'n paar grootbekke deur die winter te vang.

Groete

Dawie