Page 1 of 2
Hawke Sport Optics?
Posted: Mon Jun 03, 2013 4:56 pm
by DJ V
Middag,
Het iemand al 'n Hawke Sport Optics scope op hul geweer gemount? Pryse is relatief goedkoop en sommiges is volgens my net plain cheap.
Gaan soek op I warehouse na bv Hawke - Sport HD IR 4-12x50 AO Riflescope - vir R1200 odd? 'n 6- 24x 44 kos net oor die R2000 online. Gaan kyk dan na Hawke optics se website en dit vertoon goed, maar "the proof of the pudding is in the eating" - so wie het al ge - proe aan die outjies?
Dis vir 'n .22 so ek is nie geworry oor enige recoil of sulke goed nie.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Mon Jun 03, 2013 5:17 pm
by junglejulian
PM vir gideon@1 as jy wil weet.Goeie scope vir .22.baie fyn parralax verstelling wat goed en sleg is.Die veldskiet windbuks manne gebruik die parralax om afstand ook te skat.Die scope soek niks van recoil nie.het nie gehou op 270 en 300wm nie.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Mon Jun 03, 2013 6:11 pm
by tripodmvr
Nou 'n 6-24 op my 243 gesit - by Huntex gekoop. Nie slegte beeld vir die prys en redelike groepe Saterdag in die wind geskiet. Sal kyk hoe hou hy.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Mon Jun 03, 2013 8:00 pm
by LUAN
Vir n .22 meer as goed genoeg. Het n goedkoop een op n springwindbuks gehad en hy is springer rated en hy het lekker gewerk het hom op .22 ook gehad en mooi gegroep.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Mon Jun 03, 2013 9:03 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het n Varmint SF op my Brno .22, en het hom die naweek mooi uitgetoets. Kon lekker in die aand hase skiet, en ook deur die dag lekker teiken en ander goete geskiet. Wat ek wel kan se is dat toe ek die scope gekoop het, het die manne maar so effe gese dat die scope nie vir groter kalibers gebou is nie. Die paralaks verstelling het ek ook bietjie getoets, en dit lyk darrem asof hy lekker fyn en akkuraat is.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Tue Jun 04, 2013 8:59 am
by DJ V
Dankie vir die terugvoer
Sodra ek daai .22 het kry hy ook een op
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Tue Jun 04, 2013 2:25 pm
by BRNO (Pierre)
As ek net mag byvoeg, alhoewel ek dit reken as elke ou se persoonlike keuse.
Die SF by my scope, staan natuurlik vir Side Focus. Dit is net iets wat ek verkies, bo die fokus op die voorste lens, vernam as jy veld skiet gaan doen ens, en in posisies moet le, of snaaks staan. Dit was op my scope wel ongeveer R250 meer, maar soos gese, was ek die naweek weer bly dat ek sit wel spandeer het.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 2:34 pm
by Karooklong
Manne ek het die grootste een van die Hawkes op my Howa 308. Dit is die Sidewinder 30mm buis 8 - 32 x 56 IR. Hy het 'n fyn kruishaar met mil dots en ook die side focus. Ek het verlede jaar November R3400 betaal vir hom.
Ek het voor die jagseisoen 'n 18mm 5 skoot groep geskiet op 100yrd. Die model wat ek het is baie goeie waarde vir geld. Ek het verlede week 7 Sprinbokke met die roer geskiet van 100 - 330 yrd vir die slagpale kop en hoë nek skote. Met die aanvanklike instel het ek na een skoot 40 clicks links en 56 clicks op gestel en hy was in die kol op 25. So hy reageer uitstekend en hou sy zero baie goed.
Praat gerus ook met Riaan by Humansdorp Koop hy het al meer as 50 van hulle verkoop met sy diens en pryse is baie goed.
Hoop dit help.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 3:00 pm
by slagdop
Ek het die 3-12 x 44 Varminter met side focus op my 308 en meer as 'n 500 skote later is hy nog piekfyn en doen presies wat hy moet soos in hulle advertensie. Die outjie het ook al 'n paar knoue weg met stampe en val, maar werk steeds 100%. Hulle het ook mos 'n unlimited warantee. Nou dink ek daaraan om die hawke range finder te kry. die model 1000 kan kwansys range tot 1000m. Die verkoopsman by Suburban Guns sal my een gee om te gaan toets op Atlantis skietbaan voordat ek koop(nice van hom) As daai ding vir my "n konstante akkurate lesing kan gee op 'n springbok teiken op 400m Dan koop ek hom R1950-00(ek koop nou al so baie daar dat ek kwalifiseer vir kosprys)
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 4:09 pm
by Karooklong
Slagdop laat weet wat maak daai Range finder ek moet my een vervang en die Hawke produkte is goeie waarde vir geld!
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 5:09 pm
by PWV
Sal ook graag wil hoor hoe maak die range finder.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 5:25 pm
by slagdop
Ek sal defnitief laat weet. Gaan probeer om die hele reeks te kry om te toets.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sat Jun 29, 2013 5:36 pm
by PWV
As ons nou 'n paar koop, kan jy hulle arm draai vir 'n goeie prys!!
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Tue Jul 02, 2013 9:13 am
by FJJoubert
Ek het 'n HAWKE ENDURANCE 30 3-12X50 IR op my 375 Ruger en moet se tot nou toe is ek baie tevrede. Ek het die geweer selfs al laat val (@#%$%&) en was binne 3 skote weer op teiken. Die IR werk soos 'n bom in die nag en ek het al 2 jakkalse minder gemaak.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 6:13 pm
by slagdop
Ek het toe Vrydag die Hawke 1000 range finder gaan haal by Suburban Guns om te gaan toets op die baan in Atlantis. Die plan was om 'n min of meer lewens groote karton uitknipsel van 'n springbok te maak en dan op verskillende afstande te gaan range totdat ek nie meer 'n lesing kry nie.
Ek moes ook my vrou gaan haal het in Stellenbosch, en toe ek verby daai Vrenheim landgoed ry sien ek beeste en bwb wei in die veld langs die pad. Sommer dadelik gestop en begin range. Al te maklik. Ek ry toe tot by hulle en draai om en stel my trip meter op 0 en ry toe 600m weg. Ou kombers oor die kar se dak en ek range op 'n bruin koei. Dit het maar gesukkel om die dier in die kolletjie te hou en die knoppie te druk. Kry 'n lesing van 587m,592m,589m. Probeer toe 'n swart koei/bees maar kan nie 'n lesing kry nie. Die bruines het oraait opgetel met 'n bietjie sukkel. Die lesings het my laat wonder hoe getrou die ding meet want volgens my moes die meer as 600m wees want die beeste het seker so 30m van die pad af gestaan. Ek weet ook darm dat 'n kar se speedo nie n presiese meet instrument kan wees nie. wou toe nie verder speel nie want vroulief wag.
Saterdag oggend waai die wind toe stormsterkte hier by my, en seker erger by Atlantis en ek besluit toe om nie die 160+ km te ry nie want ek kan nie in die wind skiet nie. Suiker toe af na Sandvlei area lekker groot oop grasbedekte vlakte, en loop 'n vriend raak wat sy labrador vat vir 'n stappie. Die hond was omtrend gerange en so ver as 443m mense ook en als wat daar was ook 'n groot rots op 730m. Ek vind dit net onmoontlik om uit die vuis uit te meet enige iets kkeiner as 'n man verder as 250m sonder om dooie rus te vat. Ek die optics lekker duidelik gevind. Goeters soos bome en asblikke wat ek gerange het het ons afgetree en geen noemenswaardige verskille in die mates gekry nie. Dit lyk my die ding werk. Ook lesings gaan neem in laat agtermiddag skemer sonder probleme. Ek gaan maar oogies toeknyp en hom vat. Sy prys het ook geklim vandat ek die eerste maal navraag gedoen het. Die een gaan nou vir r3500-00.Ek gaan maar vat want hulle is uit stock en die volgende besending gaan seker nog duurder wees.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 6:41 pm
by PWV
Nou R3500.00 en jy het aanvanklik gepraat van R1950.00. Syker omdat die petrolprys op is.

Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 6:44 pm
by BRNO (Pierre)
Slagdop, dankie vir die toets en verslag. Dit voel werklik asof daar so menige verskeidenheid beskikbaar is, dat mens nie kan kies nie.
Ek het vanoggend weer my Varmint SF 3-12*44SF wat ek op my Brno.22 Model2 gemonteer het getoets. Die SF/paralaks verstelling werk vrek akkuraat oor 100m, en kan feitlik as range finder gebruik word. Die optics is baie helder, en die kruishaar dun, maar dik genoeg sodat daar gemaklik oor 100m met die teleskoop geskiet kan word.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 8:29 pm
by tripodmvr
Ek het nou al 3 keer met die Hawke op my 243 gaan skiet. Ander manne wat deur hom geloer het is beindruk met die helderheid. Ek het gister 'n hele paar skote geskiet om te sien hoe die ou ammunisie in my AI kamer vuurvorm. Die geweer en teleskoop het hul kant gebring. Die Barnes TSX het 2 skote binne 6mm geplaas en ek kan dus direk daarmee jag totdat dit klaar is. Dit skiet ook 1,5 duim hoog en is dus honderd - selfs vir vêr skiet.
Die kruishaar stel baie duidelik (blykbaar is kruishaar op glas geëts) en selfs op 24x vergroting kan mens nog baie goed sien. Geen dowwe beeld nie. Met bankskiet is die oog vryruimte te veel en moet mens mooi loer om 'n klein beeld in die middel te kry - gaan nie pla as jy staan nie.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 9:16 pm
by Charles.308
Naand manne
Ietse wat ek wil vra oor Hawk scopes is as jy die tarrets gereeld stel-van 100m na 200m na 300m en terug na 100m,hoe lank gaan hy hou en gaan hy elke keer presies zero skiet.Waarop en neer kom as jy hom 12 clicks op stel nog 12 clicks en weer terug stel met 24 clicks,skiet hy weer zero of skiet hy miskien bietjie laer of hoe"r.Ek weet Leupold se tarret setting is presies,maar dan kyk jy na R10 000 plus.Het iemand ondervinding met tarrets gehad op Hawk Scope.Ek glo n nuwe Scope sal werk,maar hoe lank gaan hy hou?
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 9:31 pm
by tripodmvr
Ek kom uit die ou skool en as ek my geweer 1,5 na 2 duim hoog laat skiet op 100m is hy reg vir jag tot op 300m. Die verstellery aan die teleskope werk selfs nie eers op die baan nie. Baie skiet op 200 met 'n 300 verstelling. In die bos veral is vinnige skote raadsaam en dan wil ek my nie nog oor die teleskoop bekommer nie. Ek hou dus die geweer "gezero" en pas aan met die mildots of ballistiese dwarsstrepies.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Sun Jul 07, 2013 9:40 pm
by Charles.308
Ek het tans n mildot op my geweer,werk heel goed,maar as vlakte skiet en het tyd met verstellings of baanskiet.Gaan Scope hou?
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Fri Jul 19, 2013 4:22 pm
by LRLaubscher
Menere,
Ek het ook een van die Hawke teleskope vir my omtrent 2 jaar terug aangeskaf. Die pitte is maar min en ek het maar oë toe geknyp en gehoop hy sal werk al is die prys maar cheap. Koop toe die 6.5-20x42 hawke sidewinder tactical. Die verpakking het my baie verras, is nice in harde tassie met spons en alles pas mooi daarin.
Kom met sun shade, skroef scope caps, skoon maak lappie, turret zero allen (hex) key en 'n ekstra battery vir die illumination.
Ek skiet ver en stel elke keer as ek aan my 308 vat die teleskoop.
Ek kan met alle eerlikheid sê, na baie ftr skiet dae, en nog meer gong skiet dae. Die teleskoop stel wat hy sê, en kom elke keer terug na zero.
Of die turrets hou?
Wel na twee jaar stel hy nogsteeds. Die enigste kommentaar is dat die elevation turret nie meer so hard?voelbare clicks het soos wat dit nuut was nie. Alhoewel, 'n mens kan nogsteeds baie duidlik voel elke click en het ek egter nog nie 'n probleem daarmee nie.
Nog 'n ding, hy word effe dof as jy die zoom oop draai. Ek skiet omtrent nooit op grootter zoom as x16 nie, maar tussen x18 en x20 word die beeld onduidelik. Ek moet uitwys dit is egter slegs op langer aftsande. Verder as 500m wat ek dit sien.
Vir R3300.00 kan ek nie vir meer vra nie. As ek op die baan die lood op die selfde plek as die man langs my met sy Nightforce neer sit op elke afstand soos ons verder gaan, moet dit deram seker vanself praat vir die se scope se akkurate verstelling.
Ek is beindruk. Sou die teleskoop slegs gebruik tot ek genoeg gespaar het vir iets beter, en het nog nooit so ver gekom nie. Is dit nodig??
Skiet groete,
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Fri Apr 11, 2014 12:10 pm
by QG18de
Manne
Kan ek maar so Hawke Sidewinder 30 oorweeg op my langafstand roer? Dit is n savage long range hunter wat gebruik gaan word vir gongs skiet tot op 1300m. Ek wil dus my nikon 6-18x40sf (met 50moa interne verstelling) vervang met bogenoemde Hawke.
Weet iemand dalk hoeveel interne verstelling die Hawke Sidewinder 4-16X50 het?
Insette sal baie waardeer word.
Jason
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Tue Apr 15, 2014 12:25 pm
by Die Skim
QG18de wrote:Manne
Kan ek maar so Hawke Sidewinder 30 oorweeg op my langafstand roer? Dit is n savage long range hunter wat gebruik gaan word vir gongs skiet tot op 1300m. Ek wil dus my nikon 6-18x40sf (met 50moa interne verstelling) vervang met bogenoemde Hawke.
Weet iemand dalk hoeveel interne verstelling die Hawke Sidewinder 4-16X50 het?
Insette sal baie waardeer word.
Jason
Sover ek weet het hy 65MOA adjustment.
Re: Hawke Sport Optics?
Posted: Tue Apr 15, 2014 12:40 pm
by andre007
QG18de wrote:Manne
Kan ek maar so Hawke Sidewinder 30 oorweeg op my langafstand roer? Dit is n savage long range hunter wat gebruik gaan word vir gongs skiet tot op 1300m. Ek wil dus my nikon 6-18x40sf (met 50moa interne verstelling) vervang met bogenoemde Hawke.
Weet iemand dalk hoeveel interne verstelling die Hawke Sidewinder 4-16X50 het?
Insette sal baie waardeer word.
Jason
Ek het dieselfde een op my .223, werk baie lekker, glas baie helder. Mens kan hulle Ballistic Reticel Calculator van hulle webtuiste aflaai, die kruishaar kies wat jy gebruik en laatwaai met die berekeninge, baie dieselfde as Shooter en Strelok. Die sagteware het ook n opsie om n 'scope cap' prentjie van die kruishaar te druk na dit gekalibreer is, ek plak dit in my ''flip up scope cover'' se klappie en weet dan presies wat se merkie op die kruishaar vir watter afstand gaan werk as jy nie met die turrets wil karring nie.