Page 1 of 1
Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 1:59 pm
by Jake1
Het enige iemand vir my klanke op rekenaar wat hulle vir my kan stuur asb?
jndupreez@rocketmail.com
Dankie
Jake1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:11 pm
by Danie01
Jake,
Ek dink dis net reg om die CD's van die verskillende vervaardigers en manne wat moeite gedoen het te koop en nie te copy nie. Jy kan wel verniet klanke "download" vanaf foxpro se website self.
Kontak die volgende persone op forum om CD's te bestel:
Heinrick (Jaracal)
Tafjak
Jason
Louis (Pikante klanke)
Jammer as ek fout gemaak het met naam of as ek een of meer ouens wat CD's verkoop uitgelaat het.
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:13 pm
by Geno
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:33 pm
by Jake1
Baie dankie Geno, ek waardeer jou moeite, daar is beslis van daai klanke wat moet werk.
Danie01! Wie de HEL het vir jou gesê ek wil gekoopte cd's copy!? Ek is nie jou speelmaat nie !!!
Dankie
Jake1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:29 pm
by Danie01
Jake1 wrote:Baie dankie Geno, ek waardeer jou moeite, daar is beslis van daai klanke wat moet werk.
Danie01! Wie de HEL het vir jou gesê ek wil gekoopte cd's copy!? Ek is nie jou speelmaat nie !!!
Dankie
Jake1
Jake jy klink vir my na gevaarlike man ja, niemand se speelmaat nie

. Jy vra wie het vir jou klanke, nou al waar ek klanke kry is soos ek genoem het, ek moes dit dalk op ander manier gestel het, maar soos ek afgelei het uit jou post soek jy enige klanke, nie net die wat verniet is nie. Wel ek het jou dam gehelp om by die regte persone uit te kom, jammer as ek jou verkeerd verstaan het, maar daar is so baie mense wat net die goed wil hê en nie daarvoor wil betaal of werk nie, dis ook gewoonlik die mense wat roeper op n manier gekry het of gekoop het net vir die sports daarvan en nie die ding reg begin en ernstig opneem nie, ek het sulke vriende ook en ons sit ook daaroor vas, maar hul verstaan waarom ek teen dit is.
Hoop jy kom reg met jou klanke, maar as jy die regte klanke van die regte manne het, wat jou op regte pad sal help en raadgee oor hoe om watter klanke te gebruik, sal jy soveel meer sukses he.
Mens gaan maar min klanke verniet van net aflaai wat geskik is vir SA jakkalsroep, so nader maar die regte manne.
Groete
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:39 pm
by Jake1
Danie, dit wil vir my voorkom dat jy dan in die vervolg versigtig moet wees om sonder rede negatiewe afleidings te maak. Jy het reeds my post versuur.
Jake1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:44 pm
by Danie01
Jake watse klanke het jy dan gesoek? Jakkalsklanke gaan ons nie van net af laai nie en die ander klanke verkoop die manne met CD's wat jy by hulle kan bestel?
Ek glo as jy met hulself reel sal hul die klanke oor mail vir jou kan stuur, dan koop mens basies die klanke elektronies.
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Mon Jun 03, 2013 4:14 pm
by cassie_calvinia
danie, die manne reageer darm kinderagtig op jou post. praat van misverstaan. jy het goed geantwoord.
toemaar, jy kan saam met my kom speel

Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:20 pm
by johans
cassie_calvinia wrote:danie, die manne reageer darm kinderagtig op jou post. praat van misverstaan. jy het goed geantwoord.
toemaar, jy kan saam met my kom speel

+1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:30 am
by Jake1
johans wrote:cassie_calvinia wrote:danie, die manne reageer darm kinderagtig op jou post. praat van misverstaan. jy het goed geantwoord.
toemaar, jy kan saam met my kom speel

+1
Danie ja sorry ek het miskien oorreageer, in die oorlog was daar mense dood, hierdie is klein goedjies, sorry man.
Jake1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Wed Jun 05, 2013 8:15 am
by Danie01
Dis doodreg Jake, ek wil ma net dinge op dieregte manier doen.
Danie
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Wed Jun 05, 2013 10:43 am
by Jake1
Wat is die cd wat die meeste ouens gebruik- en waar is hy te koop? Watter klanke sal jy voorstel vir hierdie tyd van die jaar, ek bly in Limpopo.
Jake1
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:48 pm
by Danie01
Jake,
Jy kan enige van die manne wat ek in my eerste post genoem het op die forum kontak, dmv PM, ek het nie hul sel nommers nie, maar meskien is hier mense wat kan help daarmee.
Ek sal vir die ou waar ek CD koop raad vra oor watter klanke hoe gebruik moet word en watter tyd van jaar.
As jy so bietjie soek op forum dmv search funksie sal jy ook heelwat tips kry. Die laaste wat goeie tips gegee was wat ek kan onthou is die, "kom ons praat weer vir n slag jakkalse". Search woorde soos, roep metodes, tips vir junie, etc.
Wat baie sal help is as jy die roepmetodes kry wat Heinrich hier op forum bespreek het, ek sal kyk of ek die link daarheen kry, maar gaan doen n kursus en dinge raak soveel meer duideliker.
Groete
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Wed Jun 05, 2013 12:58 pm
by Danie01
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Tue May 19, 2015 2:05 pm
by Vuilhond
Hallo manne,
Daar is nie dalk iemand wat al 'n CD op itunes het wat ek kan gaan koop nie? Of moet ek na 'n winkel toe ry en die CD gaan koop? Ek sou verkies as ek per kredietkaart kon betaal en sommer die CD 'download'.
Ek hoor graag van julle
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Tue May 19, 2015 2:12 pm
by NicoSmit
Kontak vir Geno hy het die nuwe cd Jakkals paljas
Re: Jakkals roep klanke?
Posted: Tue May 19, 2015 2:13 pm
by cassie_calvinia
Vuilhond wrote:Hallo manne,
Daar is nie dalk iemand wat al 'n CD op itunes het wat ek kan gaan koop nie? Of moet ek na 'n winkel toe ry en die CD gaan koop? Ek sou verkies as ek per kredietkaart kon betaal en sommer die CD 'download'.
Ek hoor graag van julle
jaracal winkel.
link is links bo in die hoek.
en, vir jakkalse moet 'n mens maar ry. al is dit om cd te koop