Page 1 of 3
Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 8:03 am
by Gerhard
Dis die 3de Junie en ons het nog nie regtig winter hier in Jhb of Pta gehaad nie.
Ek is 4:30 in die oggende oppad gym toe en dan is dit nog met kort broek en sweetpak top.
Ons het 2 oggende of wat vroeg in Mei maand ryp gehaad en nie weer nie...
Gaan ons n laat strawwe winter he of n matige winter??
Hoe maak die seisoen in jou geweste?
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 8:24 am
by DWB
Die mense praat van 'n nat koue winter.
Maar dit was ook nog net 2 keer erg koud!
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 9:39 am
by Marc
GRAPGAT
Op 'n meer ernstige noot, die Vaaldriehoek raak ook weer warmer.
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 9:59 am
by James Wilson
Gerhard, hier is die hitte n probleem, ek jet die vorige twee naweke gejag asook in die week. Die brommers is n helse probleem. Ek nip maar oor die vleis as ek huistoe ry dat dit oppad gaan sleg word. Gister middag skemer tyd toe was die temp so 20grade en daar het so n warm wind gewaai. Tot nou toe het ons nognie ryp gehad nie
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:02 am
by Rasmus
Hier in Middelburg het ons ook nog nie winter gehad nie... Slegs daai vinnige koue hier einde April se kant.
Smaak my ook nie daai wille koue front wat tans in die Kaap is gaan ons vang nie? Ons nag temperature is ietwat vris maar in die dag is ons hier by 22-24C.
Hopelik kom hy binnekort met n bang. As dit nie koud is nie het ek nie besigheid nie
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:08 am
by Gerhard
As ek na YR se lang termyn voorspelling kyk gaan ons koue volgende Maandag begin
http://www.yr.no/place/South_Africa/Gau ... /long.html
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:17 am
by Riaan Beeslaar
Hoog tyd.
Dat al die pestelensies kan vrek.
Hier in Tzaneen het ons nooit regtig winter soos baie ander plekke nie, maar dit is steeds ongewoon warm vir die tyd van die jaar met temperature tussen 24 en 30 grade bedags.
Aand koel darem nou al bietjie meer af.
Groete
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:19 am
by FHM
Gerhard laasnaweek Noord anderkant Grootfontein op die plaas was dit ook baie warm. Heeldag met kortmouhemde en krotbroeke geloop. Selfs die aand in die hide by die famous kudulek - ek en Pieter nie eens nodig gehaad om baadjies aan te trek nie. Ek weet nie hoe sien die Suide en Ooste daarna uit diekant van die draad nie, maar dit wass laasnag p/koud langs die kus en is hier op site in die woestyn lekker nippie vanoggend. Lyk soos n laatwinter!

Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:25 am
by cassie_calvinia
ons winter is hier. nou al 2 dae lank onder vriespunt
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:36 am
by Gerhard
Wie het die fotos gesien van Kaapstad se hael gister?
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:38 am
by FHM
Gerhard wrote:Wie het die fotos gesien van Kaapstad se hael gister?
Laai vir ons n paar, of link asb?
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:38 am
by hencohugo
Die winter is hier in Worcester. Ek gaan kyk of ek dit vir julle kan aanstuur.
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:41 am
by Nickvn
IMG_2165.JPG
Hierdie een van my broer in Oudshoorn gekry.
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:51 am
by Gerhard
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:52 am
by Gerhard
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 10:52 am
by Gerhard
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 1:57 pm
by stan man
die koue het my laasng hier in hennenman bespring.
dit is hoog tyd .die brommers het saterdag nog gedraai.
ek kry net die pretoria manne jammer met volgende naweek se jag. dit gaan verwoed koud wees teen die rivier.
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:12 pm
by evdberg
Ons het gister n (sondag 02 Jun) n koue dag in pretoria verwag - dit was n ongelooflikke lekker dag - geen koue nie.
Lyk nie of daai koue front ons gaan vang die week nie
http://www.yr.no/place/South_Africa/Gau ... /long.html
misken volgende week...
Frans - ons sal maar OBS moet saamry jong !!
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:18 pm
by FHM
Genade Gerhard is daai alles net hael - of net op die laaste foto?
Dan kom ons koue langs die kus nou vinnig nader - Kaapstad se weer is n goeie barometer wat ons kan verwag so 2-3 dae later...sal vir my n winterspinnekoppie moet kry waaragtigweet!
Stan man ek hoor jou lied en is seker jy weet beslis waarvan jy praat met koue jagte. Wil net n voorbeeld noem - ek het so paar jaar gelede in die Vrystaat (so 180 km Suid van Bloem) gaan bles en sprinbokke jag - my kleinboet staan langs my agterop die bakkie terwyl ons vroegoggend ry na die jagplek. Die oumanne en koffie sit voor...se my kleinboet vir my toe ons daar aankom
'ouboet kyk hierso' wys hy my die water wat uit sy neus geloop het terwyl ons agterop staan het gevries op sy bolip...twee vertikale icicles...my k..k gelag en dit het natuurlik n familie storie geword.

Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 2:37 pm
by Gerhard
Francois,
Ja is alles hael.
Dit gebeur mos nie sommer in Slaapstad nie.
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 3:40 pm
by GreyGhostGear
Ja nee kyk manne die naweek in die Kaap was wiiild!
Ek's vandag in PTA en hier's dit somer - ek trek nog net uit sover ek gaan van ek van daai airie afgeklim het!
Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 4:01 pm
by mariusr
In watse land is daai fotos geneem?

Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 4:34 pm
by vlakvark1
Eersta ryp het al 5Mei geval. Van toe af val hy gereeld, temp in oggende is van 0 grade tot 4 grade
Water in die pype is gevries elke oggend
Lyk my ek moet trek hier want al die koue is hier

Re: Waar is die Winter???
Posted: Mon Jun 03, 2013 4:36 pm
by Gerhard
vlakvark1 wrote:Eersta ryp het al 5Mei geval. Van toe af val hy gereeld, temp in oggende is van 0 grade tot 4 grade
Water in die pype is gevries elke oggend
Lyk my ek moet trek hier want al die koue is hier

Wag vir volgende week as ek kom kuier...
Dan gaan jy koud kry want ek bring die koue saam...

Re: Waar is die Winter???
Posted: Tue Jun 04, 2013 7:12 am
by Marc
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/05A199D6-02F5-4F29-8A16-50B77EAF9BF0-882-0000020AB99EB58C_zps475ece26.jpg
Dit raak weer beter lyk dit my
