Page 1 of 1

Krapmerke op voorruit.

Posted: Thu May 30, 2013 9:41 pm
by Christo
Hoe kry ek krapmerke op my voorruit uit. Eintlik my eie skuld, met groen plastiese potskuurder overspray wat uit die werkswinkel gewaai het probeer afkry. Nou is die hele voorruit gekrap/geskuur.

Daar is nie pille daarvoor, maar miskien het iemand raad.

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Thu May 30, 2013 9:48 pm
by TOKELOS
Maklik Christo, maklik!

Ry n draai op ons "oordentlike" paaie en wag vir n opslag klip om die ruit te tref en jou versekering los vir jou die probleem op!
lol!

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 7:04 am
by Cobus(Cobb)
bel vir Blok... :o

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 7:58 am
by Geno
Cobus(Cobb) wrote:bel vir Blok... :o

+1

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 8:00 am
by Arnold
Het Blok klippe vir die ruit?

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 8:07 am
by VdWalt
Arnold wrote:Het Blok klippe vir die ruit?
Nee - maar hulle werk aan die Potch pad, as jy na Blok toe
ry gaan jy 10 teen 1 n ruit kort as jy daar aankom. ::)

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 9:12 am
by BLOK
TOKELOS wrote:Maklik Christo, maklik!

Ry n draai op ons "oordentlike" paaie en wag vir n opslag klip om die ruit te tref en jou versekering los vir jou die probleem op!
lol!
Hierdie is amper die enigste oplossing.

Daar is nie iets wat krapmerke verwyder nie, ek weet van plekke wat al masjiene ten duurste ingevoer het wat krappe uit polish, maar onthou nou verander jy op die plek waar die krap was deur te polish die oppervlak van die glas en die gevolg is dit blurr dan op die spesifieke plek nie goed vir nie.

Hoekom eis jy dit nie net by die versekering nie. Meeste versekering laat hul kliente toe om n uitgepitte windskerm te eis. Dit is nou windskerms met krapmerke, sandblast of klomp fyn chippies.

Versekering redeneer dit is goedkoper om nou jou windskerm te vervang as wat die glas jou sig belemmer en jy moontlik as gevolg daarvan n ongeluk kan maak wat hulle baie meer geld kan kos.

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 9:45 am
by Geno
So, dis 'n goeie geleendheid om die kettie uit te pluk en te kyk of jy nog mooi kan skiet!

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 11:19 am
by Arnold
skiet net van binne na buite

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 11:36 am
by BLOK
Arnold

As jy van binne na buite skiet het jy nie eers n kettie nodig nie. Windskerms word vervaardig om impak te kan hanteer van buite na binne en is maar baie swak as jy hom aan die binnekant skiet of slaan.

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 3:49 pm
by FCLoretz
Ja blok, maar wat Arnold se is as jy K_@_K skiet gaan jy nie duike in jou bonnet skiet nie. :)

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 3:53 pm
by Piet Pille
FCLoretz wrote:Ja blok, maar wat Arnold se is as jy K_@_K skiet gaan jy nie duike in jou bonnet skiet nie. :)
Haha, ek sien hoe claim Christo nog 'n voorruit EN 'n respray joppie! :o :laugh:

Re: Krapmerke op voorruit.

Posted: Fri May 31, 2013 3:59 pm
by FCLoretz
Pieter ek sal graag die video van die kettie skiet sien.