Page 1 of 1
Rooikat Hulp asb!
Posted: Wed May 29, 2013 10:48 am
by foxripper
More Manne,
My broer sukkel baie met n Rooikat. Die kat was al 2 keer binne die vanghok. Die eerste keer het hy oor die aftrap plaat gespring en laasnag het hy afgetrap en toe val die hek op hom maar die kat het weg gekom. Hy het ander rooikat sand in die hok gesit (een hek toe) en die kat is elke nag daar. Hy klim ook bo op die hok en die slag yster het hom al n paar keer misgevang ook dat daar net hare aan die yster sit.
So my vraag is.
Sal hy weer in die hok ingaan veral na laasnag se episode?
Gaan my roeper vir hom stuur en watse klanke moet hy probeer?
Goeie raad sal baie waardeer word asb.
Groete
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Wed May 29, 2013 5:20 pm
by johans
fox eks nie so groot kenner nie maar ek gaan jou probeer help aangesien jy nog geen terugvoer gekry het nie.ek dink die kat gaan nou versigtig wees vir die hok,jy kan nogsteeds ysters da stel omdat hy nie so skerp is met yster soos jak nie.die maklikste is egter om maar daar te ry in die aand(as jy kan)en hom so te skiet,hulle hardloop nie so vinnig weg soos jak.as jy n trailcam kan stel nog beter,dan kan jy sien hoe laat hy da kom
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Wed May 29, 2013 5:31 pm
by Ja-jagter
As jy kinders het, vat een van hulle eendjies wat saam met hulle bad.(Anders moet jy maar jou eendjie vat) Gaan na die rk se gebied ,en druk die eendjie op sy maag. Daardie skril sqwiek geluid (pe-pe) is vir die rk vreeslik interessant. Die kat sal vinnig kyk,en as dinge regloop sal die kat sommer inkom ook.
Sterkte
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Wed May 29, 2013 9:37 pm
by Wessel
Wat my die meeste help is maar rondry , springhaas combo en dg1.
Hoop jy kry hom vinnig sterkte.
Groete
Wessel
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Thu May 30, 2013 12:22 pm
by foxripper
Dankie baie, sal probeer maar dink ook die outjie is lank terug "hokslim" gemaak..
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Thu May 30, 2013 5:05 pm
by Doepie01
Speel ore 2 lekker hard vir so 3 minute aanmekaar. Volg op met hasie glen owen. Speel dit sag. As kat daar naby is sal hy val binne 30 minute. Sterkte
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 11:40 am
by foxripper
En na 2 maande, sit die outjie..
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 11:56 am
by matewis
Baie bly, hoop nie hy het te veel skade gemaak intussen nie.
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 11:57 am
by Zack Benade
Gaan jy hom nou makmaak Foxripper?

Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 12:00 pm
by foxripper
hahah..wel ons is so bly om hom te sien, sal hom seker maar n bietjie moet laat "prrrrr"..
Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 6:44 pm
by mariusr
Dis 'n meneer daai!

Re: Rooikat Hulp asb!
Posted: Tue Jun 04, 2013 7:03 pm
by Wanna
Mooi Man!!!!