Page 1 of 2
teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:05 pm
by alecjohnson
Ek het woensdag my nuwe 300 WM gevat vir 'n skietsessie dit was net 8 skote tnoe gee my scopemy 'n ligte soen, skoot was nie reg in die groep nie en ek neem aan dit was 'n vout van my kant af. met die skoot darop neuk hy my weer. Net daar besef ek iets is vout want ek kan terugskop hanteer en is ( voor woensdag ) 17 jaar gelede met die teleskoop geslaan.
Toe ek kyk is die teleskoop ringe vas aan die teleskoop maar nie aan die picatinni blok nie. Ek gaan huistoe maak dit stewig vas en weer op die skietbaan saterdag. So 20 skote later is ek geskok met die groeperings op 100m. ek bekyk my geweer en sien die teleskoop het met 2mm vorentoe geskuif.
Ek wil graag weet by die manne wat goet skiet wat trap, Watter ringe gebruik julle?
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:11 pm
by Sako75
Alec,
Jammer om te hoor oor die gesukkel.
Watter geweer het jy, watter ringe gebruik jy en watter teleskoop het jy? Dis dalk die beginpunt om oor alles te gesels.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:18 pm
by James Wilson
Alec, as ek ltud die eerste keer n scope op n geweer vasmaak, dan vat ek die spanners saam baan toe. So vir die eerste 10 skote trek ek hom elKeer weer vas.
As hy logekom het en maak hom weers vas. Dan is dit so goed jy moet maar weer die plan soos bo, toepas.
Maar n 300 is nie jpu maat nie, en sal dit goed wees as jy die info soos Sako voorgestel het gee.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:21 pm
by alecjohnson
Remington 700 in 300 WM kaliber
Rudolph teleskoop H1 3-12x50 1"pyp
Sun optics ringe
Howa Picatinni rail
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:40 pm
by Sako75
As ek so vinnig kyk is Sun Optics se produkte meerendeels gerig op die luggeweer mark en ek wonder of dit dalk nie die wortel van die kwaad is nie. 'n 300WM sal geen genade met iets he wat vir 'n luggeweer gemaak is nie. Ek het al gesien hoe 'n 9,3x62 onvoldoende ringe morsaf skeur.
Daar is legio opies in terme van ringe en monterings maar ek sou nogal na Warne se produkte kyk. Ek hoor graag wat die ander manne se.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:46 pm
by NEGE3
Jy is reg. Indien dit van aluminium gemaak is gaan dit nie lank hou nie. Indien dit staal is moet jy dalk so bietjie lock-tite op die skroefies sit voor jy dit vasmaak. Sal help as jy 'n foto van die opset kan opsit.
Jammer oor die half moon. Is nie lekker nie.
Groete.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:49 pm
by alecjohnson
sal nou 'n foto opsit. dit was ongelukkig nie 'n goeie halfmoon nie, ek was nie eers rooi nie

Het my wel weer geleer dat almal van die .22 tot die 458 Lott nie onderskat moet word nie
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 6:54 pm
by bullseye
Stem saam warn ringe sal jou probleme oplos
Bullseye.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 7:11 pm
by cassie_calvinia
ek het ook lank terug met die 7.62 so gesukkel. die les was, koop die beste ringe, en basis wat jy kan bekostig
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 7:59 pm
by PWV
Alec
Wanneer jy die skroewe vasdraai en hulle is droog, veroorsaak dit wrywing (veral met daardie laaste draaitjie) en jy kry hulle nooit werklik so vas soos wat jy dink nie.
Vat 'n olielappie en vee die skroefdraad daarmee af sodat 'n dun lagie olie op die draad bly. Draai dan die skroewe vas.
Ek ken nie jou opset nie en dit mag wees dat daar ander probleme is. Ek sê dus nie dit gaan jou probleem oplos nie. Maar, dit is die manier waarop skroewe styf vasgedraai word en gee hulle nie sommer skiet nie.
Groetnis
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 8:15 pm
by alecjohnson
Dankie vir al die hulp.
sal more gaan kyk na warne mounts.
Oom pieter ek glo darm dat om locktight op te sit die selfde effek sal he? of is ek verkeerd. hoor graag.
Re: teleskoop skop los
Posted: Mon May 27, 2013 8:24 pm
by Christo
alecjohnson wrote:Dankie vir al die hulp.
sal more gaan kyk na warne mounts.
Oom pieter ek glo darm dat om locktight op te sit die selfde effek sal he? of is ek verkeerd. hoor graag.
My 338WM Nosler het ook net so 50+skote nodig gehad om skroefies los te skud. Dit het my seker 20 skote en 'n amperste angs aanval gekos om dit agter te kom, die scope teen daardie tyd toe in al die rigtings gestel.
Toe hom met loctite gedoen. Sal maar kyk waar gooi die volgende 50 skote.
Vir 'n geweer wat regtig mooi gegroepeer het was dit amper my einde
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 6:02 am
by Reggie Gerber
Alec
Is jou howa picatinny n 1 stuk of twee stuk rail
As dit een stuk is wil ek weet hoe jy dit laat pas het want die spasie van voorste skroefies tot agterste skoefies is nie die selfde nie op die Rem en Howa nie.
Twee stuk rail sal wel pas.
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 9:21 am
by Sako75
Dit sal interessant wees om te hoor hoe maak mens as mens die skroewe vasgegom het en dan hulle vir die een of ander rede weer moet loskry?
Uit beginsel probeer ek so ver moontlik daarvan wegstuur maar ek verstaan heeltemal die redenasie daaragter om hulle wel vas te gom? Mens is half vasgevang tussen die duiwel en die see?
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 9:42 am
by Carl
Volgens Warne, as die skroewe op spec gewring is (15lb torque) is die gom nie nodig nie.'n Pel wou nou die dag losmaak en was onsukselsvol.
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 9:45 am
by mariusr
As jy ordentlike staal basis en ringe op sit is dit glad nie nodig vir gom locktite ens! Dit skep net probleme as jy later ander teleskoop moet op sit!
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 9:50 am
by Reggie Gerber
Loctite kan met mama se haardroer of (kopskoot) sin sag gemaak word
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 9:54 am
by Hein22
Sako75 wrote:Dit sal interessant wees om te hoor hoe maak mens as mens die skroewe vasgegom het en dan hulle vir die een of ander rede weer moet loskry?
Uit beginsel probeer ek so ver moontlik daarvan wegstuur maar ek verstaan heeltemal die redenasie daaragter om hulle wel vas te gom? Mens is half vasgevang tussen die duiwel en die see?
Ek hou self nie daarvan nie maar dit kan wel maklik los gemaak word. Vat 'n soldeerbout en maak die skroef warm voordat jy hom uit draai... dit maak die loctite weer sag.
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 10:16 am
by Jean Marais
Ek glo ook in lock-tite - die blou botteltjie. Rooi klou te kwaai.
Ek stem dat dit jou ringe is. Met die terugskop G-force, word daai teleskoop lekker swaar,sommer 'n hele paar kg, daarvoor moet jy goeie ringe opsit. Warne is baie goed, maar jy kan ook na Lynx kyk.
Groete
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 11:22 am
by Gawie(13mm)
Dagsê manne. Net my 2c.
My 243 Howa het ook sy Howa aluminium rail met Warne ringe, bly afgooi.
Hier is my raad: Maak skoewe wat rail vashou met die regte grootte wring sleutel los.
Plaas skroefies eenkant vir hergebruik.
Neem Howa aluminium piccatini rail. Stap nou na voorhekkie met rail in regter hand. Plaas rail op tuin-muurtjie en warm gooi arm goed op. Neem rail op en werp so ver moontlik in die pad af of gooi in vuilisdrom as jy nie die agresiewe tipe is nie.
Koop nou Warne staal basis.
Dit het vir my gewerk.
Groetnis
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 11:47 am
by PWV
7mm wrote:Dagsê manne. Net my 2c.
My 243 Howa het ook sy Howa aluminium rail met Warne ringe, bly afgooi.
Hier is my raad: Maak skoewe wat rail vashou met die regte grootte wring sleutel los.
Plaas skroefies eenkant vir hergebruik.
Neem Howa aluminium piccatini rail. Stap nou na voorhekkie met rail in regter hand. Plaas rail op tuin-muurtjie en warm gooi arm goed op. Neem rail op en werp so ver moontlik in die pad af of gooi in vuilisdrom as jy nie die agresiewe tipe is nie.
Koop nou Warne staal basis.
Dit het vir my gewerk.
Groetnis
Seven-mil
Waarom so 'n dramatiese storie maak as jy net kon gesê het: "M##r die alluminium rail weg"

Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 12:21 pm
by mariusr
Pieter dink 7mm wil net mooi laat weet wat dink hy van alm ringe ek voel die selfde moer die goed asb! WEG want jy gaan net oneindige pyn en lyding he!

Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 12:21 pm
by mariusr
Sorry dink een post is genoeg

Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 1:52 pm
by Gawie(13mm)
mariusr wrote:Sorry dink een post is genoeg

Jy's vergewe.
Re: teleskoop skop los
Posted: Tue May 28, 2013 7:54 pm
by Christo
Carl wrote:Volgens Warne, as die skroewe op spec gewring is (15lb torque) is die gom nie nodig nie.'n Pel wou nou die dag losmaak en was onsukselsvol.