Page 1 of 1
Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 11:49 am
by matewis
Dagse jaracallers,
Ek begin huiswerk doen vir my volgende voertuig en dit moet 'n dubble-cab wees. Familie het gegroei en ek soek 'n ding wat prams, skopfietsies, en kratte vol speelgoed en kaaskrulle kan saamry naweke en vakansies.
Kamp ook graag so moet my 4x4 kamp-sleepwa met gemak kan sleep.
Wil nou nie 4x4-roetes aanpak nie maar wil darem daai 2-spoor sandpaadjies in die Gemsbokpark kan ry om by Bitterpan uit te kom.
Brandstofverbruik speel 'n rol aangesien dit my elke-dag-kar gaan word. Ek is ook maar 'n sucker vir gadjets so oulike "nice-to-have's" tel vir iets. Met die 2 laaities is leersitplekke baie waardevol.
Kom ons aanvaar almal het ewe veel kilos op en kos dieselfde. Elkeen het voor- en nadele, gooi maar soos jul lus het. Maak jou keuse en voel vry om kommentaar te lewer, word waardeer...
Groete
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 11:59 am
by BLOK
Let wel op manne dat agter party staan 4x4 agter ander 4x2, kan n verskil maak in die keuse.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 12:19 pm
by Chevvy SS
Sit nog opsies by. Wat van 2013?
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 12:21 pm
by matewis
Budget-constraints
Enige voorstelle wat in hierdie prysklas sal kompiteer Chevvy?
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 1:16 pm
by Alwyn
Matewis
As ek nou reg lees is daar dan net 2 om van tekies.... Dis nou wat 4x4 is.....
So persoonlik sal ek vir opsie 3 gan.......
n Hilux 4x4 gan soek.....
Dis net my 5c
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 1:25 pm
by matewis
Alwyn, dink jy 4x4 is so belangrik gegewe waarvoor ek hom nodig het? Sal n 4x2 met difflock nie dieselfde gee nie? Die pryse spring net drasties wanneer dit by 4x4 kom, wat beteken dat ek moet kyk na ouer model. Ek weet nie of ek n 2de handse dieselbakkie met amper 100,000 kilos op wil koop nie?
Ek wil nie afrika toer met hom nie, maar die goed is nie goedkoop nie. Indien jy R300,000 plus gaan spandeer op n bakkie moet hy seker ten minste vir jou opsie van 4x4 kan gee, se die stemmetjie op my skouer vir my..
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 1:32 pm
by Alwyn
Matewis
Ek stem 100% saam met wat jy se....
MAAR
Bitterpan is een van my ginsteling pleke om tegan "rus" so ek sal net vir daai pad n 4x4 aan hou

Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 1:34 pm
by matewis
Alwyn jys nie dalk daai stemmetjie op my skouer nie?

Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 1:44 pm
by Alwyn
Bwahahahaha
Hello Matewis my little frend......

Ek self sit in n twee stryd oor n ryding... Ek will n supercab bakkie koop vir elke dag se gebruik en dan natuurlik vir jag....
En mama se NEE sy wil n bussie he "wat van as die kinders kom" LOL
Sterkte met jou besluit my maat!!!
Sit foto's op as jy een gekry het!!!!
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 3:12 pm
by matewis
Dit is opmerklik dat die oorgrote meerderheid steeds die hilux kies, al is hy 4x2.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 9:18 pm
by Christo
Toyota. Amabroek!!!
Kyk maar, hulle is gewoonlik duurder as die res in die 2de handse mark.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 9:46 pm
by kwagga_1
EK ry 'n 4x4 Navara elke dag - baie lekker bakkie maar soos Piet se, hy is vrek swaar op sous in die verkeer!
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 9:56 pm
by Chevvy SS
" Wil nou nie 4x4-roetes aanpak nie maar wil darem daai 2-spoor sandpaadjies in die Gemsbokpark kan ry om by Bitterpan uit te kom."
Enige 4x4 behoort dit wat jy verlang te kan doen. Jy hoef dus nie die beste in die mark te kry nie.
Met die nuwe Ford en Isuzu op die mark behoort daardie fabrikate se pryse tweedehands laer te wees as die ander.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Thu May 23, 2013 9:59 pm
by BenG
Melk, coke en Amarok kom in 2L. Bakkies in 3L
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 5:59 am
by Chrisjan
Navara vat no1 vir my, dan Ford en dan toyota.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 7:53 am
by matewis
My gedagtes was nog altyd op die hilux maar ek moet bieg die nuwe ranger is netjies. Maar almal is lieries oor die 3.2 en nie noodwendig die 2.2 nie. Die 3.2 is vir my n trappie bo die 3 liter hilux maar so ook die prys!
Ek het nie die nuwe 2.5 hilux op nie. Dalk ook n opsie indien ek goedkoper 4x4 wil gaan. Maar dan dink ek eerder die kb.
Wat egter blyk is dat maar eerder bietjie moet spaar en 4x4 gaan, terwyl n ou besig is.
Is daar n groot verskil in brandstofverbruik tussen 4x2 en 4x4?
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 8:23 am
by Chevvy SS
4x4 is beslis swaarder, want daar is die ekstra gewig van die oordraratkas en ander komponente. Mens het ook 'n redelike kragverlies a.g.v. daarvan.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 9:13 am
by vlakvark1
n 4x4 se onderhouds kostes is ook baie meer as n 4x2
As jy hom nie baie gaan gebruik nie koop eerder n 4x2
Ek ry DC Hilux 4x2 met difflock en daar is nie fout nie.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 10:17 am
by Stefan764
Waar is die Cruiser?
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 10:20 am
by matewis
By die petrolpomp
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 10:23 am
by VdWalt
Stefan764 wrote:Waar is die Cruiser?
In n ander prys klas.
Re: Kies jou bakkie:
Posted: Fri May 24, 2013 12:42 pm
by Carl
Ek het nou weer gesien met ons lang afstand jag (die wettige tipe) ry. Kyk dis lekker met 'n groot bakkie en enjin maar die sous kos baie bokke. Die manne met die petrol Cruisers het met liefde hulle tuis gelos.
As my situasie reg is kyk ek na die VWgens, julle kan sĂȘ wat jy wil maar as 'n ding vir die selfde prys minder brandstof verbruik vat ek hom eerder. My manlikheid hang nie af van 3liter of meer nie.