Page 1 of 2

Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 4:16 pm
by Chevvy SS
Ek is seker dit is al bespreek; so as iemand my na daardie topic kan verwys sal ek graag daarna wil gaan kyk.

My 300 WM, met muzzle brake, trap nog te hard. Ek het al gelees van kwikstawe en lood, ens, maar soek 'n werkbare eenvoudige oplossing.

Bietjie raad sal waardeer word.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 4:29 pm
by FCLoretz
watse maak is jou 300?

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 4:31 pm
by Gert Odendaal
Ek raai dit is `n Sako?????

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 4:48 pm
by Chevvy SS
Tikka

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 5:45 pm
by NEGE3
Het jy al 'n sissie pad probeer. Jammer ken nie regte woord nie en bedoel ook nie jy is een nie. Ek weet net die 300WM het 'n ongeskikte klap aan hom. Sien Mauser installer nou 'n buis van vlekvrye staal gevul met tungsten balletjies in hulle gewere op aanvraag. As hulle dit aanbeveel behoort dit seker te werk. Ek weet ook van manne wat kwikstawe gebruik wat tevrede is.
Groete.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 5:55 pm
by Fanta300
My 300WM het 'n kwikbuis in en dit help beslis. Skouer pad (sissie pad) help ook

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 6:03 pm
by PWV
Chevvy

Julle ou manne moenie meer met sulke gewere skiet nie. :P
Maak hulle nie .22 WM's nie? ::)

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 7:28 pm
by 308Win
Ek het eenkeer met 'n ander ou se Ruger 300WM geskiet. Plastiek kolf en dun vlekvrye staal lopie. En witwarm ladings. Ek het vir 3 dae bloed in my uriene gehad. Wel, dit het so gevoel.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 7:39 pm
by junglejulian
As hy n plastiek kolf het kan jy hom vol Marine silicone spuit.Sit extra gewig by asook absorbeer die recoil ook beter.Het ook nie meer die hol plastiek klank nie.Anders nuwe beter ontwepte kolf

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 8:14 pm
by Martin82
I have a .300WSM and had a recoil reducer put in the stock. It this lead thing with a spring in it. It also adds a bit weight which i like. It makes a difference when shooting 30 rounds at a range.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 8:42 pm
by Christo
As jou kolf sinteties is sit epidermix epoksie in met staal of lood balletjies, so 200-300gram. Ek het dit gedoen en dit werk redelik goed. Houtkolf boor agter en sit dieselfde in, ek is seker dat dit verskil gaam maak.

As jy kwikstaaf soek het ek een. Enigiets bo R400 en hy is joune. Ek het begin hom insit toe die geluid my gepla het en ek hom uitgehaal het voor ek klaar was.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 8:48 pm
by JohanvB
Mooi Oom Pieter...

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Wed May 22, 2013 10:15 pm
by Fanta300
Christo, as jy nog die geluid van die kwik kan hoor, het jy nog nie genoeg geskiet nie :laugh: :laugh:

Ek kan lankal nie meer myne hoor nie. :-\ :-\

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 5:00 am
by Gerhard
Kyk na die design van jou kolf.

Die kolf se vorm het baie invloed op hoe recoil gevoel word.

Jy het reeds n MB op dalk al daar aan gedink om n KD op te sit?

KD vat baie van die skop weg ...

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 8:43 am
by Geno
Herkamer die geweer na .30 Carbine
Dis meer gepas vir julle recoil-shy tipes... ;D

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 8:48 am
by Chevvy SS
Gerhard, die verskil tussen MB en KD kan tog nie noemenswaardig groot wees nie?

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 8:55 am
by Eugene
Chevvy SS wrote:Gerhard, die verskil tussen MB en KD kan tog nie noemenswaardig groot wees nie?
Chevvy, ek het nie baie kennis van MB's nie, maar ek het verstaan dat 'n KD meer help met recoil as 'n MB.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 9:07 am
by Chevvy SS
Eugene, soos ek gelees het is daar baie verskillende claims van verskillende vervaardigers. Ek persoonlik dink egter dit kan nie meer as 10% wees nie, maar wag maar om te hoor wat die kenners sĂȘ.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 9:10 am
by Chevvy SS
Christo wrote:As jou kolf sinteties is sit epidermix epoksie in met staal of lood balletjies, so 200-300gram. Ek het dit gedoen en dit werk redelik goed. Houtkolf boor agter en sit dieselfde in, ek is seker dat dit verskil gaam maak.

As jy kwikstaaf soek het ek een. Enigiets bo R400 en hy is joune. Ek het begin hom insit toe die geluid my gepla het en ek hom uitgehaal het voor ek klaar was.
Hallo Christo

Op watter geweer het jy dit gedoen? En watter gewig is jou kwikstaaf?

Dankie.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 9:23 am
by Martin82
That recoil reducer on my .300WSM made a slight difference, it just took that sting out of it

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 9:27 am
by Gerhard
Chevvy SS wrote:Gerhard, die verskil tussen MB en KD kan tog nie noemenswaardig groot wees nie?
KD op my 3006/303/222 maak n groot verskil.

Nie net aan die recoil nie maar ook die impak op my ore...

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 11:46 am
by Louis Kriel
Chevvy koop vir jou n ligte geweertjie (wat van Howa? ;D ) in 375 ruger en skiet hom met 300gr koele teen 2600+ fps. As jy daarna met jou 300 winmag skiet gaan jy hom nie eers voel nie.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 12:24 pm
by Chevvy SS
Piet, hoekom koop jy nie 700 Nitro Express om jou meer gewoond aan die 375 te maak nie?


Ek soek 'n oplossing, nie str..nt antwoorde nie.

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Thu May 23, 2013 12:33 pm
by Wouter Roets
Chevvy

Kwikstaaf saam met n Pachmayer Mugnum Decelerator pad. Jy het ook mos klaar skroefdraad op die loop so kry sommer n Terminator ook.

n Goed ontwerpte muzzle break gee nog steeds die grootste felt recoil reduction. By die groter kalibers veral kan silencers nie vermag wat die MB reg kry nie. Daar is natuurlik n enorme prys wat die skut sowel as bystanders betaal. Dit is dan die rede hoekom n mens van adisionele hulpmiddels gebruik maak soos kwikstawe en spisiaal ontwerpte recoil pads.

Groetnis
Wouter

Re: Oplossing vir recoil.

Posted: Mon May 27, 2013 10:56 pm
by tau
Kyk ek het 'n 7 mm rem mag en .375 ruger . Ek skiet albei heeldag. Dan het my pa 'n ou voere 7 mm rm .......hy piets jou lelik. Nuwe recoil pad en ligte knaldemper en hy is nou sommer diep lekker om te skiet. Vra vir Erwee Basson in Vredendal.