Page 1 of 1

Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 10:10 am
by DJ V
More,

Ek kan een in die hande kry teen 'n baie goeie prys en het self een gehad jare terug en nooit geskiet nie en hom toe verkoop .. so ek kan nie se nie.

Ja hy is bledie lelik, maar eks nie daaroor geworry nie. Ek soek ook 'n ander pistool ook en onder my komende sportskiet status sal ek wel nog kan kry (wel ek hoop).

So julle insette word wardeer, maar wees spesifiek - moenie net se "dit 'n stuk julle weet" wat nie. En die ouens wat het kan se waarvan hulle hou.

Ek kyk verder.

Re: Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 10:53 am
by savage(P Coetzer)
Ek weer daar was n recall op hulle gewees en dat dit destyds vektor se bank baie seer gemaak het.

Re: Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 11:49 am
by Chevvy SS
My vrou het een gehad wat ek vir 'n vriend gegee het omrede sy nie kan skiet nie. Vir my was hy mooi, en bleddie akkuraat.

Re: Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 1:34 pm
by Gregvzyl
Die CP1 is die ysberg wat Vector gesink het. Daar was 'n probleem met die interne veiligheids meganismes en 'n wereld wye "recall" is uitgeroep. Die in Suid Africa is meestal herstel.

Ek het ook gehoor van mense wat probleme opgetel het om hulle te lisensieer. CFR dring aan op 'n setifikaat wat LIW uitgeryk het met elke herstel, Daarsonder wil hulle nie 'n CP1 lisensieer nie.

Vir EDG sal ek ver weg bly van die CP1. Vir sport of selfs net die "snaaksigheid" om een te besit sou ek nogal nie omgee om een te he nie.

Re: Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 2:31 pm
by DJ V
ahh... Piet Skiet - dis hoekom ek die vraag vra op so 'n forum, daars altyd klein jakkalsies waarvan mens vergeet...

Dis 'n ander penarie daai, sal maar mooi gaan dink en biedjie huiswerk doen

Re: Opinies op Vektor CP1

Posted: Wed May 22, 2013 6:21 pm
by Frederik
Ek het een en dra om al vanaf 2001 hy is nie die akkuraatse nie en jy moet om skoonmaak na 100 skote op die baan anders gaan hy stoor. Om die sertifikaat te kry vir die lisensie dat die safety werk is geen probleem nie hulle help graag by DENEL kan nie die tannie se naam onthou nie maar sy is nogsteeds daar.

Hy werk vir close encounter shooting waarvoor hy gemaak is en loop mooi met PMP hollow points asook RN koeels en Remington Golden Sabres wat ek dra saam met Black Talons.