Page 1 of 1
Europese wilde vark jagters groep (Spekskieters)
Posted: Fri Oct 08, 2010 8:35 am
by baboonstalker
Hierdie thread is vir almal wat wil jag maak onder die europese wide varke (European Wild Boar) wat nou probleemdiere geword het.
Kom ons kyk of ons 'n paar jagplekke kan bekom en voerplek opstel sodat ons hierdie otters bietjie kan roer.
Almal wat lus is vir otterjasie jag, raad het met hoe dit gedoen moet word, ken van voer tegniek of wat weet van jagplekke of boere wat las het van die monsters, is welkom om op die wa te klim.
===================================================================================================================
Ek het al gehoor van boere wat nie meer mense toelaat om varke by hulle te skiet nie omdat party ouens vernielsugtig is of sommer onder wildsbokke ook begin maai het.
As jy dus deel wil wees van die groep en saam wil skiet sal jy jou moet verbind tot behoorlike gedrag sodat een vark nie ons ander varke se pret bederf nie!
===================================================================================================================
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 9:31 pm
by Monrique (SJ)
Pieter
Dalk moet ons in verbinding tree met die manne van Kaapjag wat oor die wintermaande vark jagte gereel het vir ouens wat dit wou doen. Dit gaan nog n varkerige besigheid word.
Groetnis
SJ
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 10:06 pm
by baboonstalker
SJ,
Ons het met Horst gepraat kort nadat die eerste berig in Kaapjag se nuusbrief verskyn het en ons is toe vertel dat dit lank gaan vat voor iets gereel word.
Sal jy weer met hulle skakel en kyk wat die stand van sake tans is?
Pieter
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 10:24 pm
by Monrique (SJ)
Pieter
Ek sal met hulle in verbinding tree en kyk wat uitspring. Kom ons hoop vir die beste.
Ek het n tyd terug gehoor dat hier 1 of 2 ouend by Riebeeck is wat varke voer, sal kyk of ek iets daar ook kan uitvind.
Groetnis
SJ
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 10:57 pm
by baboonstalker
SJ,
Ek het ook vandag gehoor van iemand by Hermon wat met die otters sukkel.
Sodra ek met hom kontak gemaak het kan ons miskien so 'n "scout" spannetjie optrek om te gaan kyk.
Pieter
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 11:18 pm
by Monrique (SJ)
Pieter
Dit lyk my die goed vat oor daar in die vallei. Ons moet bymekaar kom om bietjie die ding lekker deur te trap. Dit kan net lekker wees. Hierdie kan n varkerige affere raak.
Groetnis
SJ
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Fri Oct 08, 2010 11:44 pm
by Monrique (SJ)
Freek, Geno, Iceman1982
En al die ander vark jagters, sal dieselfde "aas" wat julle gebruik vir bosvark ook werk vir wilde vark se kind? Of wat beveel julle aan wat werk?
Groetnis
SJ
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Sat Oct 09, 2010 8:16 pm
by Christo
Waar sluit ons aan om deelname te verseker?
Ek hoor/lees die varke is lankal nie meer Euro's nie. BOERBOARS is hulle naam nou, wat s? die manne wat weet.
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Sat Oct 09, 2010 8:27 pm
by Robert
is daar 'n foto vn die varke beskikbaar?
Sal graag wil sien hoe lyk die otte.
Robert
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Sun Oct 10, 2010 3:47 pm
by Freek
SJ, daai aas gaan verseker werk. Laat weet waar sukkel julle met die goed, sal 'n sample beskikbaar stel om te toets.
Mooi loop!
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 9:23 am
by Piet Breedt
Ek roep hulle sommer in op my Foxpro. Ek het n geluid afgelaai van n Europese webwerf af wat wonderlik werk. Die geluid klink vir my nes n vrot pampoen.
Jis maar nou skiet ek darm lekker spek, nog voordat ek al een van daardie otte gesien het. "Jis, hoor hoe lieg daai vark" hoor ek julle s
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 9:35 am
by Freek
Baas Piet, lekker skiet jy nou n?... Ek soek nog na 'n klank wat klink soos 'n mielie, kan jy help? Nee wat voer die goet, sit hulle voor en kry klaar. As jy lief is vir loop, kan jy hulle op die voet volg/spoorsny - wees gewaarsku, mens sit gou baie myle op en 'n paar "bootse" word nou-nou deur gestap.
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 10:24 am
by tafjak
Freek
Nou dat ek die vark-storie so lekker lees dink ek onwillekeurig aan 'n paar familie-lede(varkerig

) wat in die Gamtoosvallei-Ooskaap woon.
Dit is darem nou voor die trail-cam en sulke lekker hulpmiddels. Die 2manne is boere en moet die tyd wat tot beskikking is optimaal gebruik. Hul plan om die aankomstye van varke by aas vas te stel is: Neem een wekker(ouer tipes met AA-of groter battery) met trip wire aan aas te stel Tou om/aan aas en ander ent aan die battery van die wekker. So kon hulle die tyd vasstel wanneer die varke opdaag by die voerplek en nog genoeg rus die res van die nag.
Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 10:37 am
by Freek
Ja-nee Taffie die manne maak alerhande planne om die lang wag so kort en gemaklik as moontlik te maak. Een van my vark kolegas het 'n bosvark alarm stelsel wat hy gebruik. Voer die goed sommer hier naby sy slaap kamer venster. Die ou het 2 huis alarm ogies (daai goed wat teen die muur vas kom en laser/lig straal tussen mekaar praat, as die skelm in kom en die straal breek aktiveer dit die alarm) by die voer gestel. Al verskil is hy het die toestel nie gekoppel aan 'n alarm speaker nie maar 'n klein buzertjie wat hom wakker maak en nie die varke weg jaag nie. Die ding staan lang sy bed kassie. So hy gaan slaap rustig met sy roer langs hom, as die varke beginne vreet dan word hy wakker gemaak om gou sommer so uit die kamer venster uit een of 2 te skiet. Lekker gemaklik s? ek jou.

Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 10:46 am
by Freek
... probleem is net dat die duikers, steenbokke, hase, ystervarke ens. jou ook lekker uit die slaap hou met die metode en nie noodwendig daai VARK nie.

Re: Europese wilde vark jagters groep
Posted: Mon Oct 11, 2010 11:45 am
by baboonstalker
Freek, duikers, steenbokke, hase en ystervarke wat mens in die middel van die nag wakker maak is ook varke in my boek.
SJ, net 'n regstelling oor my vorige uitlating: dit is met Gustav Smit wat ons gepraat het en nie met Horst nie. Hy het ges? dat hulle op daardie stadium nog besig is met reelings om die varke aan te vat, maar as jy dit op privaat grond met toestemming van die eienaar doen kan jy maar aangaan.
Pieter
Re: Europese wilde vark jagters groep (Spekskieters)
Posted: Mon Nov 08, 2010 10:21 am
by baboonstalker
Ons het Vrydag aand toe die eerste van die spekskiet sessies aangepak en dit was vetpret!
By die plaas aangekom (22:00 se kant) maak ons kennis met die jong boer. Hy laat weet ons sommer ook dat hy nie sy tyd in die aand mors en dit agter 'n vark aan nie. Hy s? tog hy wil ons gaan wys waar die varke hou en sy vrou is sommer ook saam vir die ride. Ons is nog onderweg na die varke, toe kry ons hulle sommer langs die pad in 'n stoppelland en net daar breek die derde w?reld oorlog uit. (gelukkig is ons gewere al uit) Van daardie oomblik af is dinge effe waserig in die geheu. ek kan nie s? hoeveel keer ons gestop het of waar en hoe v?r ons gery het nie, dit het gevoel soos twee ure, maar dit kon ook 10 minute gewees het, al wat ek weet is dat bokkoors kry maar 1/10 op die varkkoors skaal. Toe die vuur die eerste keer staak, is my magasyn leeg en bewe ek soos 'n klein seuntjie, ek soek verwoed vir my sak want ek moet NOU nog koeele kry!
Met die opruim het ons 5 groot varke gekry en 6 kleintjies, maar die volgende dag het hulle nog 2 grotes en 'n kleintjie opgetel. 14 varke op ons eerste aand is meer as wat ek in my wilde drome verwag het.
Ons is baie gelukkig daar weg en ek glo die boer is ook tevrede met die getalle wat ons afgehaal het.
Met die ry slag s? die boer vir sy vrou dat sy hom tog moet herhinder om koe?le vir sy geweer ook te kry en ek is seker SY sal maar volgende keer die bakkie moet bestuur, want die man, is ook nou gebyt.
Sondagmiddag het die eerste varkie toe ook met die spit kennis gemaak en die eetslag was amper net so lekker soos die skietslag.
Ek sien terdee uit na die OTjAg-2
Re: Europese wilde vark jagters groep (Spekskieters)
Posted: Mon Nov 08, 2010 10:55 am
by jmb
Ouens as julle nog 'n "spekskieter" soek laat weet net waar en wanneer. Ek is beslis in.
Re: Europese wilde vark jagters groep (Spekskieters)
Posted: Mon Nov 08, 2010 8:30 pm
by Christ2
Re: Europese wilde vark jagters groep (Spekskieters)
Posted: Tue Nov 09, 2010 10:19 am
by MJK
Pieter
Eks verseker volgende keer in... Wat moet betaal om deel te wees van uitgelese groepie???
Daai otte is iets vreeslik en moet dieselfde aand afgeslag word. Anders sien jy vreemde wesens rondloop die volgende dag op daai karkas
Sien jou Saterdag