Page 1 of 1

Indringer plante

Posted: Thu May 16, 2013 7:21 pm
by Tarzan
Dagse manne,
Wat se indringers het jy? Die wat gelys is en die wat jy sien as indringers.
Vertel ons asb wat se plante pla jou op jou plaas.

Re: Indringer plante

Posted: Thu May 16, 2013 7:27 pm
by Johan Nel
Lantana, jakarandas, kakiebos (eintlik moet ek se kakiebome) spaanse riet, oliebome, bosluisbome, kasterolie.

Net enkeles,
Groete,
JHN

Re: Indringer plante

Posted: Thu May 16, 2013 8:18 pm
by PWV
Tarzan wrote:Dagse manne,
Wat se indringers het jy? Die wat gelys is en die wat jy sien as indringers.
Vertel ons asb wat se plante pla jou op jou plaas.
Wat pla jou, Tarzan?

Re: Indringer plante

Posted: Thu May 16, 2013 9:28 pm
by Tarzan
Eks nie so seker nie oom pieter, hier in jansenville area groei nie in my opinie genoeg van enige plante om te pla nie. Klink my meer die ander ouens het klagtes oor sekere bome. Ek verpes natuurlik die black wattle bome hier in pe maar het byvoorbeeld al gehoor die manne kla oor haak en steek. Ek wonder dan of dit acacia tortilis is want ek is mal oor daai boom en wonder hoe so n bosveld boom vir iemand n indringer kan wees?

Re: Indringer plante

Posted: Sat Jan 16, 2016 6:54 pm
by Williebees
Tegnies word verwys na Indringers (altyd uitheems, en in verskillende kategoriee op die lys) en bosverdigters (inheemse bome wat weens sekere faktore - gewoonlik oorbeweiding of erosie 'n probleem word.)

Hier in die droe bosveld (Ellisras) is indringers gewoonlik beperk tot die rivieroewers en tuine omdat hulle nie sommer die mas kan opkom sonder ekstra water nie. nagblom en turksvye is 'n uitsondering op die stelling.
In die genoemde vogtiger gebiede: Sering (Melia azedarach) Lantana , geelklokkies (Tecoma stans), jakaranda en Sesbania.

Ek het eenmaal in die Karoo gaan jag, naby Britstown, en was geskok om te sien wat se probleem die Prosopis in die rivierlope is.
Nie net maak dit die rivierloop ontoeganklik vir mmens en dier nie, maar dit droog die grond rondom die struik so uit, dat die inheemse, voedsame karoobossies vrek. Dit lei tot erosoeslote wat weer bevolk raak met Prosopis, en so gaan die bose kringloop aan.

Bosverdigting soos genoem is soms 'n simptoom van oorbeweiding - hier het ons te doen met Swarthaak, sekelbos, Haak en steek, fluitjiesriet en selfs vaalbos. Party mense se ook dit is 'n gevolg van die hoer co2 vlakke a.g.v. aardverwarming.

Williebees

Re: Indringer plante

Posted: Sun Jan 17, 2016 2:25 am
by kwagga
Hoofsaaklik lantana en nagblom hier op die springbokvlakte Settlers area.
Lantana baie moelik om te beheer aangesien die gif wat jy moet gebruik omliggende bome ook doodmaak. Jy moet hom basies met die hand uitroei wat nie maklk is nie.
Nagblom baie makliker om te beheer, steek hom met skroewedraaier en sit gif in en hy sal dan vrek.

Re: Indringer plante

Posted: Sun Jan 17, 2016 5:52 am
by Williebees
Waar op die springbokvlakte Kwagga?
Ons het 'n plaas gehad so 12 km suid van Settlers, ek besoek die plaas nog van tyd tot tyd vir voeljag.
Daar is ook 'n probleem met sering, maar baie erger is die bosverdigting _ bloubos (Diospyros), pendoring (Maytenus) en taaibos (Searcia pyracantha). Daa is groot dele waar jy nie met 'n haelgeweer en hond kan beweeg om voels te skiet nie.

Re: Indringer plante

Posted: Sun Jan 17, 2016 4:29 pm
by kwagga
Williebees wrote:Waar op die springbokvlakte Kwagga?.
Omtrent so 14 km vanaf Settlers op die Nylstroom pad net voor jy die Marble Hall T-aansluiting kry.
Dit was 'n beesplaas wat ons besig is om te omskep in 'n wildsplaas.

Re: Indringer plante

Posted: Sun Jan 17, 2016 4:59 pm
by Williebees
kwagga wrote:
Williebees wrote:Waar op die springbokvlakte Kwagga?.
Omtrent so 14 km vanaf Settlers op die Nylstroom pad net voor jy die Marble Hall T-aansluiting kry.
Dit was 'n beesplaas wat ons besig is om te omskep in 'n wildsplaas.
Mooi so Kwagga, dan ry ek by jou verby elke keer as ons gaan voëljag.

Het julle ook so probleem met bloubos, maythenus en taaibos?

Re: Indringer plante

Posted: Sun Jan 17, 2016 7:21 pm
by Williebees
Hier is 'n paar karooboere en Namibiërs op die forum.
Vertel ons bietjie van Prosopis - Hoe erg is dit?
Hoe bekamp julle dit?
Ek het gehoor as 'n boer op 'n prosopisvrye plaas skaap inkoop, kwarantyn hy hulle vir twee weke in 'n kraal.
Al die prosopispitte is dan in die kraal, en soos hulle ontkiem trek jy hulle uit.

Williebees

Re: Indringer plante

Posted: Mon Aug 01, 2016 11:17 pm
by kwagga
Vandat ek my elande na die nuwe plaas geskuif het is die nagblom besig om pakslae te kry! Veral nou in die winter verniel hulle die goed ordentlik. Oor 2 jaar is daai probleem ten minste opgelos.