Page 1 of 1

Soek n Redfield revenge scope

Posted: Tue May 14, 2013 8:54 am
by Nickvn
Ek is op soek na n Redfield Revenge 6-18 x 44 scope met n accu-ranger reticle. As iemand weet waar ek een kan kry skreeu asseblief. Ek het al baie agente gebel maar alles is uitverkoop.

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sat Jun 29, 2013 9:12 pm
by Karooklong
Weet nie of jy al reggekom het nie, maar probeer Bay Guns in Mosselbaai - het nie die nommer nie maar telkom navrae sal jou kan help. Praat met Johan van Wyk.

Ek is nie seker of hy nou voorraad het van daai een nie, maar hy het gewoonlik heelwat Redfields.

Groete

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 8:05 am
by mariusr
Nick het jy Zimbi pretoria probeer ver ek weet is hulle agente vir redfield!

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 9:57 am
by immelmanw
mariusr wrote:Nick het jy Zimbi pretoria probeer ver ek weet is hulle agente vir redfield!
Die agente is Formalito, dus sal almal wat Remington, Leupold en CZ verkoop die Redfield ook kan kry.

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 10:07 am
by Rfourie
mariusr wrote:Nick het jy Zimbi pretoria probeer ver ek weet is hulle agente vir redfield!
Ek het laasweek in Zimbi gestaan, die winkel is in die mark. Dalk nie n slegte koop nie. PM my as daar iemand is wat sou belangstel om saam n wapenwinkel te koop.

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 10:20 am
by mariusr
Jisliaak wat soek hulle? Om te dink die vrou het zimbi begin in haar sitkamer om jag boeke en videos te verkoop !!!

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 10:33 am
by Nickvn
Dankie julle, ek het een gekry deur Formalito.

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 2:15 pm
by Rfourie
mariusr wrote:Jisliaak wat soek hulle? Om te dink die vrou het zimbi begin in haar sitkamer om jag boeke en videos te verkoop !!!
Dit is nogal n storie, nie seker oor die prys nie. Johan wat daar werk het gepraat van R5 miljoen. Die eienaar Mario en sy vrou gaan beide weg. Hulle gaan met sy ander besighede aan. Debbie se seun bly in die besigheid. Ek is nogal lis vir so iets, die 5 miljoen is net n bietjie te veel. Dalk as n mens n paar vriende bymekaar kan sit?

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 11:18 pm
by immelmanw
Rfourie wrote:
mariusr wrote:Jisliaak wat soek hulle? Om te dink die vrou het zimbi begin in haar sitkamer om jag boeke en videos te verkoop !!!
Dit is nogal n storie, nie seker oor die prys nie. Johan wat daar werk het gepraat van R5 miljoen. Die eienaar Mario en sy vrou gaan beide weg. Hulle gaan met sy ander besighede aan. Debbie se seun bly in die besigheid. Ek is nogal lis vir so iets, die 5 miljoen is net n bietjie te veel. Dalk as n mens n paar vriende bymekaar kan sit?
Dit is nuus!
Dit is seker die lewendigste (of so lyk dit) bedryf op die oomblik. Daar is nie een "ou" walenwinkel wat nie in die mark is nie, en as dit nie hulle is wat gekoop word nie maak daar elke dag n nuwe een oop!
JJ Wapens se franchise: 8 nuwe winkels
Kaap,
City guns verkoop en oorgedoen
Parow Arms verkoop en oorgedoen
VGK verkoop en oorgedoen
Suburban Guns. Nuwe lewe gekry
Wildman Mega Store maak in Julie oop
Quenets in Worchester nuwe winkel en groot perseel!
Terry Harrison het n winkel/gunsmith in Durbanville oopgemaak.

Willem Botha maak n nuwe Skietwinkel buite Bloem oop (baie groot)

Klomp nuwe on line stores, websites.

Ongelooflik hoe n bedryf wat 5 jaar terug amper nie bestaan het vandag so lewendig kan wees nie, kyk na Huntex, tv shows ens ens.

Julle manne moet net aanhou skiet!

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Sun Jun 30, 2013 11:27 pm
by mariusr
Soos die gesegte se die een se dood is die ander se brood! Vandat die nuwe wapen wet in getree het weet ek van agt wapen handelaars/winkels wat hul deure gesluit het in Gauteng maar die mark was nog steeds daar en Zimbi het dit gesien!!!

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Mon Jul 01, 2013 12:11 pm
by BRNO (Pierre)
Die prys is so effe meer as die genoemde R5mil.

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Mon Jul 01, 2013 11:01 pm
by Rfourie
BRNO .06 (Pierre) wrote:Die prys is so effe meer as die genoemde R5mil.
Dan is dit seker sonder stock! Wat sal die stock in n gunshop wees? Of kom ons stel dit so, waarmee kan n mens n gunshop goed stock?

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Tue Jul 02, 2013 6:12 am
by mariusr
Vir daai prys behoort stock ingesluit wees anders betaal jy basies vir niks net die naam en onthou die winkel behoort nie aan zimbi so ver ek weet hulle huur ook maar!

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Tue Jul 02, 2013 11:07 pm
by immelmanw
Rfourie wrote:
BRNO .06 (Pierre) wrote:Die prys is so effe meer as die genoemde R5mil.
Dan is dit seker sonder stock! Wat sal die stock in n gunshop wees? Of kom ons stel dit so, waarmee kan n mens n gunshop goed stock?

Re: Soek n Redfield revenge scope

Posted: Wed Jul 03, 2013 11:12 am
by tau
mariusr wrote:Soos die gesegte se die een se dood is die ander se brood! Vandat die nuwe wapen wet in getree het weet ek van agt wapen handelaars/winkels wat hul deure gesluit het in Gauteng maar die mark was nog steeds daar en Zimbi het dit gesien!!!

Dink aan geweer winkels 10 jaar terug, stowwerige donker plekke. As jy vat hoe lyk Safari ens deesdae. Die manne wat oorleef is die manne wat die wapen bedryf as besigheid hanteer en nie 'n stokperdtjie nie. Ek ryk nog daai ou wapen winkels waar die Lexington op die counter le en smeul.