Page 1 of 1
Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 7:53 am
by Armand Steenkamp
Jis manne!
Gebruik enige van julle die nuwe Burris E1?? Ek het laasweek deur my buurman se nikon Monarch gekyk en toe deur my Burris 6.5-20x50 en my scope lyk toe vir my duideliker. Nou dink ek oor 2weke koop ek die Burris.
Het enige van julle die Burris E1 6.5-20x50???? Nou eers veld toe ry.....
Groetnis
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 8:04 am
by PWV
Watter Monarch was dit en wat is die verskil in pryse?
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 8:09 am
by Eugene
Armand, ek het een en ek is baie gelukkig daarmee. Die beeld is regtig fantasties en ek kan redelik duidelik tussen verskillende voëls onderskei op 1000m. Die teleskoop se verstellings is ook baie akkuraat en as jy jou koeelgewig en spoed naastenby dieselfde het as op die "chart" wat saamkom, werk daai strepies baie lekker uit. Myne op dioe 308, werk perfek uit tot op 500m, van daar af moet ek bietjie met die vergroting speel.
Nadele: Net 2 waarvan ek tot dusver bewus is:
1. Die turretcovers se skroefdraad is erg fyn en ek is bekommerd dat ek dit binnekort gaan "strip";
2. Die turrets se verstellings/clicks is baie sag en ek sou dit graag duideliker wou hê.
Jy kan gerus by Monrique(SJ) hier op die forum uitvind, sy pryse is goed en sy diens is uitstekend, selfs beter as die "amptelike agente" sin...
My opinie, koop hom, jy gaan nie maklik beter waarde vir geld kry nie!
P.S. Die nikon manne het altyd vreeslike tegniese argumente oor die klas van goete, hulle moet seker maar hulle aankopies verdedig...

Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 10:33 am
by Armand Steenkamp
Eugene, Baie dankie vir jou trugvoerig!! Ek het my eerste 6.5-20x50 by ou SJ gekoop, het nou net by hom gehoor , hy se hy kry volgende maand weer scopes in.
So jy se hy verste presies en herhaalbaar?? Ek is maar baie vol nonsens en as daar staan 4 kliks is n duim op 100m dan moet dit so wees!
Oom Pieter, ek praat onder koreksie maar ek dink dit was n 2.5-10x50 Monarch. Ek het my Burris op 10 vergroting gestel , dit was toe so skemer se kand. Toe lyk die Burris vir ons altwee (my en my buurman) duideliker as die nikon.
Die Prys verskil dink ek die daar is veel nie. Die Nikon wat ek soek is seker so rondom R5000 en die Burris R4700...
Groetnis
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 11:46 am
by Cobus(Cobb)
.....en tog is albei uit dieselfde fabriek...
Cheers
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 12:13 pm
by Armand Steenkamp
Wragtag? Virtel jy my nou n ding. Maar sou jy se dat dit maar all in the mind is dat die een duideliker as die ander is?
Groetnis
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 12:21 pm
by Cobus(Cobb)
Nee,dit sal ek nou nie kan antwoord nie..dalk het Nikon x lense en Burris y lense...albei hol deur selfde Fabriek maar op verskillende conveyer belde.....alles word mos deesdae ge "outsorce to the lowest tender"...
Ek wag nou juis vir SJ om my E1 hier te kry...
Cheers
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 12:26 pm
by JPS
Armand,
Selfde fabriek beteken nie selfde lense en selfde hoeveelheid lae "coating" op die lense nie.
Feite is dat baie scopes uit selfde fabriek kom, dit is nie te se dat elkeen se helderheid dieselfde gaan wees nie. Alles hang af van die komponente af.
E het vroeer jare by Sportsmans warehouse "Acer" golfstokke gekoop. As ek Calaway golf stocke met dit gemeng het en jou geblindoek het sou jy nie die verskil kon vertel nie. Glo nie eers die Calaway agent vir SA sou kon nie. Ds maar nou net ter voorbeeld van die scopes ook...
Mooiloop
JP
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 12:28 pm
by Eugene
Armand Steenkamp wrote:Wragtag? Virtel jy my nou n ding. Maar sou jy se dat dit maar all in the mind is dat die een duideliker as die ander is?
Groetnis
Ek twyfel of dit all in the mind is, een van my vriende wat self 'n Nikon en NF het, is ook verbaas oor die Burris se helderheid!
Alles is dalk in daai fabriek dieselfde, tot by die laaste tafel waar hulle die naam stickers opplak! Dalk beinvloed die stickers die helderheid van die lense...

Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 12:56 pm
by Armand Steenkamp
Hahah Dankie manne! Eugene, hoe sal jy se is sy verstellings? Is hulle elke keer presies akkuraat? En hoe vind jy die kruis in die nag? Dis waarvoor ek die scope koop, uitdun werk in die nag en papierskiet in die dag.
Groetnis
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 1:07 pm
by Eugene
Armand, nog nooit gebruik in die nag nie. Die kruishaar is baie dun, maar met die regte lig, kan dit heel moontlik goed werk!
Verstellings was baie akkuraat en presies tot dusver!
En op 6.5 vergroting werk dit uitstekend vir bosveldjag ook!
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 1:17 pm
by smitjs
Armand Steenkamp wrote:Jis manne!
Het enige van julle die Burris E1 6.5-20x50???? Nou eers veld toe ry.....
Ja, en dis 'n uitstekende teleskoop.
Deur die vergroting en zero te stel, kan jy byna enige koeel se trajek perfek op die strepies kry.
Groete
Johan Smit
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 3:37 pm
by Armand Steenkamp
Baie dankie vir julle trugvoering manne ek wardeer dit opreg baie! Kan nie wag vir die scope nie!!!
Groetnis
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 6:53 pm
by Cobus(Cobb)
Armand Steenkamp wrote:Baie dankie vir julle trugvoering manne ek wardeer dit opreg baie! Kan nie wag vir die scope nie!!!
Groetnis
Ek voel ook so, maar ek gaan dik trane huil as daai dun hare nie in die nag werk nie
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 8:23 pm
by Andre CZ
Ek het ook nog nie met myne in die nag geskiet nie en het gou gaan kyk .het n teiken met letters so 200m van die huis af in die veld wat ek gebruik om my paralaks te stel ,net met n klein sniper flits sien ek die kruis en teiken baie mooi so koop maar gerus
Groete Andre
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 8:25 pm
by Cobus(Cobb)
Andre CZ wrote:Ek het ook nog nie met myne in die nag geskiet nie en het gou gaan kyk .het n teiken met letters so 200m van die huis af in die veld wat ek gebruik om my paralaks te stel ,net met n klein sniper flits sien ek die kruis en teiken baie mooi so koop maar gerus
Groete Andre
Dankie Andrecz
Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Tue May 14, 2013 8:33 pm
by Andre CZ
Plesier soek altyd n verskoning om een uit die kluis te haal nou moet ek hom weer terugsit

dalk weer bietjie skoonmaak

Re: Burris FullfieldII E1 6.5-20x50
Posted: Wed May 15, 2013 6:10 am
by Armand Steenkamp
Andre, Baie dankie vir die trugvoering!
Groetnis