Page 1 of 1

Jakkals en Roep

Posted: Sun Oct 03, 2010 11:00 am
by Termiet
Dag se

Ek was nou Vrydag aand uit gewees.  Die maan was nog onder en so 10km/h wind gehad.  Het van 7pm to 2am gejag en 5 jakkalse geskiet.  Drie wyfies en 2 mannetjies.  Maag inhoud was van blinde slange, bessies, gras met 4 van die 5 het rotte, dassie en kleiner soogdier inhoud gehad. Die jakkalse was jonk en lyk almal soos helpers, maar 1 teef was oud en het nog melk afgegee.  Al 5 jakkalse en selfs die ou teef het 7kg elk geweeg. Die roep klanke wat gebruik was: Ore 5 en wat baie goed vir my gewerk het was hasie geblaas op fluitjie.

Groete

Termiet

Re: Jakkals en Roep

Posted: Sun Oct 03, 2010 12:16 pm
by Roelo
Goeie werk

Re: Jakkals en Roep

Posted: Sun Oct 10, 2010 4:59 am
by Pieter
Termiet

Ek raak skoon jaloers, begin al ontrekkingsintome kry, dis nou weke laas wat ek 'n oog (jak, draai, bakoor,ens) gesien het, die veld is net dood, tog word daar lammers gevang. Vrydagaand op 'n buurman se grond na 95 min se roep het een dam so 'n ent van bakkie geskree, daai wha, wha, whaaaa. Het nog so 30 min gewag, toe hy nie inkom nie, het ek hom gaan soek, maar hy het op daai kaal vlaktes verdwyn soos laas maand se pay.

Re: Jakkals en Roep

Posted: Fri Nov 12, 2010 2:42 pm
by iceman1982
Termiet, praat van Ore 5 . Hy werk vir my net so goed. Het nou die dag gaan roep en hom nie gebruik nie, en was toe onsuksesvol. Toe ek hom gebruik het oor twee nagte se vinnig roep, as ek so vinnig tel het ek 7 ingeroep in n uur.(oor die twee nagte)
Dink ek sal hom weer n kans gee