Page 1 of 2
Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 12:12 pm
by Pvdw
Manne ek is in die mark vir 1" ringe en basise vir my 6.5X55
Ek kry baie raad en antwoorde op my navra by die winkels.
Wat sou julle sê is die voor en nadele van die Picatiny rail stelsel en die 2 stuk soos Thor en Lynx.?
Weet net die Staal rails is vrek duur
Peet
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 1:48 pm
by tripodmvr
Ek sou dink die hoofrede is dat jy jou ringe beter kan spasieer sodat jy nie sukkel om die oogstuk nader aan jou oog te bring sonder dat die ringe te naby aan jou 'turrets" kom en moontlike druk op die interne onderdele veroorsaak.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 3:36 pm
by Arnold
Die eintlike rede is om scopes te kan afhaal en terugsit sonder 'n groot verskil in zero!
Dit is 'n taktiese voordeel om 'n picatinny te gebruik. Min mense in die privaat sektor benut hierdie regtig.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 4:16 pm
by smitjs
Net 'n waarskuwing.
Die Lynx tipes het 'n reputasie dat die studs kraak, en dan het jy eindelose moeite om die fout te kry.
Kyk maar op die kompetisie kringe of jy daar van hulle sien.
Om jou teleskoop korrek te maak stel, moet jy tenminste die horisontaal kan in die middel van die teleskoop se verstelling mee begin.
Daarom tenminste altyd basisse wat agter horisontaal kan stel.
Nog beter is om die teleskoop ook te sentreer vertikaal. Nie baie monterings maak dit moontlik nie, alhoewel mens Picatinny rail kan kry wat dit toelaat. Ek dink meer van die Burris tipe met die ringe wat nie konsentries is nie.
In my opinie is dit die beste, tensy jy wil gaan na baie lang afstand verstelling. Dan dink ek nie die Burris kan kompeteer teen Picatinny nie. Ek is nie seker hoeveel die Burris toelaat nie.
Aluminium rail? Moenie eens daar aan dink nie, staal is die beter antwoord.
Groete
Johan Smit
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 8:16 pm
by PWV
In die literatuur word daarop gedui dat 'n enkel-basis meer blootgestel is aan uitsetting en inkrimping by veranderinge in temperatuur. Opsommend is die bevinding van een ondersoeker die volgende:
"Steel action, aluminum scope: use a one piece aluminum scope base.
Steel action, steel scope: use a two piece steel or aluminum scope bases."
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 9:04 pm
by Cobus(Cobb)
Pieter Willem Vorster wrote:In die literatuur word daarop gedui dat 'n enkel-basis meer blootgestel is aan uitsetting en inkrimping by veranderinge in temperatuur. Opsommend is die bevinding van een ondersoeker die volgende:
"Steel action, aluminum scope: use a one piece aluminum scope base.
Steel action, steel scope: use a two piece steel or aluminum scope bases."
Oom
Ons het meestal staal gewere(aksies) en alluminium scopes...dus ... use a one piece aluminum scope base.
Dit druis mos nou 100% teen almal se bevindinge oor alluminium picatinny rails....dan nie??
Cheers
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sat May 11, 2013 10:07 pm
by PWV
Cobus(Cobb) wrote:Pieter Willem Vorster wrote:In die literatuur word daarop gedui dat 'n enkel-basis meer blootgestel is aan uitsetting en inkrimping by veranderinge in temperatuur. Opsommend is die bevinding van een ondersoeker die volgende:
"Steel action, aluminum scope: use a one piece aluminum scope base.
Steel action, steel scope: use a two piece steel or aluminum scope bases."
Oom
Ons het meestal staal gewere(aksies) en alluminium scopes...dus ... use a one piece aluminum scope base.
Dit druis mos nou 100% teen almal se bevindinge oor alluminium picatinny rails....dan nie??
Cheers
Cobus,
Dit is nie my bevinding nie.
Lees hier:
http://www.varmintal.com/ashot.htm#Scope_Base
Groetnis
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 7:40 am
by smitjs
Die probleem is dat waar Varmint Al skryf dat die twee 6-48 skroefies nie die basis sal laat beweeg nie, skryf Harold Vaughn dat daar net een manier is om beweging daar te verhoed, en dit is om die basisse vas te silwer soldeer.
(Rifle Accuracy Facts Harold R. Vaughn 2000). Varmint Al het nie sy saak bewys nie, Vaugn se toets is maklik, tik teen die basis en skiet. Kyk dan hoeveel jou groep skuif.
Vir my werk twee aparte staal basisse met verstelling die beste. Ek weet nie of die temperatuur soveel verskil maak nie. Kyk in die kompetisie kring wat daardie manne gebruik, en jy is veiliger.
Groete
Johan Smit
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 8:41 am
by BenG
Arnold wrote:Die eintlike rede is om scopes te kan afhaal en terugsit sonder 'n groot verskil in zero!
Dit is 'n taktiese voordeel om 'n picatinny te gebruik. Min mense in die privaat sektor benut hierdie regtig.
Dit laat my wonder. As ek dan een top klas teleskoop koop, kan ek hom mos maklik ruil tussen my wapens?
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 9:33 am
by Arnold
Ben, Dit is die idee. Jou zero tussen gewere gaan verskil maar dit behoort bekend te wees. So as jy jou scope ruil, draai jy die knoppe en daar gaan jy.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 9:52 am
by BenG
Arnold wrote:Ben, Dit is die idee. Jou zero tussen gewere gaan verskil maar dit behoort bekend te wees. So as jy jou scope ruil, draai jy die knoppe en daar gaan jy.
Arnold,
Baie dankie. Vergun my nog so vraag of wat. Wat se ringe stel jy voor? Doen jy dit self ook? Wat is die koste vir die basis en ringe waarna mens kyk?
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 10:19 am
by Arnold
Hi Ben ek doen dit huidiglik nie self nie maar my een geweer het n picatinny rail op. Ek dink dit is n alu rail vanaf Stiller. Ek sou nie huiwer om n alu rail te gebruik nie. Ek wil asb sien wat die ouens se ondervinding met alu rails was dat hulle staal voorstel.
Vir die ringe sou ek Warne as n minimum voorstel, alhowel jy dan moet kyk na die qd ringe. Anders Nightforce of van die duurder ringe. Die goedkoop alu ringe se skroewe strip te maklik.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 10:38 am
by BenG
Dankie Arnold!
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 11:35 am
by LUAN
En dan is daar manne wat die basis bed op die aksie. Aai die goed wat jy kan doen hou net nie op nie...
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 7:10 pm
by Pvdw
Manne dankie vir al die reaksies. ek het als nou mooi sit en deur lees en besef dat ek nou na als nog steeds nie veel meer weet nie
Die is maar een van daai toets jouself en kyk of persoonlike voorkeur gevalle.
Die picatiny stelsel lyk baie sportief vir my maar ek is nie bereid om R1200+ te betaal vir die basis as ek nie 'n defnitiewe voordeel daarin sien nie.
Ek oorweeg maar die LYNX/THOR basis en ringe of die WARN met die 2 stuk basise.
Ek sal net mooi kyk watter een van die 3 gee my die laagste kombunasie basis en ring.
Sal na Leopold se stelsel ook kyk.
Peet
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 8:02 pm
by grumpy
Peet,
Ek het Thor ringe en basisse op my 30-06, geen probleme! Ek het Picatiny rails en ringe op my 375 Ruger, ook geen probleem. Albei lyk mooi.
Ek dink maar net dit is eie keuse en die smid wat dit vir jou opsit wat n goeie job moet doen. Ek het self die Picatiny rails op gesit met die ringe en die scope. My smid het dit weer af gehaal en lock-tite op gesit en terug in gedraai.
So, dis jou keuse wat jy wil he.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 8:37 pm
by Cobus(Cobb)
Peet, kyk bietjie vir Arnold se groepe wat hy skiet....iewers klomp fotos op forum...hy skroom nie om Alluminium op geweer te sit nie,....hy het dit self so erken.Sie skietery en groepe staan nie terug vir enige iemand nie.
Cheers
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 8:53 pm
by PWV
Cobus(Cobb) wrote:Pieter Willem Vorster wrote:In die literatuur word daarop gedui dat 'n enkel-basis meer blootgestel is aan uitsetting en inkrimping by veranderinge in temperatuur. Opsommend is die bevinding van een ondersoeker die volgende:
"Steel action, aluminum scope: use a one piece aluminum scope base.
Steel action, steel scope: use a two piece steel or aluminum scope bases."
Oom
Ons het meestal staal gewere(aksies) en alluminium scopes...dus ... use a one piece aluminum scope base.
Dit druis mos nou 100% teen almal se bevindinge oor alluminium picatinny rails....dan nie??
Cheers
]Cobus en toe se jy ook: kyk bietjie vir Arnold se groepe wat hy skiet....iewers klomp fotos op forum...hy skroom nie om Alluminium op geweer te sit nie,....hy het dit self so erken.Sie skietery en groepe staan nie terug vir enige iemand nie.
Cheers
Wat moet ons nou hieruit aflei?
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 9:13 pm
by Cobus(Cobb)
Eks nie seker ek verstaan 100% wat jy vra nie maar sal elkgeval probeer antwoord.....
Al wat julle hieruit kan aflei, is dat ek nie 'n clue het wat die beste is nie, en dat ek luister en kyk wat ander manne sê, en die teenstrydigheid in die post sien, met elke ou wat sy eie opinie het, of navorsing het of sy eie literatuur het of sy eie ondervinding het.
Ek, en ander, moet nou uit AL DIE GEGEWE INFO 'n keuse of besluit maak.
Wat ek baie, baie, baie van hou.......is 'n man wat 'n stelling maak en dit fisies kan bewys of staaf....soos in Arnold se geval....die man het moerse goeie skiet resultate, (beter as 98% van die forum se manne se skietwerk) en hy skroom nie om Allum. te gebruik nie....dit sê mos vir my dat almal wat allum aflag, dalk die bal bietjie misslaan.....
Cheers
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 10:01 pm
by Arnold
Soos ek sê, ek sal graag die manne wat alu rails afskiet se persoonlike ondervinding wil hoor oor hoekom hulle so negatief is.
Die thor/lynx stud basis en ringe werk ook lekker vir my en jy gaan jou scope laer kan mount met die opset. Met die Leupold basis en ringe gaan jy seker die laagste kan gaan.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Sun May 12, 2013 10:22 pm
by PWV
Daar is iets uit hierdie hele storie te leer. Ek het 'n bevinding van Varmint Al hier geplaas - nie my eie siening nie omdat ek my nie as 'n kenner op die gebied beskou nie.
Varmint Al sal nie sommer goed uit sy duim suig nie omdat hy homself aan baie kritiek kan blootstel. Almal op die Forum kan maar bietjie google: Varmint Al, en kyk wat die ou skryf. Wat hy skryf kan egter ook krities beoordeel word teenoor bevindinge van ander kenners.
"The moral of the story is", niemand moet 'n opinie lug indien dit nie proefondervindelik gestaaf kan word nie.
Wat ek verder i.v.m. vaste basisse van aluminium gelees het, is dat dit gewoonlik 'n alooi is en nie suiwer aluminium nie, wat beteken dat dit baie stewiger/sterker is.
Ek dink die kritiese vraag is: Wat is die beste? 'n Vaste basis of twee aparte basisse.
Ek dink Arnold en ander manne wat F1 skiet en akkuraatheid oor die groot afstande behaal, kan hier leiding gee.
Groetnis
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon May 13, 2013 7:33 am
by Carl
Arnold wrote:Soos ek sê, ek sal graag die manne wat alu rails afskiet se persoonlike ondervinding wil hoor oor hoekom hulle so negatief is.
Die thor/lynx stud basis en ringe werk ook lekker vir my en jy gaan jou scope laer kan mount met die opset. Met die Leupold basis en ringe gaan jy seker die laagste kan gaan.
Arnold,
Ek dink die probleem is die ouens wat alu afskryf het die verkeerde soort gebruik. As jy kyk na Spuhr se stelsels is die allu, maar hulle gebruik die regte kwaliteit. Ek weet dat van die beste Vlieghengel katrolle vir grootvis hengel van "aircraft grade" allu gemaak word. Die alluminium in vliegtuie word aan baie meer blootgestel as dit wat op 'n geweer sit, en dit hou aan werk.
Peet ek is baie tevrede met Warne 2 stuk as jy nie die rail kan kry nie. Die torque skroewe werk!
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon May 13, 2013 8:40 am
by Doomslayer
'n Picatinny rail versterk ook die aksie en maak dit meer rigied, d.w.s. meer akkuraat. Dit maak dit ook moontlik om 'n scope af te haal in sy monterings en terug te sit sonder dat die zero verlore gaan (as jy goeie ringe en rail gebruik).
E het 'n aluminium badger ordnance rail op my .260. Geen probleme nie en die geweer is super akkuraat - baie meer as die aap wat die sneller dryf!
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon May 13, 2013 8:50 am
by Arnold
Ek glo dat niemand hier persoonlik slegte onderving al gehad het met n alu rail agv die materiaal nie. Indien wel was dit seker sagte materiaal op een of ander goedkoop rail.
Ek sal elkgeval die persoonlike ondervinding wil hoor van die ouens wat dit so afskiet.
Solank jy seker maak als is vas werk meeste opsies baie goed.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon May 13, 2013 9:01 am
by tripodmvr
Die pyne met aircraft alu is dat dit nie 'n geheue opbou as dit buig nie - dit moet dus beweging in 'n vliegtuig kan akkommodeer en nie breek nie. Die toepassing by gewere is oor 'n kort afstand en dit verseker dat die materiaal rigied genoeg is as dit nie te dun is nie. Dit moet dan net goed geanker word en die ander komponente wat daarop vaskom moet goed inpas in die openinge wat gemasjineer is.