Page 1 of 1
4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 10:56 am
by Jakkalsgat
Wie van julle weet iets van hierdie teleskoop:
Fully Mulyi-coated optics
91% Light Transmission
100% Waterproof, fogproof and shockproof
Dry nitrogen filled
Fast-focus eyepiece
One Piece tube w/integrated saddle1/4 MOA fingertip windage and elevation adjustments
Lifetime Warranty - available at all reputable gun dealers
Prys: R 1 800 by SAJWV se winkel met 10% korting vir lede
Nou die vra:
Is dit 'n Nikko Stirling?
Nee, is 'n Bushnell
Slaan hy ook 'n springhaas so lekker katswink?
Vertel bietjie as julle iets van dit weet
Groete
Jaco
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 11:34 am
by JTM
Ek het die kleiner model SAJVWV 3-9x40 Titen saam met my Howa gekry. Volgens die bietjie navorsing wat ek gedoen het is dit 'n Koreaanse teleskoop. SU-Optics
http://www.su-optics.com/bbs/imgFd/1294914676_0.jpg
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 11:37 am
by JTM
Hier is myne:
http://i1283.photobucket.com/albums/a554/JTM77/20130130_170646_zps1ff76e31.jpg
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 11:53 am
by JTM
Wat ek ook gesien het in my navorsing is dat die scopes wel ook bemark word as die Bushnell Trophy XLT reeks.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 11:59 am
by Jakkalsgat
Het nou met African Outdoor Sports gepraat by 012 991 2464 en hulle het bevestig dat dit Bushnell is wat vervaardig word in Korea.
Sal maar kyk hoe hy werk op .303
JTM
Wat is jou opinie oor die Titen?
Groete
Jaco
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 12:05 pm
by JTM
Ek het nie baie met dit geskiet nie , maar kon nie kla oor die scope nie. Ek kon gemaklik op 100m nog my gate in die papier teikens identifiseer. Het ook maklik ge-zero en daar gebly. Lekker biltong jag teleskoop.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 12:11 pm
by JTM
Ek sien iwarehouse vra vir die Bushnell weergawes die volgende:
Trophy XLT 3-9x40 - R1729
Trophy XLT 4-12x40 - R3659
Lyk my saam met die Bushnell weergawes kry jy darem as standaard Butler Creek lens doppe. Behalwe daarvoor klink SA jag se prys dan nie te sleg nie.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 12:46 pm
by Danie Lombard .243
My vrou Yolandi het by SAJWV die 3-9X40 gekry om te toets en terugvoer te gee. Ek het die scope op haar 9,2X62 gemonteer en is tans so stuk stuk besig om die scope oordentelik te toets. Sover lyk die scope goed. Ek sal later breedvoerig alles vertel. Dit is 'n Bushnell scope.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 6:50 pm
by mariusr
Danie jy sal die negedrie manne hart aaval gee met jou 9,2x

Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu May 09, 2013 7:59 pm
by Danie Lombard .243
Ooo gonnas Marius. Dankie vir die reg help. YIP dit is beslis nie 'n 9,2 nie maar wel 'n 9,3X62
Dit is darem 'n oor lekker jag kaliber die 9,3X62
Dankie Marius
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Mon May 13, 2013 10:57 am
by Jakkalsgat
Dankie vir almal se terugvoer ek het myne gekry Vrydag en oor die naweek op die geweer gesit, nou sal ons maar moet kyk wat hy maak.
Groete
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Mon May 13, 2013 11:43 am
by Armand Steenkamp
Jakkalsgat, Laat weet asb hoe jy die scope ondervind. Ek oorweeg dit om so een op my een 308 te sit as my ander een se liksens kom.
Groetnis
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 1:00 pm
by Xplicitly
Net uit nuuskierigheid, het iemand bietjie terugvoering oor die scope na so paar jaar se toets?
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 1:47 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het by die Kooperasie vir my 2 van hulle gekoop vir my .22s. Prys was R 800 voor afslag. Een was na afslag onder 700. Eugene was saam en het ook een gekoop.
R 1800 is dus n rip off in my oe.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 4:44 pm
by ROBBIE1
Ek het ook een gekoop, op my 7x64 gesit. Januarie kom ek agter my geweer groep nie meer nie, en begin ek worry!!
Ek is met geweer en al na Otto toe, een van die hoogs aangeskrewe manne hier in Pretoria. Als gedoen, scope mounts gekyk, met ladings gespeel, maar die geweer bly op 50m n 20cm groep skiet. Toe kom die loop aan die beurt en hy slug hom, maar hys nog fine. Op die ou end tot die gevolgtrekking gekom dat die kruishaar aan die regterkant los is. Ek moet hom nog terug vat SAJag toe en sien wat die resultaat gaan wees.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 5:48 pm
by Xplicitly
Joh. Dis nie goeie nuus nie. Lyk my maar soos met als kry jy waarvoor jy betaal. Ek het self so ene wat hier in n kas le wat ek vir tyd en wyl op my .308 wou sit tot ek n beter scope kan bekostig.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 5:51 pm
by ROBBIE1
Ja Xplicity, ek sal kyk dat ek hom volgende week invat en hoor wat hulle se, maar daars niks meer as 300 skote onder hom deur nie.
N baie lekker scope, helder en laat baie lig in, maar ja.....
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 6:00 pm
by Xplicitly
Ek het my oog op die nuwe vixens. Wil hul bietjie beloer by huntex.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 9:38 pm
by Eugene
Myne op .22 gesit en het nog niks probleme nie!
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 9:45 pm
by Frikkie Coetzee
Jy kan nie R 800 betaal vir n teleskoop en dan wil vergelyk met n r8000 teleskoop nie. Ek dink dis billike scopes vir prys
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Thu Apr 09, 2015 11:04 pm
by RV
Manne die prys van SA Jagters is inlyn.Ons het voor Huntex2014 n klomp van hierdie scopes aangekoop as paket saam met ander goed en ons kon dit toe teen R800 stuk verkoop.Die scopes is eintlik goeie waarde vir geld.Ons het leterlik 100 de van hul verkoop .Daar was egter enkele comebacks.Die fout was gewoonlik nie die probleem nie.Hulle word deur Bushnell vervaardig.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Fri Apr 10, 2015 7:11 am
by Fanta300
Nou wat was die probleem as dit nie die fout was nie?
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Fri Apr 10, 2015 7:25 am
by Eugene
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Fri Apr 10, 2015 6:46 pm
by RV
Ja nee Fanta en Eugene ek moet erken ek weet nie wat ek daar wou se nie.
Re: 4 -12x40 ADLER van SAJWV
Posted: Tue Jun 02, 2015 1:04 pm
by Pestpatrol
Ek het myne ook gekry vir R800 en op my PCP gesit, dit werk nogal lekker. Al gehoor mense kla as dit op 'n groot geweer was dat hulle nie akuraat bly nie, maar op die PCP skiet hy baie lekker. Kan op 20m 'n vlieg doodskiet met myne.