Page 1 of 2

vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:02 pm
by vlakvark1
Nou het ek ook die jagseisoen oop gemaak.
Heeldag in die veld gewees en die een gekry net so voor 5uur
Hoë nekskoot op so 110m met 180gr Hornady Superformance Interbond (30-06)

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1688.JPG

https://dl.dropboxusercontent.com/u/148410933/DSCN1689.JPG

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:04 pm
by vlakvark1
Ek het die horings gemeet wat sal julle sê hoe lank is hulle ???

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:09 pm
by VdWalt
Mooi koedoe ! Baie geluk. Ek het nie eers geweet Hornady maak 180gr GMX nie. Ek sal
hulle bietjie in my 300 wil probeer. 52duim

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:12 pm
by Gerhard
Mooi bul!!

Baie geluk

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:13 pm
by Andrew Leigh
Very nice well done, he is nice and dark with great markings. 50".

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:20 pm
by vlakvark1
VdWalt wrote: 52duim

Jy is die naaste met die horing skatting sovêr

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:22 pm
by mariusr
Man maar dis 'n mooi bul! Geluk skat so 53 1/2 duim! ;)

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 7:56 pm
by NicoSmit
49'duim

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 8:02 pm
by grumpy
Mooi Vlakvark1! Baie geluk.

Vertel nou bietjie die storie ook!!


>:(

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 8:09 pm
by PWV
Vlakvark1

Veels geluk met 'n baie mooi bok! Kom met die storie!

Hoeveel het hy uit geslag?

Skat die horings op so iets meer as 53".

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 8:11 pm
by James Wilson
Netjies, daai gaan lekker vleis wees!

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 8:26 pm
by vlakvark1
Dankie almal
Ek het horings gemeet maar gaan hom laatopstop dan sal hulle die horings mooi meet en as ek
gelukkig is dan is dit n ''rowland ward''

My metings 1horing net oor die 53 duim en die ander een is 54.5 duim so ek sal sien wat sê die manne
wat hom gaan opstop

Sal hom môre vroeg weeg en kyk wat het hy uitgeslag

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 8:41 pm
by vlakvark1
Dit was nie die bul wat ek gesoek het nie. Ek het n ouer bul gesoek maar hy het my al heelnaweek
laat soek en wegkruipertjie gespeel

Vanoggend 5uur al uitgewees en hier in Lydenburg was die temp vanoggend O grade so
het maar lekker koud gekry. Het so deur die loop van die dag 5jonger bulle
raakgeloop wat horing lengtes so by die 40duim was maar ek het iets groter gesoek. Groter bok
natuurlik meer biltong. ;D

Laat middag na 4uur het ek die een raakgeloop en al agter hom aanbeweeg nogsteeds baie koud
met die wind wat waai en partykeer dwarrel die wind dat die bul so wil-wil ruik asof
daar iets is.
Heellaas het hy my n kaans gegee vir n skoot hoog bo in die nek. Ek het dooie rus gevat op my
skietstok en die 180gr het sy pad gevat waar ek die kruishaar geplaas het

Die bul het net daar in sy spore neergeval. Ook maar net betyds want die koue wind het my laat
begin huis toe verlang ::)

Kan nie wag om daai fillet op die kole te kry nie :P

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 10:39 pm
by mariusr
Baie geluk vlakvark met jou RW bul jy maak die manne lekker jaloers! ;D

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Sun May 05, 2013 10:57 pm
by spekieries
Baie Geluk

As 'n man vir hom gewerk het is hy net soveel mooier en sy vleis ook net soveel beter.

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 6:35 am
by NEGE3
Baie geluk. Mooi Koedoe. Skat hom so 48"
Groete.

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 7:20 am
by Jaco B
Baie Geluk. Baie mooi Bul daai. Definitief die moeite werd gewees om die koue te trotseer.

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 8:00 am
by Riaan Beeslaar
Baie geluk Vlakvark1

Mooi gegooi

Groete
Riaan

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 8:14 am
by Stasoft
Baie mooi Bul daai. Geluk!

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 8:58 am
by vlakvark1
Hy is nie baie grooooooooot nie ;D ;D

Het hom in 4kwarte opgedeel en die nek apart

Nek weeg 38kg :):
4kwarte weeg 178kg
Totaal = 216kg :):

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 9:43 am
by PWV
vlakvark1 wrote:Hy is nie baie grooooooooot nie ;D ;D

Het hom in 4kwarte opgedeel en die nek apart

Nek weeg 38kg :):
4kwarte weeg 178kg
Totaal = 216kg :):
Jy is reg, hy is nie baie groot nie, hy is fooken groot!!

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 1:29 pm
by Jakes73
vlakvark1 wrote:Hy is nie baie grooooooooot nie ;D ;D

Het hom in 4kwarte opgedeel en die nek apart

Nek weeg 38kg :):
4kwarte weeg 178kg
Totaal = 216kg :):
:laugh: :laugh: :laugh: ... Ja nee wat Vlakkie, ek stem, daai's nie baie groot nie ... daar behoort net genoeg biltong te wees om met ons ook te kan deel ... :laugh: :laugh: :laugh:

Mooi geskiet ... en prag tofee. Baie geluk.

Jaco

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 1:35 pm
by Geno
Moooooooi!

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 1:52 pm
by PWV
Ek verneem van 'n vriend dat sekere ouens in die Karoo die massa van 'n koedoe bepaal deur 'n blad te weeg en dit dan met 10 te vermenigvuldig, bv. 14 kg (blad) X 10 = 140 kg.

Weet iemand hoe akkuraat hierdie metode is?

Groetnis.

Re: vlakvark1 se eerste koedoe vir die seisoen

Posted: Mon May 06, 2013 2:00 pm
by OU VOORSLAG
Baie mooi bok daai, sal baie bly wees as ek die jaar ook so entjie deur die scope kan sien.

Baie geluk, lekker manier om die seisoen te open.